Luiperd skade

Post Reply
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Luiperd skade

Post by Shindzela (Pierre) »

Dag manne

EK het so bietjie raad nodig. Hier op die plaas het ek die laaste jaar omtrent 15 van my blesbokke vrloor agv luiperds en bruin hyena, die luiperd het juis gister aan so jaar oue koedoe koeitjie teen die heining gevang!

Hoe maak n man dan nou? Vang hokke, of permitte vir probleem dier skiet?

Ek hoor graag die manne se raad.
Life's a journey, enjoy the ride!
User avatar
afriventure
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm

Re: Luiperd skade

Post by afriventure »

Jammer om te hoor van jou skade, ek weet nie waar jy boer nie, maar gewoonlik is die luiperd/blesbok probleem in areas waar blesbokke nie natuurlik voorgekom het nie en "ingesit" is, so kom ek neem nou aan jy is in die bosveld?

Om dat blesbokke dan in diesulke areas nie baie, baie groot ooptes het soos bv in die vrystaat nie, en hulle eintlik dom slapers is kry die luiperds hulle maklik gevang omdat die die bos en klein ooptes so naby mekaar is.

By ons het ek in 2 jaar omtrent 90 so verloor en later maar moed opgegee met die blesbokke en maar saamgeleef met die luiperds, die ander wild wat meer natuurlik voorkom in die omgewing, sien jy nie so geredelik die skade/vangste aan die bokke nie.
Dit is omdat ons blesbokke maklik in die ooptes kan tel dat jy die drastiese vermindering kan sien/tel.

Onthou dat die luiperds by jou ewe veel ander prooi vang om aan die lewe te bly wat jy nie noodwendig agterkom nie, dit is net seker van dat jy blesbokke het, dat hulle ook maar deurloop.
Skade permitte vir wild wat hulle vang word nie maklik verkry nie! indien ooit.

Net my 2 sent - sterkte ek stel voor leef maar saam met hulle.
Kap hom Kwagga!!
.22lr, 22-250, 243 win., 270 win, 30-06 x3, 300 win mag, 338 win, 375 H&H,
458 win, 458 Lott, 12 Br Haelgew x 3, 410 Dubbel, 9 mm, .38 sp
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Luiperd skade

Post by Francois Marais »

Shindzela

JY moet maar jou somme self maak, soos afriventure voorstel, om saam met hulle te leef, sal seker werk AS jy nie van jou wild afhanklik is nie. Solank hulle by die Blesbokkies hou is dit seker nog half aanvaarbaar, maar as hulle na die Sable en Roan kalwers beginne kyk, is dit nie meer so maklik om SAAM met hulle te lewe nie.

My 2c.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Luiperd skade

Post by Chris101 »

Kry permit en laat hom skiet deur iemand met baie geld.
So dek jy van jou skade.
Knou die gediertes AF.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Luiperd skade

Post by Wouter Roets »

Ek het dieselfde probleem met ou kolle en die enigste raad is begin maar hokke kry en gaan steek maar kers op by die manne wat weet hoe om hulle te vang. Glo my dit vat maat baie probeer! Skadepermitte is so uit soos m , nee wag laat ek liewer stilbly. As jy een gevang kry kontak wildtelers wat met hulle boer, hulle sorteer gewoonlik die permitte self uit. Baie sterkte ou maat, ek het een gehad wat in die begin van die jaar n volgroeide koedoe koei gevang het en vir meer as 80 meter gesleep het onderdeur die geelektrifiseerde wildheining getrek het!
Baie sterkte
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Luiperd skade

Post by jaracal »

Volgens TOPS mag 'n luiperd nie gevang word nie sonder 'n permit nie en moet die saak deur die owerhede handteer word. Boete kan tot R100 000-00 beloop en die Stel van hok kom op jag neer.
As jy in die bosveld is het jy 'n wesenlike probleem.
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Luiperd skade

Post by Tiny »

Oom Heinrich..
Ek het my CHASA in die begin van die jaar gedoen en daar het hulle die wette omtrent vanghokke behandel en dis reg ja.. Volgens TOPS het jy 'n permit nodig.. Maar die idee om te vang is seker die beste.. (as jy nou jou permit het) maar dis seker 'n gesukkel om 'n permit te kry.. Of is ek verkeerd?
Groete
Tiny
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Luiperd skade

Post by jaracal »

Tiny, hang af in watter provinsie en wat se skade jy het?
Waar is jou naaste natuurbewaring(omgewingsake) kantoor.
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Luiperd skade

Post by Tiny »

Om Heinrich..
Dit maak sin.. Maar as jy soos ons in die Oos-kaap bly. Dan is jy gewoond daaraan dat alles lank vat!.! Haha
Post Reply