Is dit goeie gene?
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Is dit goeie gene?
Wonder wat sal hierdie boki op die veiling haal.
Die natuurlike is nie meer goed genoeg nie!
http://www.dieburger.com/nuus/2014-07-2 ... by-veiling
Die natuurlike is nie meer goed genoeg nie!
http://www.dieburger.com/nuus/2014-07-2 ... by-veiling
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Is dit goeie gene?
Oom Pieter, ek sal laat weet, ek moet die veiling bywoon
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Is dit goeie gene?
James
Ek stel baie belang in oom Julian se springbok pryse. Snik wou nog saam 'n pel inkoop, toe sien ek daar is een verkoop vir R304K....dis baie Kalahari jagte daardie.
Ek stel baie belang in oom Julian se springbok pryse. Snik wou nog saam 'n pel inkoop, toe sien ek daar is een verkoop vir R304K....dis baie Kalahari jagte daardie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Hennie Dreyer
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm
Re: Is dit goeie gene?
Pieter: Woorde soos 'goeie genetika' en 'unieke kleurkombinasies' beteken vir my as biltongjagter rerig baie min. Tensy hierdie gemanipuleerde diere vir sirkus doeleindes geteel word is hulle vir my niks meer werd as ons eg trots 'inheemse' bokke wat ek van kleintyd af leer ken het nie.
Die goed se vleis is nie lekkerder nie (smaak maar dieselfde...en ja...ook 'n snaakse ene per ongeluk geskiet), en hulle gee my ook nie 'n beter jag nie....wat gaan aan met ons mensdom tog....? Seker geld

Hennie
.308 CZ 550 Lux
.308 CZ 550 Lux
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Is dit goeie gene?
James Wilson wrote:Oom Pieter, ek sal laat weet, ek moet die veiling bywoon
Oom Pieter, ek het toe nie die veiling bygewoon nie. Siek in die bed(endelik herlaai ek
Die bokkie het toe gegaan R5.5 milj. As ek daardie bok verseker het, het ek nou lekker by S&O ingestap.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Is dit goeie gene?
Ek het al by Petri Snyman gejag wat so Saalrug Blesbok gekoop het vir 230K en die jaar verkoop het by Kirkwood veiling vir R7.8 Miljoen.
Ek is seker hy is ook nie gepla of hy dieselfde proe as 'n gewone Blesbok nie.
Ek reken as daar 'n "gap" is moet 'n man hom vat.
Die kopers het erken hulle sou tot 8 Miljoen gegaan het en die verkoper het erken hy sou 2.8 m gevat het.
Mal wêreld.
Ek is seker hy is ook nie gepla of hy dieselfde proe as 'n gewone Blesbok nie.
Ek reken as daar 'n "gap" is moet 'n man hom vat.
Die kopers het erken hulle sou tot 8 Miljoen gegaan het en die verkoper het erken hy sou 2.8 m gevat het.
Mal wêreld.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Is dit goeie gene?
Die resultaat van die veiling op Jan Kemp.
Ek kan nie eintlik opgewonde raak oor hierdie dinge wat nou kop uitsteek i.v.m. sulke misgewasse in die natuur nie!
http://www.dieburger.com/nuus/2014-07-3 ... e-vir-wild
Ek kan nie eintlik opgewonde raak oor hierdie dinge wat nou kop uitsteek i.v.m. sulke misgewasse in die natuur nie!
http://www.dieburger.com/nuus/2014-07-3 ... e-vir-wild
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Is dit goeie gene?
So altwee partye is gelukkig! Vryemark op sy besteGreyGhostGear wrote:Ek het al by Petri Snyman gejag wat so Saalrug Blesbok gekoop het vir 230K en die jaar verkoop het by Kirkwood veiling vir R7.8 Miljoen.
Ek is seker hy is ook nie gepla of hy dieselfde proe as 'n gewone Blesbok nie.
Ek reken as daar 'n "gap" is moet 'n man hom vat.
Die kopers het erken hulle sou tot 8 Miljoen gegaan het en die verkoper het erken hy sou 2.8 m gevat het.
Last edited by Smitstertjies on Thu Jul 31, 2014 3:28 pm, edited 1 time in total.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Is dit goeie gene?
Die maligheid raak net erger...
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13639
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Is dit goeie gene?
Daai Springbokke is bitter mooi vir my
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Is dit goeie gene?
Ek lees in die African Outfitter skryf Peter Flack dat SCI en Roland Ward nie hierdie nonsens (ek het eintlik 'n "sterker" woord) in hul rekordboeke sal laat aanteken nie.
As dit werklik die geval is, is hierdie geneties verswakte diere se waarde 'n groot NUL vir buitelandse jag.
Dalk bars hierdie bubble binne kort...
Dan kan die jag/wildbedryf weer na normaal terugkeer.
As dit werklik die geval is, is hierdie geneties verswakte diere se waarde 'n groot NUL vir buitelandse jag.
Dalk bars hierdie bubble binne kort...
Dan kan die jag/wildbedryf weer na normaal terugkeer.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13639
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Is dit goeie gene?
Nie een van die groot "record boeke" se hul sal dit aanvaar nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Is dit goeie gene?
Die gewone springbokke van bv Jules of the Karoo word aanvaar. Hulle jagters het SCI plasings.
Maar ek dink dis nou heel mal. Die pryse van teel ooie gaan die hoogte inskiet - reeds aanduidings daarvan.
Maar ek dink dis nou heel mal. Die pryse van teel ooie gaan die hoogte inskiet - reeds aanduidings daarvan.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Is dit goeie gene?
Ek hou natuurlik niks van die teel ding nie, goue wildebeeste ens, die goed is bleddie lelik en duur.
Hierdie blesbokkie aan die ander kant is nogal iets wat my trek, eerste teel bok wat nie vir my lelik is nie
Hierdie blesbokkie aan die ander kant is nogal iets wat my trek, eerste teel bok wat nie vir my lelik is nie
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Is dit goeie gene?
Chris Swart wrote: dat SCI en Roland Ward nie hierdie nonsens (ek het eintlik 'n "sterker" woord) in hul rekordboeke sal laat aanteken nie.
As dit werklik die geval is, is hierdie geneties verswakte diere se waarde 'n groot NUL vir buitelandse jag.
Wat sal die rede wees dat hulle nie aanvaar sal word nie? Tog is die diere in groot kampe saam ooie?
Wat is die verskil tussen hom en ene wat op 2000ha rond hol in die karoo? Is daar "criteria" waar aan n trofee moet voldoen om te kan deel wees van n RW of SCI?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Is dit goeie gene?
Hugo
Die beginsel is volgens SCI en RW is die Saalrug blou vlek blesbok net 'n blesbok. Dus hulle sal seker sy horing lengte laai as dit kwalifiseer. Hulle kwalifiseer sub spesies soos die lesser kudu en greater kudu, maar onderskei nie tussen die klein koedoe in die Kaap vs die in die Bosveld nie.
Die gewone springbokke word gelys op SCI.
Die beginsel is volgens SCI en RW is die Saalrug blou vlek blesbok net 'n blesbok. Dus hulle sal seker sy horing lengte laai as dit kwalifiseer. Hulle kwalifiseer sub spesies soos die lesser kudu en greater kudu, maar onderskei nie tussen die klein koedoe in die Kaap vs die in die Bosveld nie.
Die gewone springbokke word gelys op SCI.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Is dit goeie gene?
SCI onderskei wel tussen bosveld koedoes en Ooskaap koedoes.Carl wrote: Hulle kwalifiseer sub spesies soos die lesser kudu en greater kudu, maar onderskei nie tussen die klein koedoe in die Kaap vs die in die Bosveld nie.
http://www.scirecordbook.org/eastern-cape-greater-kudu/
Goed, beter, 6millimeter!
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Is dit goeie gene?
My argument verwys na Basjan, die 18" Ram wat meer as my huis kos?
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Is dit goeie gene?
Ons natuurbewaring onderskei ook nie onder die spesies nie, rooibok is n rooibok, jy het geen spesiale permit nodig om n swart rooibok te koop nie, asook n goue wildebees, as jy gewone Blouwildebeeste het kan jy n goue bul ook aanhou.
Net so brokkie nutelose info.
Net so brokkie nutelose info.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Is dit goeie gene?
Ek voorsien dat dit ook nie 100 jaar gaan wees voordat jy jou ore van jou kop af gaan betaal vir 'n " oorspronklike kalahari springbok" of 'n "natuurlike hartmann's sebra" nie.
Iewers gaan die mens agterkom dat die mooiste diere maar die is soos wat die Skepper hulle gemaak het, en nie die wat die mens probeer uitdink het nie.
Dan gaan jy groot geld betaal vir 'n zebra met swart en wit strepe, ipv 'n net 'n swart of net 'n wit sebra... (die Groot Man het elkgeval lankal al daaraan gedink, die verskil is net Hy't dit 'n donkie genoem toe Hy dit so geskape het....)

Last edited by Piet Pille on Fri Aug 01, 2014 9:52 am, edited 1 time in total.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Is dit goeie gene?
Geno feit, ek het nou weer gecomment met voorbeeld sonder om na te vors.. soos baie van ons verslagewers.
In die geval van Basjan... wonder ek nou weer of die kontant werklik hande wissel. As ek weer tyd het gaan ek die NPV van die R1.2m uitwerk en vergelyk met ander tipe beleggings. Hoeveel ooitjies kan so ram uitsort elke jaar?
In die geval van Basjan... wonder ek nou weer of die kontant werklik hande wissel. As ek weer tyd het gaan ek die NPV van die R1.2m uitwerk en vergelyk met ander tipe beleggings. Hoeveel ooitjies kan so ram uitsort elke jaar?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Is dit goeie gene?
Hugo wrote:Chris Swart wrote: dat SCI en Roland Ward nie hierdie nonsens (ek het eintlik 'n "sterker" woord) in hul rekordboeke sal laat aanteken nie.
As dit werklik die geval is, is hierdie geneties verswakte diere se waarde 'n groot NUL vir buitelandse jag.
Wat sal die rede wees dat hulle nie aanvaar sal word nie? Tog is die diere in groot kampe saam ooie?
Wat is die verskil tussen hom en ene wat op 2000ha rond hol in die karoo? Is daar "criteria" waar aan n trofee moet voldoen om te kan deel wees van n RW of SCI?
Soos ek die artikel verstaan, is dit omdat hulle die teel van hierdie wild as kunsmatig gemanupileerd beskou.
Flack noem ook dat hy bang vir die tendens om gewone kleur bokke vir langer horinglengte te teel. Dit kan ook lei tot uitsluiting deur die "Boeke", wat 'n negatiewe efek op SA as jagbestemming sal hê.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2352
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Is dit goeie gene?
Twee weke terug se W&W, het hulle met Adam Tas se pa gesels, hy noem toe dat daar selg 300 suiwer Zabiese Sables in SA is...
Vriend van my boer met die Sables, Njalas, en Buffles, as ek hom reg verstaan kyk hy na die bloed lyn, amper soos die boere na stoed bulle en ander diere kyk.
Hy voel dis waar die geld gaan wees, die oorspronklikke suiwer ras.
Sy groei op die Sables, as ek reg ontou is meer as 40%, buffels net so onder 20%.
Vriend van my boer met die Sables, Njalas, en Buffles, as ek hom reg verstaan kyk hy na die bloed lyn, amper soos die boere na stoed bulle en ander diere kyk.
Hy voel dis waar die geld gaan wees, die oorspronklikke suiwer ras.
Sy groei op die Sables, as ek reg ontou is meer as 40%, buffels net so onder 20%.
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Is dit goeie gene?
Henrie
Moenie Baster Gemsbokke en Tsessebe weg gooi nie.
Moenie Baster Gemsbokke en Tsessebe weg gooi nie.
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Is dit goeie gene?
Het met iemand gesels wat op die veiling was. Hy het vir mense daar genoem dat hy springbokke het wat nie n spesifieke kleur variteit is nie maar wel anders lyk as normale bokke. Bloot n kleur mutasie. Nou bel almal hom mal met belaglike aanbodte.
Hierdie hype gan net meer momentum kry soos verskillende mutasies uitdop.
Dis nou maar my mening.
Hierdie hype gan net meer momentum kry soos verskillende mutasies uitdop.
Dis nou maar my mening.