Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post Reply
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by douw »

Hallo manne

Na aanleiding van 'n ander "post" wil ek graag insette kry rondom die volgende:

Jy vat 'n spesifieke maak teleskoop, selfde reeks. Die enigste verskil is die vergroting.

Die een teleskoop is 6-24 x50, die ander is 10-50 x 60.

Sal die beeldkwaliteit as albei teleskope op 24x is, dieselfde wees, of sal die 6-24 sin beter wees, of andersom?

Die volgende vraag, sou albei teleskope dieselfde grootte voorste lens he, bv 50. Sal dit dan 'n ander uitwerking op spesifiek die beeldkwaliteit van die lense he? Ek praat nie hier van ligdeurlating nie.

Ek hoor graag van die manne.

Groete
Douw
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by win270 »

Dit lyk my die veronderstelling is dat daar nie 'n verband bestaan tussen beeldkwaliteit en ligdeurlating nie . . . Ek is ook nou redelik deurmekaar.

Ligdeurlating is afhanklik van die grootte van die voorste lens.

Beeld se kwaliteit is afhanklik van ligdeurlating EN gehalte van die lense.

Dis maar my vereenvoudigde begrip en dalk sit ek die pot heeltemal mis hieroor.

Ek sou dus raai dat die antwoord op Douw se vraag hierbo is dat die 10-50 x 60 se beeldkwaliteit beter gaan wees as die ander een s'n . . .
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by douw »

win270 wrote:Dit lyk my die veronderstelling is dat daar nie 'n verband bestaan tussen beeldkwaliteit en ligdeurlating nie . . . Ek is ook nou redelik deurmekaar.

Ligdeurlating is afhanklik van die grootte van die voorste lens.

Beeld se kwaliteit is afhanklik van ligdeurlating EN gehalte van die lense.

Dis maar my vereenvoudigde begrip en dalk sit ek die pot heeltemal mis hieroor.

Ek sou dus raai dat die antwoord op Douw se vraag hierbo is dat die 10-50 x 60 se beeldkwaliteit beter gaan wees as die ander een s'n . . .

Ek verduidelik dalk verkeerd en gebruik dalk nie die regte terme nie. Maar as ek op jou antwoord hierbo 'n vraag kan vra. Jy se dat beeldkwaliteit afhanklik is van ligdeurlating asook van die gehalte van die lense. Nou wat ek verstaan uit 'n paar gesprekke is dat die beeldkwaliteit nie dieselfde is op die lense wat op die 24 vergroting gebruik word en die wat 50 vergroting het nie?

Vergeet voorlopig van die voorste lens wat verskil. Kom ons se albei teleskope het 'n voorste lens van 50. Wat is dan jou antwoord op die vraag van as albei teleskope op 24x gestel word?
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by win270 »

Douw, ek spekuleer ook maar . . . ek sou sê dat as albei se lense se kwaliteit dieselfde is asook die deursnit van elkeen, maar die vermoë om te vergroot wel verskil tussen die twee teleskope, hulle steeds op 24x vergroting dieselfde kwaliteit beeld sal lewer.

Ander manne wat meer weet, moet ons nou maar hier verder help, dink ek. (En hopelik ook mooi verduidelik)
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by Willie »

Douw

Loer bietjie wat hierdie vervaardiger te se het

http://burrisoptics.com/university.html
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by Jaco vdW »

Douw, jou tweede vraag is maklik om te antwoord - die 6-24x50 het n 50mm objektief (voorste) lens, en die 10-50x60 het n 60mm objetief lens. 6-24 en 10-50 is die mate van vergroting. Die 'xGetal' is die grote van die lens (deursnit in mm)

Hoe die vergroting van telescope werk, is min of meer so:
3x beteken dat die beeld lyk 3 keer groter deur die teleskoop as met die blote oog.
Die 'range' van vergroting werk in veelvoude vanaf die kleinste na die grootste vergroting. Jou voorbeeld van 'n 6-24 teleskoop, het die teleskoop n 4 voudige vergroting. Wat ek prober sê is dat 24 is 4 keer groter as 6. Die basisvergroting van die teleskoop is 6x (dws die beeld vertoon 6x groter deur die teleskoop as met die blote oog) en die maksimum is 24. Dus maak die teleskoop die beeld wat jy deur hom sien 4 keer groter in die proses wat jy die vergroting stel vanaf 6 na 24. En die beeld word vanaf 6 na 24 keer groter as wat dit met die blote oog sou wees.

Die 10-50 teleskoop het n 5 voudige vergroting - 50 is 5 keer groter as 10. Dus vergroot die spesifieke teleskoop sy beeld 5 keer, waar die 6-24 sy beeld 4 keer vergroot.

Interessant, die Zeiss HD5 telescope het almal dieselfde vergrotingsfaktor, naamlik 5. Die 2-10, 3-15 en 5-25 is almal n 5x vergroting van die beeld. Dit lyk vir my baie sinvol, want vanuit n vervaardiggingsoogpunt is die interne meganika en selfs die buise presies dieselfde, dis net die lense wat verskil.
Last edited by Jaco vdW on Fri Aug 08, 2014 12:31 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by Jaco vdW »

Wat die beeldkwaliteit betref, sou ek verwag dat die 10-50 teleskoop se beeld op 24x beter sal wees as die 6-24 teleskoop op 24x.

Op 24x het die 6-24 teleskoop sy beeld wat hy vertoon reeds 4 keer vergroot, terwyl die 10-50 teleskoop sy beeld nog net 2.4x vergroot het. Soos met meeste parameters is die grootste afykings naby die ekstreme. Ideaal sal mens in die middle van die instrument se 'range' wil werk, want daar is hy gewoonlik die akkuraatste / is die afwyking van die standard die kleinste.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by douw »

Dankie vir die "posts" sover. Ek luister graag verder.

Groete
Douw
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by win270 »

Goed verduidelik, Jaco! Nou . . . wat is die antwoord op die oorspronklike vraag:

"Sal die beeldkwaliteit as albei teleskope op 24x is, dieselfde wees, of sal die 6-24 sin beter wees, of andersom?"

Dit gaan dus oor kwaliteit van die beeld. Daar moet seker nou eers 'n gemeenskaplike definisie wees wat ons definieer as "beeld kwaliteit".

Ek wil nou ook nie verder probeer tegnies raak hieroor nie . . . weet steeds te min van optika af!! Ander manne se insette sal tog interessant wees om te lees.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by douw »

win270 wrote:
Ek wil nou ook nie verder probeer tegnies raak hieroor nie . . . weet steeds te min van optika af!! Ander manne se insette sal tog interessant wees om te lees.
Ek weet beslis ook te min. Sal graag wil hoor wat seg die slim manne
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by Sangoma (IAN) »

Jaco, ek kon dit self nie beter gestel het nie
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by Jaco vdW »

Jaco vdW wrote:Wat die beeldkwaliteit betref, sou ek verwag dat die 10-50 teleskoop se beeld op 24x beter sal wees as die 6-24 teleskoop op 24x.

Op 24x het die 6-24 teleskoop sy beeld wat hy vertoon reeds 4 keer vergroot, terwyl die 10-50 teleskoop sy beeld nog net 2.4x vergroot het. Soos met meeste parameters is die grootste afykings naby die ekstreme. Ideaal sal mens in die middle van die instrument se 'range' wil werk, want daar is hy gewoonlik die akkuraatste / is die afwyking van die standard die kleinste.
Dankie Sangoma en Ludwig.

Na aanleiding van n interessante artikel wat ek jare gelede gelees het, is daar 'n ander nuttige berekening om te maak wanneer jy tussen teleskope moet kies. Dit handel rond-om die hoeveelheid bruikbare lig wat jou oog bereik deur die teleskoop. Die outeur van die artikel gebruik die faktor "7" as die maksimum hoeveelheid lig wat jou oog kan benut. Vir enige faktor bo 7 is daar meer lig as wat jou oog kan benut, en sal die beeld nie waarneembaar beter wees nie. Hoe verder die faktor onder 7 daal, hoe minder lig is beskikbaar vir jou oog om te benut (sien).

Dit werk net soos met kamera lense, hoe langer die lens se fokale lengte, hoe laer dael die spoed met n gegewe lensopening (appature).

Nou die berekening: deel die objektief se deursnit (in mm) deur die vergroting.
Bv. vir n teleskoop met n objektief van 42, gestel op 3x vergroting, is die faktor 42/3 = 14. Die beeld gaan dus so helder wees as wat dit vir jou moontlik is om waar te neem.
Dieselfde teleskoop gestel op 6x gee n faktor van 42/6 = 7. Steeds gaan die beeld so goed as moontlik wees, maar nou gestel op 12x begin dinge bietjie anders lyk: 42/12 = 3.5 In die middel van die dag met helder sonlig gaan dit nie so groot invloed hê nie, maar in marginale toestande soos skemer of in ruie bos het dit n groot impak op jou beeldkwaliteit.

Vanuit die berekening kan ons duidelik aflei dat die objektief groter moet wees, om hoër vergrotings te akkomodeer vir optimale beeld kwaliteit. Teenoorgesteld verduidelik dit ook waarom klein, kompakte lae-vergroting teleskope steeds 100% effektief is met 25mm en 30mm objektiewe.

Die berekening kan gebruik word as n nuttige manier om te help kies tussen teleskope vir n spesifieke doel. Maar, soos met enige vergelyking moet ander eksterne faktore ook in ag geneem word soos die kwaliteit van die lense, ens. So is ek oortuig dat n Swarovski se 38mm lense vir my steeds n beter en helderder beeld gaan lewer as n "Made-in-China" se 50mm lens.
Last edited by Jaco vdW on Fri Aug 08, 2014 2:53 pm, edited 1 time in total.
Rikuss
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:27 am

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by Rikuss »

Nou die berekening: deel die objektief se deursnit (in mm) deur die vergroting.
Bv. vir n teleskoop met n objektief van 42, gestel op 3x vergroting, is die faktor 42/3 = 14. Die beeld gaan dus so helder wees as wat dit vir jou moontlik is om waar te neem..

HI Jaco,,as ek die artikel reg kan onthou handel dit oor die grote van menslike oog se PUPIL. 6mm is die deursnit van optimale lig inlating, dus 7mm is dus groter as die "aanvarbare" 6mm, dus sal alles na dit dieselfde of dalk swakker lyk, so ook anders om, sou die factor onder 6 wees, is die driehoeks meting kleiner, dus is beeld nie geoptimiseer op die retina nie.

Dis maar my scents worth
.22 , 22 Hornet, 243 Win, 7x57 , 308 Win,375 H&H, Martini Henry, 12 boor, 410, 9mm
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by Jaco vdW »

Sjoe Rikus, ek onthou nie so baie detail, maar dit klink logies!

Ek onthou net die wiskunde deel :P
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by Gian_dP »

Rikuss wrote:Nou die berekening: deel die objektief se deursnit (in mm) deur die vergroting.
Bv. vir n teleskoop met n objektief van 42, gestel op 3x vergroting, is die faktor 42/3 = 14. Die beeld gaan dus so helder wees as wat dit vir jou moontlik is om waar te neem..

HI Jaco,,as ek die artikel reg kan onthou handel dit oor die grote van menslike oog se PUPIL. 6mm is die deursnit van optimale lig inlating, dus 7mm is dus groter as die "aanvarbare" 6mm, dus sal alles na dit dieselfde of dalk swakker lyk, so ook anders om, sou die factor onder 6 wees, is die driehoeks meting kleiner, dus is beeld nie geoptimiseer op die retina nie.

Dis maar my scents worth

7mm is die grootste wat die meeste mense se pupille kan oopmaak om lig in te laat. In donkerte sal jou pupil so groot as moontlik oop wees om maksimum lig in te laat en somgoed moontlik te kan sien.
In helder daglig sal jou pupil baie kleiner wees maar sal steeds genoeg inlaat om goed te kan sien, baie beter as in die donker.

Voorste objektieflens deursnee gedeel deur die vergroting gee die waarde vir die "exit pupil" van die teleskoop. Indien hierdie waarde selfde as die grootte van die skut se pupil op daardie stadium is, word die maksimum lig wat die teleskoop deurlaat, gebruik om te sien.

Indien die skut se pupil kleiner as die waarde is( bv 3mm in helder daglig met 4x40 teleskoop, "exit pupil" van 10mm), laat die teleskoop meer lig deur as wat die oog kan benut. Beeld sal so goed wees as wanneer beide pupille gelyk is want daar is baie lig beskikbaar.

Indien die skut se pupil groter is as die exit pupil(nagskiet met pupil oop tot 7mm, 8x40 teleskoop met exit pupil van 5mm), laat die teleskoop minder lig deur as wat die oog kan gebruik en sal die beeld swakker wees as deur 8x56 teleskoop.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Dieselfde maak teleskoop, maar verskillende verg rotings

Post by douw »

Sjoe manne. Dankie vir al die "replies". Ek hou van al die nuwe inligting. Ek sal dit weer rustig moet deurlees en alles inneem.

Groete
Douw
Post Reply