Ja-nee, Proudprado, op 43 is jy sterk in die jare en knak die bene gou.Proudprado wrote:Was gister op die skietbaan vir 'n haelgeweerkursussie. Tot toe het ek niks van die goed geweet nie en was maar bekommerd oor die "skop".
Maar die leermeester is 'n meester en nie eers die eerste skoot is 'n bietjie seer nie. So van toe af gaan dit maar rof. Ons is net vier mense op die kursus en van rus is daar min sprake. En my bene raak oud en my maag maar groot. Die skote val onophoudelik. So erg dat die ouens wat net so bietjie kom skiet, vergader om te kyk wat ons doen.
In die een "drill" gooi ek die Winchester in my skouer en die geweerband hop voor die loop verby. Natuurlik toe ek die skoot aftrek. Een "tactical sling" moertoe.
Toe leen ek maar die kursusleier se sling. Met 'n "wissel" tussen pompaksie en pistool gooi ek die geweer so hard agtertoe dat die koppelstuk tussen die band en die kolf uitruk. Die stof staan agter my en voor my. Haelgeweer is OK maar nie meer so swart nie. Ten minste gooi ek darem nie die Glock nie. (Net lood by sy bek uit).
En toe die "box drill". Vorentoe, agtertoe, links en regs op bevel en as die fluitjie blaas moet daar drie skote op die teiken val. 25 uit die haelgeweer en hy mag nie leegloop nie; so jy moet heeltyd laai, tussen die bevele en die fluitjie. En dan twee magasyne uit die pistool. Ek moes bietjie soos 'n reuse verkleurmannetjie op 'n smartie box gelyk het. So deurmekaar soos Michael Jackson by 'n kinderpartytjie.
Tydens die tweede beurt is ek so moeg dat ek alles van tegnieke vergeet en net die geweer probeer gelyk hou terwyl ek laai. Wat beteken ek word twee keer hard op die wang geskop. En ek kannie eers die ander een draai nie.
Teen twee-uur is ons klaar. Deur 'n hele doos vol patrone (250) elk. Ek is OK terwyl ek bier drink, maar so halfpad huistoe begin ek voel of iemand my 'n harde klap gegee het (my vrou dink nogal soms dis nodig). Selfs vanoggend is my kakebeen maar nog gevoelig. En my regter voorarmspier is nogal lam.
Maar Voltarin is amper vir alles 'n antwoord.
Snaakse dinge op die skietbaan?
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Snaakse dinge op die skietbaan?
-
Proudprado
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Thu Jan 10, 2013 10:37 am
Re: Snaakse dinge op die skietbaan?
Mmm ja ... 72 in die Paarl is ook nie maklik nie. Daai klip word nogal warm in die somer. Vra my, ek het daar grootgeword.
Glock 17 en 21, CZ550 Lux .308 en 'n Winchester 1300
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Snaakse dinge op die skietbaan?
Ek vat my tuinwerker saam baan toe om te help met die maters se klomp gewere wat moet ingestel word. Hy ken al die drill en pak gou al die teiekens uit. Hy ry baie saam en slag uitstekend. Ek vermoed ook hy het lekker gepoach met die honde, by die boer waar hy jare terug gewerk het. Hy sny net te goed spoor na my sin. Iets wat ek al handig kon gebruik, by kwesbokke.
N vriend het daardie dag n 270 saamgebring wat netnie wil groepeer nie. As ons regs stel, dan skiet hy te ver regs, as ons op stel dan skiet hy af, en so sukkel en vloek dit, maar die geweer wil nie groeppeer nie. Die gemoedere loop al hoog en al wat n man is gee nou raad, maar die vervloekste geweer skiet bond.
Toe ek vir die soveelste keer aanlê, sê die man van my hier van agter op die bakkie: "Dan wil ek vir die lani iets vra" . Dit nou terwyl ek aanlê, en al goed gatvol is vir die geweer. Ek vra toe baie kortaf wat soek hy?. Waarop hy toe ewe doodluiters antwoord: " Dan wil ek vir die lani vra of ons nie maar eers hierdie vark hier agter kan skiet nie? Toe ek omdraai staan n vlakvark seker so 120m van ons af, en kou terwyl hy vir ons kyk. Nou daardie 270 was so kondem dat ek na die vyfde skoot op die vark, maar vir die eienaar gesê het die geweer kan net deur n gunsmit herstel word.
Turfjakkels het saterdag toe hy op die baan aankom die makker op die baan gekry. Gebruik van ons baan sonder lidmaatskap, gaan met swaar strawwe gepaart:
http://i775.photobucket.com/albums/yy34/jameswilsontt/imagejpg1_zps5836a09e.jpg
Jakkalse is slim, maar hierdie een is dalk die uitsondering op die reël, om op n skietbaan rond te loop

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Snaakse dinge op die skietbaan?
Ek onthou op die kommando skietbaan in Woody Cape/Alexandria in die Oos-Kaap moes ons gereeld ophou skiet aangesiend ie local Bosbokke bietjie kom wei het op die baan. Die oom wie se plaas dit was het hulle jag belet en moes die bokke eers toegelaat word om klaar te wei.
Ons almal ken mos die ou R1 trick om die Gas vas te stel dan skop hy meer. So by parkeraad gekom ken ek en my pel die trick wat ons by ons Pa's geleer het. Ons was studente en een van ons take was om al die wapens skoon te maak voor die begin van jaar skiet, die volgende dag. So kon ons ook vir ons wapens uitken wat ons as gidse sou gebruik. Natuurlik het ons die twee mooiste wapen vir ons geneem en soos in die skool se skietspan sit jy sticker met jou naam op op die wapen.
Ook die vroulike student wat saam was het ons verseker sy kry 'n netjiese wapen. So in die trommels wat die weermag geskenk het aan parke raad wat toe eers Kruger toe is en toe na ons in die Kalahari was daar maar 'n paar R1's wat al sleg verniel is. Ons het toe met 'n naam lys al die Veld wagters en Ranger se name op wapens geplak sonder enige voorwaardes of iets. Soos jy die plakker vat plak jy hom op die volgende wapen wat uit die trommels kom. Ons plak so 'n R1 wat se blitsbreker af is, Yster uitvou stock en die loop korter gesny is met die naam van my Seksie hoof se naam op. Was Seker die Parabat model wat iewers oorgebou is en verbaster met standaard R1.
Hy is vanaf die Kaap en in die Bo-Kaap grootgeraak. Uitstekende karakter en goed na my gekyk, maar my altyd vertel hoe ons boere nie kan skiet nie en hoe hy so skiet en so skiet etc. Net daar besluit ek en my vriend ons sal die wapen se gas moet styf draai
Volgende dag by die skiet wat bepaal watse kwalifikasie jy kry op die parkeraad sisteem en of jy met kliente mag stap of ritte doen was ons studente te gretig om te skiet en maak seker dat ons "baas" langs die maer 19 jarige meisie student. Nou jy skiet eers staande 10 skote dan kniel en dan le en skiet jou so 30 skote vir die heleskiet in so 10 min. Ons het darem eers die wapens gecheck vir akkuraatheid en gestel voor ons begin het.
Toe daai man sy 5 skoot staande skiet toe is sy asem op, maar hy kyk links na die klein meisietjie wat daai R1 dryf soos 'n pro en sy skiet sommer BAIE goed. Toe ons gaan kniel/sit het die man na 5 van die 10 skote eers gestop en wou amper skouers ruil aangesien die blitsbreker lose R1 hom verniel het. Hy het net 2 skote geskiet uit die le posisie toe staan hy op en gee oor hy kon nie glo dat die dame langs hom so taai is nie en het amper vir haar hande geklap toe sy klaar geskiet het en in die top 5 uit 25 mense geeindig het.
Ons het hom vir so uur of wat gelos totdat almal klaar geskiet het en toe eers vertel van die gas verstelling en wat ons gedoen het. En die Hoof van Natuurbewaring het gese hy kon weer skiet. Die gevleude Kaapse woorde wat ons gekry het was interesant, maar die man het dit gevat in sy stride. Ons het self die R1 so geskiet en later daai ou morsige parkeraad .458 Win wat smaak my 1kg weeg en daardie kortloop blitsbrekerlose R1 wat se gas vasgedraai was was nie ver agter die .458Win gewees nie.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: Snaakse dinge op die skietbaan?
Brawe vark
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: Snaakse dinge op die skietbaan?
Proudprado ten minste kan jy altyd op jou kar staatmaak