Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

338LM wrote:Die "direct impingement" tipe gewere blaas maar gas in die aksie in. Daar is nie salf aan te smere nie, behalwe om na 'n "piston" tipe oor te skakel.
Met 'n Adjustable Gas Block en Suppressor kry ek GEEN gas in my gesig met die Direct impingement.

Aan die ander kant weer, het vuil doppe meer te doen met gasse wat uit die KAMER terug blaas omdat die suppressor nog onder druk is as die slot oopmaak. Dit gebeur by Piston en DI gewere.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by James Wilson »

Baie dankie.

Ek hoor die manne maak hulle gewere skoon met carb cleaner? Ek sien hier is n helse leerkurwe vir my voor, ek bly voel en vat aan die gewere soos n mens aan n R/LM sal vat. Ek moet maar n mind shift maak en nuwe muscle memory leer. Het ure se youtube vids gekyk om net te leer fieldstrip.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Capt. Yoda »

Kan n man nie daai dele van die geweer wat sy vuil word sommer in n sonic cleaner laat pas nie of is hulle te groot?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by smitjs »

Dawie ou maat,
Ek wil jou nie uitskel as 'n vandaal nie.
Ek wil net 'n bietjie inligting gee.
Daardie wit isolatortjie wat sy stukkend geskiet het, se waarde is baie meer as wat jy dink.
Terloops, goeie skoot!
Die klein isolators met die skuins kant was genoem 'n nommer 7, en dit het 'n kleiner draad binnekant gehad as die groter nommer 2 en nommer 1 isolators.
Die no. 7 en die "clipstalk" waarop dit indraai, is baie gewild vir almal wat elektifiseerde heinings opsit. Dis ordes beter as die plasiese goed deesdae op die mark, en dit word nie meer gemaak nie. Die goedjies het geen beperkte leeftyd nie, en kan met enige draad gebruik word.
Die feit dat jy dit teen so 'n lae koste gekry het, is geen aanduiding van die waarde daarvan nie. Hulle was hoofsaaklik gebruik op die sg. "farmers" pale, die met die gietyster basis en parallel galvaniseerde pyp bokant. Die "clipstalk" was hoofsaaklik twee enerse stukke wat met twee boute vasgedraai het. Daardie pale is ook baie gewild vir baie doeleindes.
Die groter no.2 en no.1 isolators is nie so gewild vir elektrifiseerde heinings nie, omdat dit meer lomp en groot is.
Die draad wat jy saam gekoop het, indien enige, was baie moontlik galvaniseerde ysterdraad, en is ook geskik vir elektrifiseerde heinings en vele ander doeleindes. Die dikte van draad was ten tye gemeet in gewig per myl, en die algemene ysterdraad was 200 pond per myl. Die rede hoekom ysterdraad geskik is vir elektrifiseerde heinings, is omdat die spanning hoog is en die stroom baie laag. Dis ook hokom die isolators goed moet wees.
Groete
Johan Smit
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

Dankie Oom

Wil juis 'n stuk elektrifiseer vir bees, so sal nie weer nie, sal by die gong hou. Het 'n lekker braai al gemaak ook van die galv. pyp, die draad kom ook al jarre handig te pas. Om van die pale nie eers te praat nie.

Cheers

D
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

3 skoot groepie 100yds, +-24.5gr S321 gegooi met Redding Powder Measure

65gr Sierra Game Kings

http://i828.photobucket.com/albums/zz202/DawievdV/105_0632.jpg
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by smitjs »

Pragtig Dawie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by James Wilson »

Skote petoors!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

AR in Skietarm
http://i828.photobucket.com/albums/zz202/DawievdV/105_0648.jpg

AR lê in skietarm
http://i828.photobucket.com/albums/zz202/DawievdV/105_0647.jpg

Skietarm sy-aansig
http://i828.photobucket.com/albums/zz202/DawievdV/105_0645.jpg

Skietarm bo-aansig
http://i828.photobucket.com/albums/zz202/DawievdV/105_0644.jpg
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Capt. Yoda »

Dawie dit lyk dam bitter netjies
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Eerstens baie geluk met julle roere en tweedens baie dankie vir die waardevolle informasie wat julle hier met ons deel. Ek wag vir my Ruger SR556 se lisensie so slurp al hierdie informasie soos julle dit deurgee op.

Groetnis
Wouter
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by G-force »

Netjies Dawie,gooi kole maat!
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Jakkie 321 »

Dawie lyk mooi.
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

Dankie manne

Ek kon darem met die uittoets van die skietarm 'n 4" vierkantige gong raakgeskiet kry op 382 yards, dis nou met 65gr Sierra Game Kings. Aangesien ek net CCI 400 Primers het het ek nou oorgeslaan na S335 kruit 23,6gr.

Met die Burris Laser ScopeIII is die afstand/trajek nie 'n probleem nie, maar die prentjie wil vir my bietjie onduideliker voorkom as met my NXS op my 22-250 (het ongelukkig nie daar gehad om te vergelyk nie).

Nou ek het al heel paar goed omgedop met die 65gr SGK's, waarvan ek nog klomp(koëels) het. Maar nou wonder ek of dit ook sal werk op jakkasle? ? ? ?

Daar is nog paar 53gr V-maxe oor hier op my rak, maar S&O het nou nie meer voorraad nie. Dis altyd so 'n schlep as ou meer as een tipe koëel in 'n geweer moet skiet.

So my vraag aan die slimmes is sal dit moelikheid soek wees om ongediertes te skiet met dit SGK i.p.v. die V-maxe? ? ?

Cheers

Kojak

Ps. Wouter beplan jy om 'n suppressor op daai SR sit?
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

Eerste een.... teef 158yards. Gehoor antwoord, bearing gevat, afgery, nader gekiss.

Paar keer gerange voor ek geskiet het, taamlik agter die bosse uit geloer...Die scope (Burris BLS3) werk soos 'n bom.....
maklik, gou, vêr, klein teiken, tussen takke deur.

Die 65gr Sierra Game Kings @2800fps skuins van voor deur die enjinkamer het haar net daar gedrop.

http://i828.photobucket.com/albums/zz202/DawievdV/105_0657.jpg

Ek gaan so rukkie aanhou roep met die 65gr SGK's om te kyk hoe hulle perform.

Aangesien dit ook nou my bakkie, bike en stap roer ook nou is wil ek nie elke nou en dan moet scope instel tussen amo nie

Het op 'n Amerikaanse forum gelees van ou wat coyotes met 65gr SGK in sy AR skiet wat hulle doodmaakvermoë baie prys.

Ek het nou al van 'n dassie tot 'n paar koedoes met die 65gr'ners omgedop en is sover heel beindruk met doodmaakvermoë en akuraatheid.

Tot later

Cheers

D
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Wouter Roets »

Hallo Dawie

Askuus ek sien nou eers jou vraag aan my. Ek kan jou eerlikwaar nie huidig se of ek een gaan opsit of nie, aangesien ek nog nie mooi weet wat ek met die geweer wil doen nie. Ek het maar gedink hy gaan in my kamer kluis staan en so bietjie bakkie ry op die plaas. As ek hom kry sal ek kyk wat maak hy in die akuraadheids departement en dit maar gebruik as die bepalende faktor. Ek het n Leupold Delta Piont wat le in niks doen nie wat ek op hom wil sit. Verseker nie die beste as n mens akkuraadheid na streef nie. Ek het wel darem baie opsies wat maklik kan opkom/afkom agv die piccatinny rial en QD mounts.

Toevallig skiet ek ook 65gr Sierra Game Kings in my 1:9 twist 223 Ackley slotaksie vir n klomp jare. Ek het die geweer ook al gebruik op springbok oes werk. Die spoed is net onder die 3200ft/sek uit n 24 duim loop. Die koeels hou verbasend mooi bymekaar en ek het op daai trip ook n paar gemmies geskiet wat volkome penetrasie gegee op hulle koppe(voor tot agter). Op bladskote op kleiner diere is die reel ook oor die algemeen volkome penetrasie mits daar natuurlik nie groot bene gevang word nie. Soos reeds gese tree hulle glad nie dieselfde op as tipiese varmintkoeels nie en is hulle verbasend goed aanmekaar gesit. Uitgangswonde is nie veel meer as twee keer die kaliber nie en dui weereens op koeels wat mooi omklink en goed bymekaar hou. Verseker nie almal se smaak as dit kom by die idiale jakkalskoeel nie. n All-roander verseker in my boek.

Groetnis
Wouter
User avatar
Allieman
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Tue May 29, 2012 7:22 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Allieman »

Goeie naand almal.

My baas het self ook n Ruger mini14 met n mooi hout kolf,hy laai vir hom self en het een gevaarlike lekker lading vir hom. Ek het al self n paar onwelkom varke in ins groente tuin geskiet wat van ons werkers af gekom het en so ook al n klomp meerkatte op redelike afstande 100m plus. Die wapen groepeer nogal nie te sleg nie.

Ek het ook al gewonder of kan n man die ou gebruik om oom jakkie mee teklop. Ek weet net nie of n suppressor gaan werk op die semi outo nie. Hoekom ek so se gooi die semi outo nie meeste van sy klank by die sluitstuk uit nie soos wat hy sy gas gebruik om teherlaai of is ek verkeerd? Raad asb

Groete
Allie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

Allie....

Hy's wel sagter ja, kyk op die link....

https://www.youtube.com/watch?v=5O4sboKx2yY
User avatar
Allieman
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Tue May 29, 2012 7:22 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Allieman »

Dankie Dawie

Oom jak gaan op sy moses kry.

lekker dag manne
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

Dawie wrote:Allie....

Hy's wel sagter ja, kyk op die link....

https://www.youtube.com/watch?v=5O4sboKx2yY
As ou mooi op die video kyk kan jy sien daar blaas gas by die receiver uit as hy met die suppressor skiet teenoor sonder suppressor.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

Hallo

Het nou meer as 'n handvol jakkalse omgedop met die 65gr SGK in die AR.

Verste een was 305yards (ek het intussen die scope gestel om in meters te lees). Het uit die skietstoel op 'n teiken getoets tot op 416m en die somme blyk reg te wees. Ek het op ons hoogte 650m bo seespieël die dropnommer op 212 (duim val op 750yards) en BC .31 (tel 0.02 by vir hoogte)

Die jakkalse hol bietjie vêr na my smaak met bv. 'n pens of agter die blad skoot. Die uitgangswonde is klein (soos Wouter bo genoem het).

Ek gaan nog so rukkie met hulle skiet en dan weer met die 53gr V-maxe begin skiet en kyk hoe hulle loop.

Cheers

D

Ps. Ek het nou 'n juk gekry vir 'n 243 WSSM Upper (Mag dit asb. oorwaai!!!)

http://www.midwayusa.com/product/398382 ... -24-barrel
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

Ruger Mini 14 Target met "Adjustable Harmonic Dampener" akuraatheid....

https://www.youtube.com/watch?v=z89nJ5zA4bI
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by smitjs »

Fantasties! Dis natuurlik nie eens die standaard loop op die gewone mini 14 nie.
Jou AR is ook fantasties. Wanner jy moeg raak vir hom, laat my weet asseblief!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by James Wilson »

Gister hierdie twee in die reën omgedop. Dit voel of dit nie langer as vyf en halwe sekonde geneem hetom drie te skiet nie. Konnie die derde een in die gietende reën opspoor nie. Ek het om die draai in n tweespoorpad afgekom op die drie wat saam speel. N gewone jaggeweer sou nie hier gewerk het nie. Die afstand was seker so 120m, almal het gehardloop, gelukkig reguit weg van my af. Het seker so 10 skote gebruik. Twee het ek twee keer geskiet. Dit was nou groot sports
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???

Post by Dawie »

James Wilson wrote: N gewone jaggeweer sou nie hier gewerk het nie.
8)


Ps. Almal sal seker nie met jou saamstem nie >:D
Post Reply