Hawk Sidewinder 4-16x50

User avatar
Robin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Thu Mar 20, 2014 11:06 am

Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by Robin »

Middag Manne

Ek besit tans n redelike nuwe Leupold VX1 3-9x40 teleskoop,omtrent so jaar oud. Hy skiet baie lekker en is so helder soos dag lig maar ek is opsoek na iets met n bietjie meer vergoting. Ek het vandag gaan kyk na n paar teleskope en die verkoopsman wys toe vir my die Hawk Sidewinder 4-16X50. Hy lyk redelik goed en ek hou baie van die kruishaar. Die prys is ook glad nie sleg nie. Is daar dalk iemand wat so een besit of meer weet van hom en meskien my n rede gee hoekom ek dit nie moet koop nie. Ek wil nie dit gaan koop em more is ek spyt nie.

Ek hoor graag van julle.

Groete
BORN TO HUNT, FORCED TO WORK
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by LRLaubscher »

Hallo Robin,

Vir die geld sukkel mens om 'n Hawke te klop.
Ek het vir 2 en 'n half jaar met 'n Hawke sidewinder 30 Tactical geskiet op my 308.
Skiet lang afstand en het die scope elke keer as die geweer uit kluis kom gestel.

Die verstellings werk presies en herhaalbaar, en die glas vergelyk baie goed met scopes 4 maal sy prys.
Hulle waarborg is ook topklas. Ek moes myne vervang. Turret het los gekom (let wel ek het elke keer gestel, en dis nie normale skiet nie). Waarborg het my splinter nuwe een besorg.
Ek kan net goeie goed oor Hawke side winder scopes sê.

Groetnis
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Robin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Thu Mar 20, 2014 11:06 am

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by Robin »

Dankie LRLaubscher

Ek sal dit definatief in gedagte hou.

Groete
BORN TO HUNT, FORCED TO WORK
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by andre007 »

Het presies so 1 op my .223. Hy loop soos n muis met slippers
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Robin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Thu Mar 20, 2014 11:06 am

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by Robin »

Dankie Andre

Ek dink ek sal hom probeer.

Groete
BORN TO HUNT, FORCED TO WORK
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by Langeraat »

Ek wil graag aansluit by Robin en uitvind of iemand al so Sidewinder op 'n grooter kaliber soos .30-06 of groter met sukses gebruik het?
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
Robin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Thu Mar 20, 2014 11:06 am

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by Robin »

Middag Langeraat

Ek dink jy moet dalk jou vraag onder n nuwe topic sit, dan sal die mense meskien dit makliker raak sien. Ek is net so nuuskierig om te hoor wat almal sê van die SIDEWINDER, dit lyk na n baie lekker teleskoop maar mens wil nie die ding net gaan koop sonder n bietjie navorsing nie. Iemand by die geweer winkel het aan my genoem dat die Hawke Sidewinder baie goed hou op n 300winmag so ek glo dit sal hou op die 30-06.
BORN TO HUNT, FORCED TO WORK
User avatar
Jacques Duckitt
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Mon Jun 23, 2014 2:47 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by Jacques Duckitt »

het vir my nou die 6.5-20 x42 een gekoop na dat ek die nwk met iemand sin geskiet het en as mens biedjie oplees kan mens nie verkeerd gaan nie
Musgrave .270 k98
User avatar
Jacques Duckitt
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Mon Jun 23, 2014 2:47 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by Jacques Duckitt »

ook bygese wat iemand genoem het hy het n wereldwye waarborg.
Musgrave .270 k98
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by joe rocket »

Ek het die hawke 8x32x56 op my 30-06. Nie eendag se moeilikheid nie, kom altyd terug na zero. Glas is baie helder tot op 24 vergroting. My vorige scope was 6 maande oud toe ek hom per ongeluk breek. Binne 24 uur het hulle my n nuwe scope gegee verniet gratis. Nie die beste scope op die mark nie maar beter waarde vir geld gaan jy nie sommer elders kry nie.


Groete
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by Langeraat »

Dankie vir die terugvoer. Ek het intussen toe wel die 4-16x50 Hawke Sidewinder aangeskaf maar nog nie gemonteer. Ek glo hy sal die pyp rook.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by GVC86 »

Langeraat wrote:Dankie vir die terugvoer. Ek het intussen toe wel die 4-16x50 Hawke Sidewinder aangeskaf maar nog nie gemonteer. Ek glo hy sal die pyp rook.
Hi Langeraat,

Hoe hou die scope toe?

Groete
George
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by Langeraat »

George, ek het sedertdien die scope toe gemonteer en so klompie skote geskiet as deel van die geweer waarop hy gemonteer is se loop inbreek regime. Hy is mooi helder vir my oog en hou sy zero mooi. Sover is ek baie tevrede met die teleskoop maar dan moet ek ook byse dat ek dit nog geensins ekstensief getoets het nie. Die tyd sal leer.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by GVC86 »

Langeraat wrote:George, ek het sedertdien die scope toe gemonteer en so klompie skote geskiet as deel van die geweer waarop hy gemonteer is se loop inbreek regime. Hy is mooi helder vir my oog en hou sy zero mooi. Sover is ek baie tevrede met die teleskoop maar dan moet ek ook byse dat ek dit nog geensins ekstensief getoets het nie. Die tyd sal leer.
Dankie,

Hou ons asb op hoogte, is nou ook in die mark vir n teleskoop.

Groete
George
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by GVC86 »

Langeraat wrote:George, ek het sedertdien die scope toe gemonteer en so klompie skote geskiet as deel van die geweer waarop hy gemonteer is se loop inbreek regime. Hy is mooi helder vir my oog en hou sy zero mooi. Sover is ek baie tevrede met die teleskoop maar dan moet ek ook byse dat ek dit nog geensins ekstensief getoets het nie. Die tyd sal leer.
Hi Langeraat,

Hoe werk die teleskoop nog? Enige probleme?
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by snakker »

Ek het ook Hawke, nog net probleme gehad: hou nie zero op my 30-06, en eye relief is terrible - veral op hoë vergroting (moet kwaai rondsoek om enigsins sight picture te kry - net swart, moet kyk of ek nie scope Caps op vergeet het nie). Kannie aanbeveel nie, het ook gedink Scope is baie goed gespec op stadium wat ek gekoop het, maar sal nie weer so fout maak nie. Sightron van nou af vir my as dit gaan oor waarde vir geld...
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by snakker »

Plus Suburbanguns Guns (verspreider in SA) is baie traag met warantee diens op die scope - het nou al twee keer ingestuur, hulle sê my heeltyd hulle toets hom en daar's niks fout nie. Ek soek nie daai selfde Scope terug nie sê ek toe - hulle moet maar ander een gee laat ek kyk of ek nie dud getrek het nie
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by snakker »

Plus Suburbanguns Guns (verspreider in SA) is baie traag met warantee diens op die scope - het nou al twee keer ingestuur, hulle sê my heeltyd hulle toets hom en daar's niks fout nie. Ek soek nie daai selfde Scope terug nie sê ek toe - hulle moet maar ander een gee laat ek kyk of ek nie dud getrek het nie. Het Sightron Scope op 30-06 gesit en hy group soos 'n droom, so geweer is reg
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by Langeraat »

George, ek het die Sidewinder op my 30-06 gemonteer en het die hele verlede jagseisoen net met hom gejag. Paar Wildebeeste, Zebra, Vlakvarke, Blesbok, ens later en hy loop nog mooi. Het hom paar keer gestel vir verskillende zero afstande en hy hou sy verstellings goed. Ek was beindruk genoeg om nog een te koop vir my .243 maar die 6-24x50 model. Ek moet hom nog egter monteer.

Ek kan wel se dat die parallaks verstellings op die Sidewinder redelik sensitief kan wees. Kan verstel van 10m af verder as ek nou reg onthou. Seker nie die beste teleskoop op die mark nie maar vir my doeleindes en begroting is ek baie tevrede met hom.

Ek sien nou Snakker het 'n ander ervaring gehad. Snakker was dit spesifiek die Sidewinder reeks waarmee jy so sukkel of een van die ander reekse?
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by snakker »

Dit was Hawke Eclipse 30 SF 6-24x50 model waarmee ek probleme gehad het - dink hulle het intussen die Eclipse-reeks discontinue...seker met goeie rede
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by ruaanb »

Ek en my pa het die Endurance SF 6-24 X 50 op n 6mm musgrave en 308 onderskeidelik en sover nog nie n probleem ondervind nie. mooi helder en doen die job waarvoor ons dit gebruik.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by andre007 »

Met almal wat ek al gepraat het is gelukkig met die Sidewinder reeks. Die ander het maar gelol. Maar glo my as jou teleskoop daai Vrydagmiddag tjaailatyt ou was gaan jy sukkel afgesien vannie fabrikaat
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by GVC86 »

Dankie manne,

Waardeur die terug voer. As ek die scope by S&O koop werk ek mos direk met hulle sou iets verkeerd gaan?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by ruaanb »

jip
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Hawk Sidewinder 4-16x50

Post by GVC86 »

ruaanb wrote:jip
Dan dink ek ek gaan die scopes n kaans gee.
Post Reply