Snaakse dinge op die skietbaan?

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Piet Pille »

Right, laat ek nou maar my eie naam gatmaak hier..........

Dis elkgeval net 'n kwessie van tyd of een van die ander op die forum soos Witpietskiet, Francois Marais, Trevor of ander ooggetuies kom blaker die storie elkgeval hier uit..........

Dis my eerste veldskiet kompetisie by SVT. Vreeslik opgewonde om op lewensgrootte bok teikens te gaan skiet- dis mos my kos daai! Ook hierdie "gong bedryf" waaroor almal so tekere gaan..... hoe moeilik kan dit nou wees? Ek moet die Saterdag eers klaar werk in Grootfontein en die manne by die baan laat weet dat ek in die laaste groep vd dag kan skiet maar dan MOET ek 14h00 daar wees. So ek vlieg weg by die huis en jaag............ trek sommer aan so in die ry. Halfpad skietbaan toe val dit my by - my kassie patrone staan nog op die kombuistafel..... $%^&*^%%%$%^!! >:( >:(

Bel vir vroulief- sy bring en ek ry terug.... Kry die koeels halfpad en toe fluit 'n 4.5EFI (gelukkig was die tenk vol anders het ek nie die 60km gemaak nie)
Ek klok 13h58 in. Betyds. Die ander manne is al by die eerste baan gereed en wag vir my.. Dis die baan waar jy oor die 3-poot skietstokke moet skiet op 'n blesbok op so 170m. Ons staan agter die lyn en die fluitjie blaas.. ek sit my geweer bo-op die stokke neer, maar links en regs van my val die manne plat..... De laaste een sit plat en steun teen die kant van die stokke..... Julle kroek julle bliksems??!! :o Mag mens dan sit en skiet ook, die baan beampte het dan gese oor die stokke??? Nodeloos om te sê, maar toe hulle 2de skote al loop kom ek eers tot verhaal en val plat met mening- toe ek uiteindelik in die (sittende) skietposisie is is daar nog 40 sekondes oor vir my 5 skote.... Kom ons sê maar net dat 'n snelvuurdisipline van formaat die gevolg was.... die vorige dop het nog nie eers grond gevat nie dan loop die volgende skoot al. .. Ek het toe ook nie 150/150 vir daai baan losgeskiet nie...... :confused: :confused:

Volgende is die vlakvark op so 60m uit die vuis uit. Een barmhartige samaritaan fluister darem vir my 'n tip oppad baan toe: " Draai jou vergroting af na minimum(3x) vir die baan - op 12x bewe jy te veel en skiet moeiliker so uit die vuis..." Die werk toe baie mooi en die dinge lyk meer rooskleurig. Maar ons is agter skedule en die manne jaag my aan volgende baan toe. Ek is sommer eerste aan die beurt vir die volgende baan- 5 gonge teen die berg tussen 200 en 330m ver uit die lê posisie oor 'n buiteband. Plaas "Barhartige Samaritaan" my ook herhinder om die dêm scope net weer op te stel na 12x toe...... Nou, siende dat ons die laaste groep van die dag was, was daar ook nie meer 'n stukkie witverf op daai gonge oor nie, en was hulle maar redelik moeilik om te sien tussen die grys klippe in die berg as agtergrond. Elke gong hang aan 'n raam en is elkeen genommer van 1-5 met 'n wit karton van 20x20cm met die nommer in neon pienk gespuitverf. Elke nommer is in die linkerkantste boonste hoek van die rame aangebring.

Die fluit blaas en ek gaan lê aan..... #$%% maar dis ver!!!! (Veral as jou flippen scope nog op 3x is wat ek eers na die tyd agterkom :( ) My eerste skoot loop. Ek voel redelik seker. So ook met skote 2-5. Ek staan op. Die baan offisier reken "Nul uit Vyf". ..."Wat meen jy nul uit vyf??? Jy kyk soos jou gat man!" "Al jou skote was redelik ver links bo" Ek vat sy verkyker........... "MMMmmm, ek moes seker vir daai belaglike ronde vaal plaatjie wat daar hang, gemik het ipv die wit nommer links bo ne??"

Poepol..

Elk geval, toe ek en Trevor na die komp opstap toe sit daar 'n netjiese gaatjie in elk van daai wit kartonnetjies..... help darem vir die gemoed maar tel ongelukkig nie punte nie.

Daardie aand by die braai moes ek toe 'n aansienlike hoeveelheid strafmedikasie (ook bekend as Jaegermeister) neem vir my ou klein foutjie...

So leer mens... :) ;)
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Hein22 »

Thanks Pieter, lekker storie. Ek het dit geniet. :laugh:
Proudprado
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:37 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Proudprado »

Mens mag seker nie oor 'n ander se leed spot nie, maar die sport wat ek doen (SADPA) is nogal erg oor veiligheid. Dis niks snaaks om te sien dat 10% van die deelnemers aan 'n nasionale byeenkoms gediskwalifiseer word nie.

By verlede jaar se noordelike byeenkoms buite Pretoria is ek toe weer, soos gewoonlik, heeltemal te vroeg en sit toe maar en koffie drink in die klubhuis. Die ander deelnemers staan nog meestal tou vir hulle toerustingondersoek en dinge is mooi stil. Die 100m skietbaan is 'n slag gesluit, so die "jagters" kan ook nie pla nie.

Ek sit nog so toe: "Gwaaaaa!!!" loop die skoot. Maar die plekkie raak eintlik nog stiller as wat dit voor die tyd was.

So paar oomblikke later kom die omie uit die hokkie waar die "check" gedoen is, maak sy goedjies bymekaar en gaan maar huistoe. Daar was 'n paar stories oor wat gebeur het, maar watookal die waarheid is, toe hy die sneller trek om te wys die wapen is veilig, toe was dit nie.

Die baanbeampte wat die "check" gedoen het, het die middag nog gekla van 'n effense gezwing in sy ore. Hy't niks van sy onderbroek gesê nie.
Glock 17 en 21, CZ550 Lux .308 en 'n Winchester 1300
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Hein22 »

Het onlangs by 'n kompetisie skiet reg gemaak om die dag se skiet te begin. Almal staan by die voertuie, sluk so bietjie water en haal die toerusting uit wat jy die dag gaan benodig toe daar eweskielik 'n skoot afgaan. Die oom skiet toe sy 4x4 se band m*^r toe met 'n AD. Wys net hoe maklik gebeur 'n ongeluk.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by G-force »

Proudprado wrote:Mens mag seker nie oor 'n ander se leed spot nie, maar die sport wat ek doen (SADPA) is nogal erg oor veiligheid. Dis niks snaaks om te sien dat 10% van die deelnemers aan 'n nasionale byeenkoms gediskwalifiseer word nie.

By verlede jaar se noordelike byeenkoms buite Pretoria is ek toe weer, soos gewoonlik, heeltemal te vroeg en sit toe maar en koffie drink in die klubhuis. Die ander deelnemers staan nog meestal tou vir hulle toerustingondersoek en dinge is mooi stil. Die 100m skietbaan is 'n slag gesluit, so die "jagters" kan ook nie pla nie.

Ek sit nog so toe: "Gwaaaaa!!!" loop die skoot. Maar die plekkie raak eintlik nog stiller as wat dit voor die tyd was.

So paar oomblikke later kom die omie uit die hokkie waar die "check" gedoen is, maak sy goedjies bymekaar en gaan maar huistoe. Daar was 'n paar stories oor wat gebeur het, maar watookal die waarheid is, toe hy die sneller trek om te wys die wapen is veilig, toe was dit nie.

Die baanbeampte wat die "check" gedoen het, het die middag nog gekla van 'n effense gezwing in sy ore. Hy't niks van sy onderbroek gesê nie.
hahaha Ek was ook daar,onthou dit goed.Dink dit was Ettiene wie die SO was,hy het baie gemoan oor die suis in sy ore.Die Oom het net omgedraai en sy tassie gepak.Vinnigste DQ wat ek al gesien het,nog voor die skiet begin!
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by 375fanatic »

Hein22 wrote:Ek het so twee maande terug op die skietbaan 'n man gehelp wat gese het sy scope wil nie op of af stel nie, maak nie saak hoeveel hy die dial draai nie. Het toe gaan kyk of ek kan help. Hy stel toe ipv die elevation turret die fokus wat afgemerk is 100,200, 300.. Het hom toe verduidelik dat dit eintlik die fokus is wat hy stel maar hy wou my nie glo nie, die verkoopsman het mos verduidelik hoe die scope werk.. as hy zero op 100 dan draai hy met die dail tot by die regte merkie vir daai afstand.

Se toe maar vir hom in daai geval is die Leupold seker maar foutief en moet hy hom maar gaan omruil.
se hy moet die scope mooi afhaal en weer mooi toe draai en netjies in die boks terug sit . Dan moet hy hom terug vat na waar hy hom gekoop het as die verkoops man vra hoekom hy sy geld terug soek moet hy die volgende se

want ek is te dom om so scope op my geweer te he :laugh:

of ruil hom vir n 4 x40 tasco
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Eugene »

Hein22 wrote: Hy stel toe ipv die elevation turret die fokus wat afgemerk is 100,200, 300.. Het hom toe verduidelik dat dit eintlik die fokus is wat hy stel maar hy wou my nie glo nie, die verkoopsman het mos verduidelik hoe die scope werk.. as hy zero op 100 dan draai hy met die dail tot by die regte merkie vir daai afstand.
Jy sal verbaas wees oor hoeveel ouens so dink! Ek weet nie of dit verkoopstaktiek is en of die salesman self dit nie weet nie, maar baie manne dink dit is waarvoor paralaks is en as jy hulle probeer reghelp, raak hulle vir jou kwaad.... :-\
Aim small, miss small
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Hilux01 »

Hierdie was ook meer van n "eye opener" as iets anders maar was eindlik baie snaaks
Ek pa en my broer is een Saterdag af skietbaan toe, sommer broer se nuwe gazebo en al saam want ons gaan daar braai die werke.
My pa skiet links met n regter hand slot aksie en dan is die sneller vinger mos altyd op die sneller (1ste fout)
Noodloos om te se tweede skoot wat hy oorlaai (loop in die lig - 2e fout) loop die 308 en skiet n mooi 7.62mm gatjie deur my broer se nuwe gazebo, om dit lig te stel was hy redelik ontsteld, my pa het baie sleg gevoel, n man wat lank in die weermag was en met gewere groot geword het maak mos nie sulke foute nie.
Inelkgeval elke keer as ons gaan kamp glimlag ons 3 vir mekaar oor die gatjie in die dak, want dit kon lelik uitgedraai het
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Sangoma (IAN) »

Ek het so ruk terug vir my een van daai fancy bullpup pellet gewere gekoop. Die manne wat dalk nie bullpup ken nie. Dis n baie kort kompakte geweer. Jou voor hand sit amper op die voor kant van die barrel.

Ek het somme so in die Fortuner gesit en oor die speeltjie geskiet. Volgende oomblik toe ek daai sneller trek toe is daai spieel in stukke.....
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Piet Pille »

Klink amper soos my storie met die kettie in Etosha en die Rav se ruit.......\
maar dis 'n storie vir 'n ander dag....... :-X
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by henning »

Pieter, dit lyk jy het omtrent n paar stories om te vertel.

Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Piet Pille »

...ons sal iewers maar moet vuur maak..
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Cor Jacobs »

Pieter Vorster wrote:Klink amper soos my storie met die kettie in Etosha en die Rav se ruit.......\
maar dis 'n storie vir 'n ander dag....... :-X
Pieter, dit was laaank terug.. en nie op die skietbaan nie.. :o
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Capt. Yoda »

Sangoma wrote:Ek het so ruk terug vir my een van daai fancy bullpup pellet gewere gekoop. Die manne wat dalk nie bullpup ken nie. Dis n baie kort kompakte geweer. Jou voor hand sit amper op die voor kant van die barrel.

Ek het somme so in die Fortuner gesit en oor die speeltjie geskiet. Volgende oomblik toe ek daai sneller trek toe is daai spieel in stukke.....
Jy het nog nie n Myna drive by gedoen as jy nie n speeltjie stukkend geskiet het nie :'(
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by wlm »

Skiet by die bakkie se TOE linkervenster uit terwyl jy agter die stuurwiel sit. Die stofwolk is so dig dat die skade aan jou longe baie groter is as die skade aan jou ore.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by VdWalt »

wlm wrote:Skiet by die bakkie se TOE linkervenster uit terwyl jy agter die stuurwiel sit. Die stofwolk is so dig dat die skade aan jou longe baie groter is as die skade aan jou ore.
++>: ++>: ++>: ++>:
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by PWV »

Ek kry nou nog koue rillings langs my ruggraat af as ek dink wat kon gebeur het!!

As jy by die Durbanville Skietklub gaan skiet, teken jy in en kry ‘n wit “sticker” met jou naam op jou bors. As jy nie ‘n lid is nie, betaal jy en kry ‘n geel “sticker”. Ons, wat lede is en dus gereeld skiet, het al geleer om versigtig te wees vir baie van hierdie geel-sticker-ouens omdat hulle in baie gevalle nie die reëls van die baan in die klubhuis lees nie en baie min van wapenveiligheid weet. Ek wil net herhaal, want netnou word ek weer verkeerd geïnterpreteer deur een of ander piesang hier op die Forum wat nog nie leer lees het nie: Alle geel-sticker-ouens is darem nou nie so nie!

Saterdag was nou een van daardie dae wat die mis nie wou opklaar nie. Met die baan wat om 08:00 open, sit ‘n paar van ons vroeë hoenders maar daar en gesels en gooi so nou en dan ‘n koffietjie. Die reël is dat jy eers toegelaat sal word om te skiet as jy kan sien tot op die 500 meter wal. Verder kan lede om 08:00 begin skiet, maar nie-lede eers om 10:00.

En om 11:00 klaar dit mis op en ons kan begin. Ook nie lank nie of ‘n geel-sticker-man land hier langs - nogal ook met ‘n .308 Howa 1500. Na die eerste sarsie skote (ek skiet die meer as vyf op ‘n slag nie), staan ek op en trap op ‘n doppie. Ek kyk en sien net doppie rondom geel-sticker lê.
Ek sê: “En dié?”
“Nee”, sê hy, “dit is ou patrone wat iemand vir my gegee het en ek worry nie oor die doppies nie.”
Op sy bank lê ‘n houer waarop daar aangedui word dat dit Sako-patrone is. Die prys is R18.90 vir die boksie van twintig. Daar is nog ses lewendige rondtes in en ek sien dat dit Sako, Pmp en ander goed bevat waarvan ek nog nie gehoor het nie. Ek tel toe maar die doppies op en Geelsticker raak rooi omdat die ou ballie so moet rondkruip op die grond.

Ons maak gereed vir ‘n volgende rondte. Ek skiet en hoor ‘n gebrom langs my. Geel-sticker beduie net na sy geweerslot. Hy kry nie die patroon in die kamer nie. Hy spook om die grendel toe te kry, maar sonder sukses.
“Stadig, .. stadig, vriend”, klameer ek die ou en staan op om te kyk. Ek haal die slot uit en kyk deur die loop. Stikdonkerte! Ek steek sy skoonmaakstok van voor af in en dit stuit teen iets. Ek stamp liggies en daar val ‘n koeël uit.
Nou kan julle glo dat die stommerik ‘n geluid gehoor het toe hy die ou rondte vuur. Niks het die loop aan die oorpunt verlaat nie. Die koeël was nie in die doppie toe hy sy slot oopmak nie, maar dit registreer nie by hom dat die koeël dalk in die loop is nie.
Kan jy jou indink wat sou gebeur het as die koeël met daardie eerste “misfire” net ‘n paar sentimeter dieper in die loop gedring het en Geel-sticker het die volgende ronde ingekry en gevuur!!
Ek het so ietwat aan vertraagde skok gely en eers op pad huis toe begin hoedervleis kry as ek dink wat kon gebeur het.

Twee waarskuwings:
1. Pasop vir geel-sticker-ouens. Jy ken hulle maklik uit aan die manier waarop hulle ‘n vuurwapen hanteer.
2. Vermy eerder die gebruik van ou ammunisie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by douw »

Blikskottel! Dit kon voorwaar lelik uitgedraai het!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1880
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Ratel »

Het oom Pieter toe darem die "ou" sako doppe huis kon vat?
Maak 'n verskil
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Willie »

Daardie laat my nou dink aan 'n oorlede oom van my. Hy herlaai self, maar seker maar soos die ouderdom hom nou bietjie aan getas het vergeet hy om dryfmiddel in die een dop te plaas voordat die punt in sit.

Later op die skiet baan net 'n baie ligte slag en daar sit nou 'n lastige stukke punt iewers in die loop.

En oom is baie slim. Gaan huis toe, Neem doppie met lewendige slagdop, sit gewone lading se drymiddel in en daar gaan ons weer skiet baan toe. Hy skiet toe maar daardie ou puntjie uit ! :-[

Alles het toe darem sonder enige erger nagevolge af geloop. :o
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Gawie(13mm) »

Willie wrote:Alles het toe darem sonder enige erger nagevolge af geloop. :o
Ja-nee, as jy nie slim is nie, moet jy dapper wees. :o
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by PWV »

Gawie(7mm) wrote:
Willie wrote:Alles het toe darem sonder enige erger nagevolge af geloop. :o
Ja-nee, as jy nie slim is nie, moet jy dapper wees. :o
Nee, in hierdie geval, as jy nie slim is nie, is jy blerrie dom!
User avatar
ThinusD
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Fri Aug 01, 2014 2:27 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by ThinusD »

Het so rukkie terug n vrou gehad wat wou Pistool skiet. My broer offer om haar te help maar het hard op laat weet sy weet alles wat aan gaan en ken haar Pistool. My Broer staan toe terug. Hy was toe nog n Range Marshall. Na so een magasyn wat virewig gevat het om uit te skiet wil sy herlaai. Sy stop toe in haar spore en vra vir my broer....."As ek die patrone perongeluk verkeerd om in sit, sal dit my in die kop skiet? HAHA!! Daai oomblik was maar snaaks. ;)
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Jean Marais »

Gister by SWOT skietbaan het 'n ou gekla oordat sy Nikon vreeslik sensitief is op die fokus, en dat die kruishaar erg rondbeweeg as hy deur hom kyk. Ek vra toe of die scope 'n SF (side Focus) funksie het waarmee die paralaks gestel word. Hy sê toe "Nee", maar hy moet die okulêre fokus kwaai stel om op die teiken te fokus. Ek sê toe vir hom ek het ook 'n Nikon, en sal graag gou wil kyk of ek nie iets fout sien nie. Ek kon amper nie glo toe ek sien dat sy SF op 30 gestel is, ipv 100. Ek verduidelik toe die ou hoe die paralaks ding werk, en toe kon hy nie glo hy kyk deur dieselfde teleskoop nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Proudprado
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:37 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Proudprado »

Was gister op die skietbaan vir 'n haelgeweerkursussie. Tot toe het ek niks van die goed geweet nie en was maar bekommerd oor die "skop".

Maar die leermeester is 'n meester en nie eers die eerste skoot is 'n bietjie seer nie. So van toe af gaan dit maar rof. Ons is net vier mense op die kursus en van rus is daar min sprake. En my bene raak oud en my maag maar groot. Die skote val onophoudelik. So erg dat die ouens wat net so bietjie kom skiet, vergader om te kyk wat ons doen.

In die een "drill" gooi ek die Winchester in my skouer en die geweerband hop voor die loop verby. Natuurlik toe ek die skoot aftrek. Een "tactical sling" moertoe.

Toe leen ek maar die kursusleier se sling. Met 'n "wissel" tussen pompaksie en pistool gooi ek die geweer so hard agtertoe dat die koppelstuk tussen die band en die kolf uitruk. Die stof staan agter my en voor my. Haelgeweer is OK maar nie meer so swart nie. Ten minste gooi ek darem nie die Glock nie. (Net lood by sy bek uit).

En toe die "box drill". Vorentoe, agtertoe, links en regs op bevel en as die fluitjie blaas moet daar drie skote op die teiken val. 25 uit die haelgeweer en hy mag nie leegloop nie; so jy moet heeltyd laai, tussen die bevele en die fluitjie. En dan twee magasyne uit die pistool. Ek moes bietjie soos 'n reuse verkleurmannetjie op 'n smartie box gelyk het. So deurmekaar soos Michael Jackson by 'n kinderpartytjie.

Tydens die tweede beurt is ek so moeg dat ek alles van tegnieke vergeet en net die geweer probeer gelyk hou terwyl ek laai. Wat beteken ek word twee keer hard op die wang geskop. En ek kannie eers die ander een draai nie.

Teen twee-uur is ons klaar. Deur 'n hele doos vol patrone (250) elk. Ek is OK terwyl ek bier drink, maar so halfpad huistoe begin ek voel of iemand my 'n harde klap gegee het (my vrou dink nogal soms dis nodig). Selfs vanoggend is my kakebeen maar nog gevoelig. En my regter voorarmspier is nogal lam.

Maar Voltarin is amper vir alles 'n antwoord.
Glock 17 en 21, CZ550 Lux .308 en 'n Winchester 1300
Post Reply