Hy ry mos 'n Toyota plesierbootArnold wrote:Omdat jy nie 'n dubbel kajuit het nie ...Stefan764 wrote:Dis nou die tipe topic waar ek lees en nie saam gesels nie
Dubbel kajuit diesel verbruik
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Robbie ek het n 3 ltr Tata Xenon 4 x4 en hy het my al goed laat les opse en die parte is vrek duur en die agente kon n sekere part nie in die hande kry nie en n ander keer vir my die verkeerde part voorsien, selfs met vin nommer en al.ROBBIE1 wrote:henning wrote:Nou wat van n lekker Tata bakkieJaco B wrote:Hi Robbie
Glad nie haastig nie.
Doen nog net marknavorsing. wil darem n ingeligte besluit maak. Wie dan nou beter om te vra as my Jaracal vriende.![]()
groete
Henning
Gelukkig ken ek niemand wat iets sleg of goeds te se het oor n Tata nie Henning, maar ek sal hom nie koop nie!
Ek gebruik hom nou net as ek plaas toe gaan verder staan hy maar. Ek wou die ding al verkoop maar kan net n belaglike prys vir hom kry toe besluit ek in daardie geval sal ek hom maar hou. Ek kon hom nie eers intrade op n ander voertuig nie, niemand wil dit he nie. Die ergste is dat die voertuig nog in baie goeie toestand is met 69 000 klm op die klok.
Kan jou een ding verseker en dit is dat ek nooit weer n Tatta sal koop nie, dit is net moeilikheid. Net een voorbeeld is R18 000 vir n diff wat ek moes herstel op 50 000 klm.
Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
-
Jaco B
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
kom nou Stefan, deel bietjie daai Toyota van jou se brandstof verbruik, al is dit nie n dubbel kajuit nie.
Henning, Jammer om te hoor van die Tata.
Ek dank die ander manne met die inligting/deel, maar ek het gedink die Toyota was vir hoeveel jare die topverkoper...en dan nou so min terugvoer vir die Toyotas....is die Toyota manne skaam om hulle verbruik te openbaar...

Henning, Jammer om te hoor van die Tata.
Ek dank die ander manne met die inligting/deel, maar ek het gedink die Toyota was vir hoeveel jare die topverkoper...en dan nou so min terugvoer vir die Toyotas....is die Toyota manne skaam om hulle verbruik te openbaar...
-
GerhardV
- Full Member

- Posts: 127
- Joined: Mon Nov 28, 2011 2:39 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Jaco,
My 2011 3.0 Hilux D/C 4x4 gee my so 8.8km/l in die dorp / gemengde gebruik, en dit gaan op na so 9.5km/l as ek my gedra op die ooppad. 'n Maand gelede het ek 'n waentjie Karoo toe gesleep en 8.5km/l gekry.
Die rygerief van die Hilux is maar effentjies, maar kan dalk verbeter word met 'n stel OME skokbrekers. Kajuitlawaai gaan jy ongelukkig nie veel aan kan doen nie. Ek het die Amarok ook gaan toetsbestuur en rygerief is myns insiens myle beter.
Ek het wel op die Hilux besluit vir sy goeie tweedehande waarde en reputasie vir betroubaarheid, terwyl ek gemengde gevoelens oor die Amarok gehad. Ek het 'n Jetta Tdi gehad wat 300,000km gedoen het, terwyl 'n vriend 'n Touareg gehad het wat hom ontsettend baie skade berokken het. Hilux'e kry soms probleme met injectors.
Die Ford Ranger is vir my die mooiste bakkie op die pad, en ry soos 'n droom, met hope krag. Ratkaste blyk 'n probleem te wees, en hul bakke is baie sag. Ek het gesien dat die bakwerk skeur weens tralies agterop.
Ek hoop dit help! Sterkte met die soektog!
Gerhard
My 2011 3.0 Hilux D/C 4x4 gee my so 8.8km/l in die dorp / gemengde gebruik, en dit gaan op na so 9.5km/l as ek my gedra op die ooppad. 'n Maand gelede het ek 'n waentjie Karoo toe gesleep en 8.5km/l gekry.
Die rygerief van die Hilux is maar effentjies, maar kan dalk verbeter word met 'n stel OME skokbrekers. Kajuitlawaai gaan jy ongelukkig nie veel aan kan doen nie. Ek het die Amarok ook gaan toetsbestuur en rygerief is myns insiens myle beter.
Ek het wel op die Hilux besluit vir sy goeie tweedehande waarde en reputasie vir betroubaarheid, terwyl ek gemengde gevoelens oor die Amarok gehad. Ek het 'n Jetta Tdi gehad wat 300,000km gedoen het, terwyl 'n vriend 'n Touareg gehad het wat hom ontsettend baie skade berokken het. Hilux'e kry soms probleme met injectors.
Die Ford Ranger is vir my die mooiste bakkie op die pad, en ry soos 'n droom, met hope krag. Ratkaste blyk 'n probleem te wees, en hul bakke is baie sag. Ek het gesien dat die bakwerk skeur weens tralies agterop.
Ek hoop dit help! Sterkte met die soektog!
Gerhard
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
GerhardV wrote:..............en hul bakke is baie sag. Ek het gesien dat die bakwerk skeur weens tralies agterop.
Dit gebeur met ons Toyota bakkies ook as die manne nie die tralies se hekke toehou nie. Ek maak meeste van ons tralies in die werkswinkel van 2mm pyp en gekoopte elbows wat stewiger is as die laaste gekoopte een.
Ek ry 3.0D4D 2x4 DC en kry op die plaas maklik 10km/l, maar sodra ek teerpad tref kom hy af na so 8.5-9.5. Haastig raak betaal ek voor en kom die verbruik sommer af na 7-7.5.
My jakkals bakkie is 'n 1997 2.4 petrol Hilux 4x4. Hy sien nooit iets beter as 6.5l/km nie. Ek het toe hy nog nuut was vir so kort rukkie 245's op hom gehad en 5.5l/km was al wat ek kon kry. Die D4D's is baie groot verbetering van toe af.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Askari
- Hero Member

- Posts: 728
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
My Isuzu KB300 DTeq DK gee my tussen 10.5 en 11.1 km/l in die stad en so rapsie or die 10 km/l op die oop pad teen 130 km/h.
Gooi lood!!!!
-
Hleroux
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sun Dec 30, 2012 7:52 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
My 2012 132kw Amarok bitdi staan nou op 96000km. Volgens my vlootkaart is my gemiddelde verbruik 8.3l/100km (12km/l). Ek kry gereeld oor 'n 1000km op 'n tenk. Seker een van die gemaklikste bakkies op die mark. Krag lewering is volgens my voldoende en hy sleep my karavaan soos 'n droom. Probleme so vêr? Geen. Moenie laat 'n persepsie jou afsit nie. Ek sal tenminste hom gaan toets bestuur.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Maak soJaco B wrote:kom nou Stefan, deel bietjie daai Toyota van jou se brandstof verbruik, al is dit nie n dubbel kajuit nie.![]()
Henning, Jammer om te hoor van die Tata.
Ek dank die ander manne met die inligting/deel, maar ek het gedink die Toyota was vir hoeveel jare die topverkoper...en dan nou so min terugvoer vir die Toyotas....is die Toyota manne skaam om hulle verbruik te openbaar...![]()
![]()
![]()
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
https://dl.dropboxusercontent.com/u/55333818/verbruik.PNG
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Stefan764 wrote:https://dl.dropboxusercontent.com/u/55333818/verbruik.PNG
Einaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Vir daardie geld koop ek 'n kleinkarretjie en dan is die paaiement en petrol koste minder as R7K per maand.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
En dan ry oom n klein karretjie hehehe
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Stefan, watse app gebruik jy vir die petrol rekord ?
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Stefaans. Dit is interressant. Het jy program waarop jy invul. En indien wel watter een.
Groetnis
Groetnis
-
Jaco B
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Dankie Stefan..
ek voel nou net so jammer vir jou as vir Henning met sy Tata....altwee voertuie kos baie om op die pad te hou, al is dit vir verskillende redes.
ek voel nou net so jammer vir jou as vir Henning met sy Tata....altwee voertuie kos baie om op die pad te hou, al is dit vir verskillende redes.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13659
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
My twee bakkies gee as volg:
2010 Hilux 3.0d4d SC 2x4 met tralies en canvas canopy:
10.3km/lt
Daagliks:
20km dorp
60km snelweg
14km grondpad.
2008 Isuzu 3.0D-Teq Extra cab 2x4 met tralies en skietstoel.
8.5- 9km/lt.
Maandeliks +- 700km teerpad/jagveld gemeng.
2010 Hilux 3.0d4d SC 2x4 met tralies en canvas canopy:
10.3km/lt
Daagliks:
20km dorp
60km snelweg
14km grondpad.
2008 Isuzu 3.0D-Teq Extra cab 2x4 met tralies en skietstoel.
8.5- 9km/lt.
Maandeliks +- 700km teerpad/jagveld gemeng.
Goed, beter, 6millimeter!
- egenis
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Ek het nou onlangs vir my Hilux 2.5 D4D Dakar gekoop - en sover kry ek so 10.8 Km\l gemiddeld.
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Goeie brandstofverbruik gaan gewoonlik gepaard met speedometer- en tripmeters wat overread (jammer vir die Engels!) Ek het al voertuie gesien wat 10%+ op beide overread wat dus baie goeie verbruik daarstel.
Doen jouself die guns en meet ware spoed en afstand op 'n GPS en werk dan weer jou verbruik uit- jy mag dalk skrik!
Doen jouself die guns en meet ware spoed en afstand op 'n GPS en werk dan weer jou verbruik uit- jy mag dalk skrik!
- kwagga_1
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Sun Mar 17, 2013 8:02 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Dag Jaco,
ek ry 'n 2.5 diesel Navara 4x4, en die brandstof verbruik is nie te sleg nie. Maar boeta, om die bakkie te onderhou is mal duur! Ek ry baie lekker met my bakkie, maar sodra die maintenance plan verval gaan ek hom moet smous want ek gaan hom nie meer kan bekostig nie.
Sterkte met al die keuses!
ek ry 'n 2.5 diesel Navara 4x4, en die brandstof verbruik is nie te sleg nie. Maar boeta, om die bakkie te onderhou is mal duur! Ek ry baie lekker met my bakkie, maar sodra die maintenance plan verval gaan ek hom moet smous want ek gaan hom nie meer kan bekostig nie.
Sterkte met al die keuses!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Die ouens wat hier die rekenaartjie in die bakkie se waarde gebruik sal ook verbaas wees hoe dit verskil. Ek kry minstens 1 km/l minder as wat die rekenaar sê ek kry ...Chevvy SS wrote:Goeie brandstofverbruik gaan gewoonlik gepaard met speedometer- en tripmeters wat overread (jammer vir die Engels!) Ek het al voertuie gesien wat 10%+ op beide overread wat dus baie goeie verbruik daarstel.
Doen jouself die guns en meet ware spoed en afstand op 'n GPS en werk dan weer jou verbruik uit- jy mag dalk skrik!
Dalk wil party manne nie die waarheid weet nie?
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Is so ja. Die 285's op die Cruiser het sy speedo nou net met 3% uit, vir my is dit naby genoeg. 100km gery op speedo meet 97km op GPS.Ludwig wrote:Jou odometer se akuraatheid hang baie af van die grootte van jou bande. .
Die app is op dieApple iFoon, het hom by Big Joe geleer. Sy naam is "Car Logbook" en hy is so groen icon met n swart petrolpompie op.
Kan nie wag dat hulle die brandstof prys weer opstoot nie, maak my net meer trots om n werkende blank belasingbetaler te wees. Hulle sal my nie wen nie.
Land Cruiser groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- tau
- Hero Member

- Posts: 3992
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Haha die manual met 103000km op is my ou Fortuner 8.8 km/l gekry. Hy staan al 3 maande op hulle vloer en nie vir baie meer as wat ek gekry het nie. Toyota en herverkoop tel net vir sekere modelle.Christo wrote:Fortuner 3L D4D en chip hom sommer dadelik. Jy doen maklik een km/l beter dan. Kyk maar om jou hoeveel van hulle is daar. Stellenbosch Toyota adverteer 50-60k afslag op hulle.
My Navara 2.5 gee 9km/l as jy mooi ry, maar hy het Donderdag op 89 000km top gasket geblaas.... so tans gee hy niks
Dan my nuwe Mazda 3.2 D/cab 4x4, manual gee so 8.2km/l dan moet jy mooi ry, maar dit is vrek lekker. En as ek wil verbysteek of bult op wil trek kan ek dit raak dan net 4.5 EFI verbuik syfers!!!
My pa se Hilux 3.0 d4-D 4x4 het 80 000km op en hy kry heeltyd so 9.2km/l hy is wel gechip.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Tautau wrote:Haha die manual met 103000km op is my ou Fortuner 8.8 km/l gekry. Hy staan al 3 maande op hulle vloer en nie vir baie meer as wat ek gekry het nie. Toyota en herverkoop tel net vir sekere modelle.Christo wrote:Fortuner 3L D4D en chip hom sommer dadelik. Jy doen maklik een km/l beter dan. Kyk maar om jou hoeveel van hulle is daar. Stellenbosch Toyota adverteer 50-60k afslag op hulle.
Dis blykbaar te doen met die 2.5D modelle op die Fortuners. Die nuwe 2.5 modelle het blykbaar die tweede handse waarde van die 3.0d4d bietjie pak gegee. Die manne koop blykbaar eerder 'n 2.5 vir bietjie meer as wat hulle 'n tweede handse 3.0d4d koop
-
Jan-Hendrik
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
EK WEET EK GAN NOU NIE AS "HOOF TROS TOKKELOS" GESIEN WORD[VERAL ONDER DIE HILUX EN RANGER MANNE NIE] MAAR EK IS DIE TWEEDE EIENAAR VAN MY 250D ISUZU "97.
DIE BAKKIE IS IN N PUIK KONDISIE EN EK KRY 16.1 KM/L...
DIE BAKKIE IS IN N PUIK KONDISIE EN EK KRY 16.1 KM/L...
JAN-HENDRIK
- Geno
- Administrator

- Posts: 13659
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Dubbel kajuit diesel verbruik
Jannie.
Het jy jou Polo TDI motor in die kazoes gesit?
Het jy jou Polo TDI motor in die kazoes gesit?
Goed, beter, 6millimeter!
