'n Jag storie...

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

'n Jag storie...

Post by KalahariKlong »

Vier ouens het na dieselfde jagplaas in die Kalahari gegaan vir baie jare. Twee dae voor hulle weer sou gaan het Vossie se vrou haar voet neergesit en gesê dat hierdie keer gaan hy nie.
Vossie se pêlle was uit die aard van die saak baie ontseld, maar wat kan ‘n man maak.
Twee dae later toe die drie egter by die jagplaas aankom kry hulle Vossie sit by die vuur met ‘n bier in die hand. Tente was klaar opgeslaan. Vuurmaak hout op ‘n hoop en die vleis klaar op die rooster.
“Hoe lank is jy al hier? En hoe de hel het jy reggekry om jou vrou te kry om jou te laat kom” wou hulle weet.
“Wel ek het vroeg vanoggend hier aangekom”
“Gisteraand sit ek gatvol op my stoel by die huis toe my vrou van agter kom en my oë toedruk en vra “Raai wie” Ek haal haar hande af en sien dat sy die sexyste nightie aanhet.
Sy vat my hand en trek my kamer toe. Daar gekom sien ek ‘n klomp kerse wat brand en roos blare die hele wêreld vol. Op die bed lê daar toue en ‘n paar handboeie. Sy sê toe ek moet haar uittrek en vasmaak op die bed. Ek doen dit toe maar. Toe sê sy “Nou doen jy net wat jy wil”
So hier is ek...
User avatar
Yousuf
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 15, 2012 11:34 am

Re: 'n Jag storie...

Post by Yousuf »

http://i58.tinypic.com/2u599vo.jpg

En visvang!!! ;D
Do not disappoint a person who holds a good opinion of you, and do not make him change his opinion.
Post Reply