Bothaville SAJWV Kompetisie

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
Herrie260
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Tue May 20, 2014 11:27 am

Bothaville SAJWV Kompetisie

Post by Herrie260 »

http://i1374.photobucket.com/albums/ag439/Herman2288/Voorbeeld01_zps4a0cc408.jpg

Goeie More Manne

Bothaville jagters vereniging bied op 30 Augustus 2014 'n lekker groot skietdag aan met baie pryse. Op die advertensie staan daar wel R50000 se pryse maar dit het intussen gegroei na oor die R65000.

Die dag is oop vir enige iemand en enige senterslag kaliber (Jy moet die hele baan met selfde geweer skiet en mag nie kaliber verander tussen posisies nie) om te kom geniet. Ons wil graag soveel moontlik juniors en dames ook betrek by die dag.

Die wenner van die dag kan kies tussen die 30-06 Howa of 'n Swarofski teleskoop. Tweede plek kry dan automaties die oorblywende prys.
Daar is 'n groot Lucky Draw na afloop van die skiet waar baie pryse uitgedeel gaan word.(Jy moet teenwoordig wees om prys te kry)
Die biltong jagpakket vir die span wenners bestaan uit 13 stuks wild en moet voor die 14de September geskiet word. Die plaas is gelee tussen Kimberley en Douglas.

Ons kan slegs 180 skuts laat deelneem so dit is op 'n 'First come First serve basis'.
Skryf betyds in om teleurstelling te voorkom.

PM my vir verdere inligting en reels van die dag. Stuur e-pos adres saam met PM.

Groete
Herrie
Herrie260
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Tue May 20, 2014 11:27 am

Re: Bothaville SAJWV Kompetisie

Post by Herrie260 »

Ek is nie heeltyd by rekenaar nie, so verskoon maar as ek nie dadelik antwoord op PM nie

Herrie
Herrie260
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Tue May 20, 2014 11:27 am

Re: Bothaville SAJWV Kompetisie

Post by Herrie260 »

Die Biltong jagpakket bestaan uit

4xSpringbokooie
4xBlesbokooie
1xBlouwildebeeskoei
1xSwartwildebeeskoei
1xRooihartebeeskoei
1xGemsbokkoei of jongbul
1xVolstruis

Twee nagte se verblyf vir twee persone
Gebruik van jag voertuig en gidse en afsalg van diere ens.
Jy is verantwoordelik vir die daarkom en eie kos en drank ens.

Hoop dit help bietjie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13589
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bothaville SAJWV Kompetisie

Post by Capt. Yoda »

Klink na n plan vir n lekker skiet naweek vir die manne!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Herrie260
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Tue May 20, 2014 11:27 am

Re: Bothaville SAJWV Kompetisie

Post by Herrie260 »

Goeie more Manne

Julle het nog tyd tot vannaad 24:00 om 'n paar rand te spaar as jy vandag inskryf, anders kos dit R280 per skut as jy eers more of op die dag van die kompetisie inskryf. ons het nog so paar plekke oop sou iemand belangstel.

PM my gerus vir nog navra

Dankie
Herrie
Post Reply