Ek kan so maksimum R6,000 spandeer op 'n Bushnell verkyker. Watter van hierdie fabrikaat ken julle goed en sal jul aanbeveel vir jagdoeleindes? Dit moet lig wees om ver ente te kan saamdra, maar tog moet dit in beide bosveld en vlaktes die werk kan doen. Ek skiet tot so op tot 300 meter maksimum.
Let wel, ek is beperk om 'n keuse te maak m.b.t. Bushnell en nie ander fabrikate nie.
Hoop julle kan my goeie advies gee . . .
Dankie by voorbaat.
Bushnell verkykers
- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: Bushnell verkykers
Hello
Gaan maak n draai by S&O se Rivonia tak en vra vir Jannie om jou die Bushnell Excursion HD 10x42 te wys.
teen R4450.00 gaan jy sukkel om hulle te klop, edge to edge is hulle baie skerp en sit lekker in jou hand.
Groete H

- Skywalker
- Full Member

- Posts: 130
- Joined: Thu Jul 31, 2014 11:43 am
Re: Bushnell verkykers
Hi win270
My pa gebruik die Bushnell Fusion 1 mile arc 10-42 verkyker met die ingeboude rangefinder en ek kan se dat dit n ordentlike ding is, sy glas is helder en duidelik en hy focus maklik op die oog, dit is nou nie jou swarovski nie maar vir sy prys en wat hy kan doen dink ek dit is nie sleg nie. Die spesifieke een wavan ek nou praat sal natuurlik duurder wees as jou budget omdat hy die rangefinder in het. Ek het gesien hulle maak die 10-42 in n "Bear Griylls" edition ook dit lyk soos die selfde ding net sonder die rangefinder en waterproof en so aan, hy behoort beter geprys te wees.
Hoop dit help

Long Range
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer
Self Defence
Beretta 90-Two 9mm
Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer
Self Defence
Beretta 90-Two 9mm
Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Bushnell verkykers
Dankie vir die advies, manne. As daar nog van julle is wat in die R6,000 prysklas positiewe of negatiewe kommentaar het oor die Bushnell verkykers, laat hoor maar gerus van julle . . .
Groetnis
Groetnis
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Bushnell verkykers
Ek het ook Excursion 8x42 gehad en dit was baie goeie waarde vir geld. My vriend het to die Legend HD 8x42 wat omtrend in die R6000 prysklas is. Dit kom standaard met die skouer harnas wat dit gemaklik maak om met die vêrkyker te kan stap en jag. Baie mooi glas, maar ek kon vinniger met die Excursion op die oog gefokus kom as met die Legend.
Jannie Welman
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: Bushnell verkykers
ek het vir jare 'n bushnell yardage pro range finder/verkyker gehad. ongelukkig laas jaar in die jagveld 'hom so hard gestamp sy fokus knop het afgebreek. Weggestuur na Bushnell en al kon hul hom nie red nie het hul terugekom na my toe en vir my baie goeie afslag aangebied op enige bushnell verkyker wat ek sou in belangstel.Wou graag die arc rangfinder/verkyker hê maar het toe eerder besluit om 'n kombinasie te koop so as die een breek ek nie albei weer verloor nie. my punt is dat agv hul goeie diens sal ek hul ondersteun. Niks fout met die kwaliteit in enige prysklas nie..jy betaal mos vir wat jy wil hê!
Sterkte met jou besluit en is seker jy sal die regte een Bushnell koop...
Sterkte met jou besluit en is seker jy sal die regte een Bushnell koop...
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Bushnell verkykers
Dankie, Dawie. My hart is tans op die Bushnell Legend ED 10x42 . . . min of meer in die R6,000 prysklas en lyk my sal meer as genoeg aan my behoeftes voldoen. Ai, nou is die vlg jagseisoen so vrek ver!!
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: Bushnell verkykers
mooi man! jy moet maar 'n vinnige trippie inwerk voor die einde van die maand! 