Hello Julle

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
meester50
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Wed Jul 30, 2014 12:53 pm

Hello Julle

Post by meester50 »

More julle,

Ek lees nou al 'n julle lang ruk verskillende onderwerpe op die forum en gister wel besluit om ook aan te sluit.

Ek het so 2 vrae wat ek graag wil vrae, maar glo ek sal seker 2 nuwe "topics" in afsonderlike sub-afdeelings moet plaas?

1) Ek het tans 'n Parker Hale .375 H&H en probeer nou al 'n geruime tyd 'n laading ontwikkel wat goed werk. Ek hou baie van die kaliber, maar vir my om laading ontwikkeling op hom te bereken raak bietjie erg en ek begin vinnig "flinch" en "anticipate" die skoot. Ek het nou besluit om 'n Refelx Suppressor aan te skaf en sal nogals graag julle opinie wil weet. Ek sien daar is tans 'n aktiewe Thread rondom die Stilste Knaldemper, maar vir my gaan dit eerder oor die recoil as die klank. Dit wil wel voorkom of mens met so reflex KD ook sal kan walk en stalk? Maar ek sien wel van die manne wat die vervaardig se KD raak nogals lank en swaer. Enige voorstelle vir die beste Reflex KD vir 'n .375?

2) Ek is in die mark om 'n 2de geweer aan te skaf en ek het besluit op 'n 6.5x55SE. Ek is op 'n redelike budget en die gewere wat ek sien in my klas val is onder andere die Howa, CZ 550 (maar ek hou glad nie van sy kolf nie). Ek het wel die nuwe gewere onder die "ou naam" van Ermelo gesien, en wel die threads op die forum gelees en ek verstaan die situasie en die naam van ouds en die nuwe geweer. Ook het ek een thread gesien van 'n paar manne wat nie sulke goeie diens van die winkel af gekry het nie, maar nie noodwendig probleme met die gewere nie (behalwe een as ek reg verstaan), maar eerder naverkope diens vanaf die manne by die winkel? Elke jaar wil dit voorkom die manne verkoop klomp gewere, veral by Huntex, maar nerns kan ek regtig 'n review of iemand se terugvoer rondom die geweer self kry nie. Ja ek verstaan dis nie die ou geweer nie en ek probeer dit glad nie vergelyk nie. Ek hou wel van hoe hy lyk en hoe hy vashou en hy val ook tans binne my budget. Wat is julle manne se algemene gevoel oor die nuwe gewere (en kom ons noem hulle sommer X Rifles). En as dit moontlik is die kaliber 6.5x55 in hierdie nuwe gewere? Is daar iemand wat een het, wat iemand ken wat een het, wat al met een geskiet het wat dalk kan kommentaar lewer? Is dit die moeitewerd om so geweer te oorweeg vergelyking met die ander wat ook tans in my budget val? Of wat sal julle manne my aanraai om te kry op hierdie budget? Ek sal baie graag wel 'n nuwe geweer wil he, maar as dit nie so uitwerk nie sal ek settle vir 'n mooi, goeie 2de handse geweer ook. Indien daar manne is wat my eerder wil PM met hulle meening, voel asb vry om dit te doen of julle kan my self email ook. EK sal dit baie waardeer.

Laat weet maar as ek hierdie 2 vrae in afsonderlike "Threads" moet gaan vrae.

Baie dankie,
Brian
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Hello Julle

Post by GERT vd M »

Welkom hier Brian. Hou maar die post oor die silencers dop voor jy koop. As die manne iets aanpak(toets) doen hulle dit oordentlik Ek is self in die mark vir 2 van hulle
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hello Julle

Post by tripodmvr »

Welkom hier.

Ek is van die ouer garde as dit by gewere sonder goeters voor aan die loop kom. Ek loop en jag. Ek sien die waarde van klankdemping in tesame met die afname in terugslag, maar die lompheid van 'n klankdemper is wat my daarvan afsit. Geluide is daar dat die refleks tipes verwering voor in die loop aanhelp. Probeer jou skouer beskerm wanneer jy met die 375 van die bank af skiet. Sandsakkie, opgerolde handdoek ens om die seer te vermy en nie die "flinch' aan te leer nie.

Vir die 6,5. Ek hou ook nie van die Europese kolwe op die CZ nie. Dit lyk mooi, maar is nie goed vir skiet met 'n teleskoop nie. Howa is 'n bewese akkurate geweer en sal jou nie teleurstel nie. Jy kan kolwe op albei gewere vervang om 'n beter pas te verseker.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1704
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Hello Julle

Post by Vlakvark Soldaat »

Welkom. Jy kan altyd n blitsbreker/muzzlebreaker laat opsit, hy is letterlik 5cm lank en fraksioneel dikker as jou loop, ek het een op my 30-06 en die recoil is tans dieselfde as my 243 sin. Nadeel is vir die ander manne wat langs jou sit op die skietbaan, maar in die veld werk dit soos n bom want die bokke kan ook nie die rigting van die skoot bepaal nie.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Hello Julle

Post by jamalley »

Welkom Brian, jy gaan verseker hulp hier kry, hoop jy geniet dit op die forum.
Post Reply