Vleisskade

Post Reply
Nico van Gijsen
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Thu Jun 19, 2014 3:45 pm

Vleisskade

Post by Nico van Gijsen »

Dagse
Vraag:
My seun het springbok geskiet. .308, 150 gr Nosler hunting, 2 800 vt/sek. Ek moes die hele bok weggooi. Bloedbelope van nek tot (albei!) boude, rugstringe die hele bok. Punt is, dis nie stukkend geskiet nie, dis bloedbelope. Ek kan aan niks dink nie, ken vleisskade as gevolg van hoe snelheid (as jy met 243 Ackley en 300 Win Mag skiet weet jy van sulke goed) en weet van koeels wat opbreek teen been, maar so iets nog nooit gesien nie. Dis asof die bok hom vrek geskrik het en al sy bloed oppervlak toe gevloei het!
Jammer ek het nie foto geneem nie.
Groetnis
Nico
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Vleisskade

Post by Flip Nel »

Nico van Gijsen wrote:Dagse
Vraag:
My seun het springbok geskiet. .308, 150 gr Nosler hunting, 2 800 vt/sek. Ek moes die hele bok weggooi. Bloedbelope van nek tot (albei!) boude, rugstringe die hele bok. Punt is, dis nie stukkend geskiet nie, dis bloedbelope. Ek kan aan niks dink nie, ken vleisskade as gevolg van hoe snelheid (as jy met 243 Ackley en 300 Win Mag skiet weet jy van sulke goed) en weet van koeels wat opbreek teen been, maar so iets nog nooit gesien nie. Dis asof die bok hom vrek geskrik het en al sy bloed oppervlak toe gevloei het!
Jammer ek het nie foto geneem nie.
Groetnis
Nico
Kan jy dalk meer inligting gee, hoe ver was die bok, waar is hy getref, het hy nog gehardloop etc.
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

Re: Vleisskade

Post by Omnia »

Ken nog nie so baie oor ladings ens. maar ek skiet redelik baie in Hopetown springbokke en glo my as ek 'n 308 gaan uitruk om 'n Springbok te skiet , breek daai manne die kolf op my kop , ek gebruik maar klein kaliber , verkieslik 25 06 (257) of 243 , niks hoer as 'n 100 gram nie .
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Vleisskade

Post by Jaco vdW »

More Nico

Ek het al gesien dat die bokke se blaaie (en omgewing) baie bloedbelope raak as hulle nie vining afgeslag, oopgesny en goed gewas word nie. Dis een moontlike rede waaraan ek kan dink. Het die bok dalk lank gelê na hy geskiet is? As die bok gou gehang word, behoort die bloed af te loop, nek se kant toe en weg van die boude af, maar as die bok lê, kan die boled ooral onder die vel loop.

@ Omnia - met die klein, vinnige calibers vs die 308 sal ek meer vleisskade verwag...

Groete
Jaco
Daneel
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Mon May 21, 2012 4:13 pm

Re: Vleisskade

Post by Daneel »

Hi Nico

Ek skiet met 30.06 en het die selfde ding gekry met n rooibok ooitjie.
Skiet 150 gr Hornady interlock teen 2840fps. Bokkie was so 120 meter weg en het nie lank gele in die veld nie.
Die arme bokkie se twee blaaie was stukkend geskeur en vol bloed. Net ribbes getref, (QA skoot) maar die spoed van die koel het die blaaie lelik gemaak. Tot die bok se pens het gebars en dit is glad nie getref nie.
Ek dink die spoed van die koel is bietjie te hoog en daarom die bloed skade.

Groete
Daneel
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Vleisskade

Post by alecjohnson »

Daai bloed behoort jy te kan afwas, daai bloed treksel sien ek nie as skade nie ek kon dit nog altyd met moeite uitkry. Vleis skade is waar die vleis lyk soos gebraaide mince, en baie bros is vol stukkies lood en/of been.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1117
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Vleisskade

Post by J le Roux »

Miskien was die skoot van so aard dat die bok uitgebloei moes word? Keel sny of aar steek.

Ek sou ook steeds die vleis herwin. Die vliesies met bloed kan met 'n messie en bietjie moeite afgesny word, end oorblywende bloed met asynlappie afgewas word. Aai, so springbok vleisie is darem skaars hier in die bosveld.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Vleisskade

Post by Eugene »

Ek het verlede week gehoor hoe manne praat oor sulke vleisskade waar die hart vol/leeg was en waar die bloed orals gestol het en die vleis ook weggegooi moes word. Kan nie presies die gesprek onthou nie, het maar half geluister.... Weet nie of so iets moontlik kon gebeur het nie?
Aim small, miss small
Nico van Gijsen
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Thu Jun 19, 2014 3:45 pm

Re: Vleisskade

Post by Nico van Gijsen »

Sjoe, danki manne, dis 'n klomp in 'n kort tydjie. Kan ek so in die bondel antwoord / kommentaar lewer?
afstand - hy se so 120 tree; skoot skeef getrek en agter rib in deur pens en voor die agterbeen uit; bok val nie, staan en gaan aan met vreet maar pens hang uit; toe in kop geskiet
nee, dis nie die tipiese vleisskade nie; dis iets anders
Ek wil begin ondersoek na at Eugene se oor hart vol bloed en stol e.d.m. - ek het dit in die Magnum (Jule-maand, Gregor Woods) gelees Eugene. En dit interesseer my baie. Ek het 'n klient van my (sy is 'n baie bekende forensiese pataloog) gevra hieroor - al werk sy op mense, sal die reels seker dieselfde bly, sy doen bietjie navorsing en as ek terugvoer kry kan ek dalk hier 'n komentaartjie lewer (mense en diere werk mos baie dieselfde).
En dis nie afskraapbare bloedjies nie. Dis 'n rooi gemors, die boer by wie ek jag, Kosie Vos (hy is sedert laas Sondag en gister oorlede) het al duisende bokke geskiet en gelaat skiet en hyself het gese, gooi weg!
Dankie vir saamgesels, ek hoor graag verdere opinies - dis alhoe ons leer
Nico
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1237
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Vleisskade

Post by heywillie »

Ek skiet 150gr GS Custom punte uit my 30-06 teen 3100fps. Het al van 10m tot 300m bladskote geskiet en naastenby so baie skade gekry soos wat jy verduidelik nie !
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Vleisskade

Post by Frikkie Coetzee »

Nico

Dis altyd raadsaam om jou bok so vinnig as moontlik uit te bloei. Soms as daai bloed nie mooi uitkom nie, lyk dit asof die vleis vol bloed is.

Ek persoonlik verkies om die are in die binnekant by die fillets oop te sny.

Hang jou karkas so vinnig as moontlik op daarna sodat daar nie bloed poel nie.

Paar dinge wat ek geleer het as algemene riglyn:

1. Hoe hoer die spoed, meer vleis skade
2. Hoe beter die koel, hoe minder die vleis skade. Met beter bedoel ek hier beter bymekaar hou.
3. Grote van jou kaliber (maw 243 v 7mm v 308) is nie so belangrik tov vleisskade nie
4. Hoe swakker jou skootplasing hoe meer is jou vleisskade. Dit sluit ook in vleis wat jy verloor weens pens mis kontaminasie.

Soms en net soms kry jy daai skoot wat aansienlik meer vleisskade toon as wat logies daar moet wees. En niemand kan dit verduidelik vir my nie. Die vol en lee hart teorie verklaar nie die tendens vir my nie want ek bloei altyd bokke uit voor die bloed stol.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Vleisskade

Post by tripodmvr »

Vriend van my het my 7x64 geleen en 'n kudukoei met 'n Barnes X (ou vorm) geskiet. Bloed van nek tot boud. My enigste verklaring was dat die koeël getuimel het synde die 175gr koeëls baie lank is. Dit lyk egter nie of die 150 greiners so behoort te maak nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Nico van Gijsen
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Thu Jun 19, 2014 3:45 pm

Re: Vleisskade

Post by Nico van Gijsen »

Dankie Gromit en tripodmvr. Dis die eerste keer in byna 40 jaar se jag dat ek so iets sien.
Nico
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: Vleisskade

Post by Jaco123 »

Ek het ook begin wonder of ek nie van koeels moet verander vir die bosveld na laas week se bosveld jag nie. Ek gebruik 140HV GSC in my 30-06 teen 3050fps. Het 2 keer in die Noord Kaap gejag en was baie te vrede. Bokke was ver geskiet en word vinnig keel af gesny.

Vriend het 'n mooi koedoe koei gekry in die bosveld. Skoot was onder 'n 100m. Reg van voor en uit net agter die linker blad. Die bok het so 200m gehardloop en tussen lang gras gaan le. Ons het so 30 min gesoek voor ons die bok gekry het. Keel afsny het niks gedoen nie want koedoe was lank al dood. Ons het die bok gaan aflaai om afgeslag te word en dadelik weer veld toe. Met ons terug keer was die bok klaar af geslag maar die blad was nie oop gesny nie. Ons het die bok so gelos. Toe ons die bok in boude en blaai sny net voor ons vertrek het ons die gemors eers gesien. Op die plaas seker 5kg bloed vleis af gesny en Robbie seker ook so 5kg afgesny toe hulle die vleis verwerk, Die bloedskade skat ek is hier by die 10kg in totaal gewees.

My swaar op wie se plaas ons gejag het se dat hulle gewoonlik nooit so baie bloed skade sien nie.

Die vraag is: was dit die spoed, of die feit dat die bok baie gebloei het rondom die wond kanaal, of albei?

Ek het gedink ek moet terug gaan na 180gr teen 2650 fps vir die bosveld.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Vleisskade

Post by Frikkie Coetzee »

Jaco123 wrote:
Die vraag is: was dit die spoed, of die feit dat die bok baie gebloei het rondom die wond kanaal, of albei?
Ek dink n kombinasie van die twee.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Vleisskade

Post by musgrave270 »

Jaco123 wrote:
Die vraag is: was dit die spoed, of die feit dat die bok baie gebloei het rondom die wond kanaal, of albei?
Ek dink dis albei.

Ek het dieselfde vraag gevra nadat die jaar 'n rooibok QA net agter die blad geskiet het. Ek het met 'n 130gr pmp SP geskiet uit my 270. Afstand was seker 80m.

Die punt het vreeslik baie skade aangerig en stukke van die koper het pens oopgeruk en ek kon die merke in die ribbekas sien. 'n Stuk van die lood is dwaarsdeur op die ander blad.

My redenasie is as volg. Spoed speel 'n groot faktor. op daai afstand sou enige punt dwarsdeur die bok gegaan het en 'n redelike wondkanaal veroorsaak het. 'n Premium punt wat beter bymekaar gehou het sou 'n baie netjieser wondkanaal geskep het wat minder vleis en bloedskade tot gevolg sou gehad het. Bok sou nogsteeds doodgebloei het, maar jy sou die bloeding tot 'n sekere mate kon beperk omdat daar nie soveel vleisskade aangerig is nie.

my 2c

Groete
Ruan
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Vleisskade

Post by NicoSmit »

Ek het laas jaar in die bosveld met pro amm 180gr in my 3006 gejag en het baie vleis skade gehad op die bwb ek 'het ' redelike hoeveelheid vleis verloor het nou nie geweeg nie en het gereeld stukkies lood en koper in die droë wors gekry. Hierdie jaar het ek na 220gr Peregrine 220gr beweeg en hulle gelaai dat hulle so 2300 fps hardloop ek het 2 bwb blad skote geskiet en as ek moet raai seker so vuis grote stuk vleis verloor op albei bokke . Daar was geen versplinterde been nie net 'n ronde gat waar hy in is en weer uit is . My seun het 'n rooibok met die 243 geskiet en het die hele blad moerland toe geskiet Vir bosveld moet daai koel nie vinnig wees nie
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Vleisskade

Post by BRNO (Pierre) »

My vrou jag ook met die Nosler BT Hunt 150gr uit haar .308 teen n spoed van 2480fps, en tot op hede is die vleisskade so min, dat ek die koeel enige tyd sal gebruik. Ek reken ook die spesifieke koeel, omdat hy nie bonded is nie, hou nie baie daarvan om te vinnig geskiet te word nie.
Veiligheid eerste manne!
Post Reply