Is dit goeie gene?

PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Is dit goeie gene?

Post by PWV »

Wonder of 'n mens bulpille vir bokke kry - bokpille?
Basjan die springbok, het volgens Die Burger dit nodig om te wys wat hy insteek met die 70 ooie wat aan hom toevertrou is.

http://www.dieburger.com/nuus/2014-08-0 ... -hom-steek
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Is dit goeie gene?

Post by 375fanatic »

henried wrote:Twee weke terug se W&W, het hulle met Adam Tas se pa gesels, hy noem toe dat daar selg 300 suiwer Zabiese Sables in SA is...

Vriend van my boer met die Sables, Njalas, en Buffles, as ek hom reg verstaan kyk hy na die bloed lyn, amper soos die boere na stoed bulle en ander diere kyk.

Hy voel dis waar die geld gaan wees, die oorspronklikke suiwer ras.

.
stem saam daarmee kan ek saam leef of om n 60duim koedoe die koeie te laat dek want dit verbeter die kwaliteit en benadeel nie die spesies soos ons dit ken nie. dit maak dan die boerdery meer winsgewend wat nie die binnelandse jag industrie affekteer nie aangesien 2/3 van die jag inkomste deur binnelanders gespandeer word. daar sal maar vir altyd die onderskeiding tussen biltong en trofee bly .

nog n ding is as daar nie vir alle vlakke van n industrie gecater word nie val hy plat
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Is dit goeie gene?

Post by matewis »

Ek sien dinge ook dat suiwer meer volhoubaar gaan wees. Dit is sleg vir die jagter as "gewone" bokke rekordpryse begin haal maar dalk goed vir die behoud van die suiwer rasse.

Dis was tot nou toe snaaksegeid om variasies te hê maar hoe meer algemeen dit raak hoe meer sal die manne met die diep sakke weer terugbeweeg na suiwer rasse met die langste horings. Dis dieselfde speletjie as wat Apple al die jare gespeel het, hulle wys die massas wat die volgende behoefte gaan wees en kyk dan hoe die mark vanself geskep word. Die telers het gewys hoeveel geld gemaak kan word maar daar is net soveel variasies, so kom ons doen dieselfde strategie maar met suiwer rasse.

Die groot verskil met n springbok is dat dit baie maklker is om R1.2m terug te maak deur 70 springbokkies op te veil as 70 sables, hoe sê die Engelsman? "Lets make the circle bigger!". Meer manne wat kans sal sien om n springbok-stoet te begin as n sable-stoet.

They are playing the tune and its topping the charts!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Is dit goeie gene?

Post by Koos Barnard »

Almal praat van beter gene en beter bokke maar iets wat ek nog nie verstaan nie is die volgende:

Hierdie duur bokke word in die baie gevalle deur eienaars gepamperlang (so wil dit voorkom as jy na die klein teelkampies en die behandeling kyk wat hulle ontvang). Hulle word gereeld vir bosluis gespuit, fyn dopgehou vir siektes en behandel, kry spesiale lekke, word van ongediertes af weggehou.

My vraag is nou of hierdie bokke nie later hul natuurlike immuniteit teen siektes en bosluise gaan verloor nie. Versterk of verswak jy die gene? Ek is vertel van iemand wat 25 swart rooibokke aangekoop het uit klein teelkampie. Hulle op sy plaas gaan los en 22 het gevrek agv bosluise. Is die bont bokke beter of word hulle soos resiesperde gepamperlang? Wat gaan die uiteinde wees?
Mooi loop
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Is dit goeie gene?

Post by Hugo »

Koos Barnard wrote: Ek is vertel van iemand wat 25 swart rooibokke aangekoop het uit klein teelkampie. Hulle op sy plaas gaan los en 22 het gevrek agv bosluise.
Oom Koos,

Ja die Swartrooibokke is maar trietsig, maar dis maar soos alle ander rooibokke, jy kannie hom van suurveld na soetveld skuif nie, hy gan omkap, hy wil nie op die Hoeveld loop en dan gooi jy hom onder die Hartwater gordyn in duskant Rustenburg nie, dan gan hy ook vrek.

Maar die gewone rooibokke het ek gelet dat hulle maar dieselfde is, vrek vir n grap as jy hom skuif na n ander habitat.

Die diere kry bitter goeie behandling, kom ons steek dit nie vir mekaar weg nie, maar al die wild by ons kry ook sulke behandeling, ek sit spesiaale lekke uit, my krippe word gewas elke 3-4 maande, ek het 2 bosluis spuite.

My grootste issue is dat die bokke op voer lewe, en voer alleen, daai bok moet van die veld af leef en voer kr as n byvoeding, soos al die ander wil dop die plase.

Opinies is soos poepolle, almal het ene.
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Is dit goeie gene?

Post by matewis »

Verder Koos, is dit moontlik om met "wilds"spesies (game) te "teel"? Of word dit dan n stoetery? Kan mens iets wat geteel is nog "wild" noem?

Verskoon as ek aspris klink, ek is nie gekant teen wat in die bedryf gebeur nie, inteendeel dis vir my baie interessant. Maar dat dit n negatiewe impak op die biltongjagter gaan hê, dit glo ek wel.

En dalk nie te ver in die toekoms gaan die n groot aanbod die mark tref vir "free-range species", wat natuurlik op daardie stadium weer duurder sal word as geteelde bokke ( net soos in die hoenderbedryf).

Dan sal ons om die vuur sit en die goeie ou dae herleef en vir mekaar sê, "the more things change, the more they stay the same".

Groetnis
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Is dit goeie gene?

Post by PWV »

.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply