Wie woon die volgende Mastershot by?

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Wie woon die volgende Mastershot by?

Post by douw »

?
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Wie woon die volgende Mastershot by?

Post by Piet Breedt »

Ek het die vorige een bygewoon en was nie baie beindruk. Jy kan enige dissipline soveel keer skiet as waaarvoor jy wil betaal, en jou beste score van die lot tel dan.

Ek dink nie dit bepaal die beste skut op die dag nie. Ek persoonlik voel jy moet een kans per dissipline toegelaat word, en jou score wat jy dan opsit, bepaal of jy die beste was.

Die skut wat die eerste maal die wind die beste gelees het, of die afstand die beste geskat het, het mos eintlik beter geskiet as die ou wat dit 10 maal doen, tot hy die beste score het.

As ek n sekere teiken skiet, en ek sien die wind het my 3" afgewaai, en nie n 1 1/2 soos ek gedink het nie, gaan ek net terug, betaal vir nog n rondte, mik bietjie meer af en skiet weer, wat bewys ek dan nou eintlik?

By die vorige een het ek elke dissipline 1 maal geskiet, en my score so ingegee. Ek het 3de ge eindig. Daar was manne wat van die dissiplines meer as 11 keer geskiet het om die beste score op te stel.

Dit is maar vir die organiseerders om te besluit hoe hulle dit wil doen, maar ek as ervare kompetisie skut, stem nie saam daarmee nie, en ek dink op hierdie formaat gaan hulle nie die beste skuts in die land betrek nie.

Ek weet van geen ernstige skiet kompetisie in die wereld waar dit so werk nie. In die oorspronklike Master Shot op TV, kry jy ook net een kans, en as jy dit nie maak nie, is jy uit.

As dit n vorm van fonds insameling is, stel ek voor hulle vra heelwat meer vir die inskrywing, maar gee jou een kans per dissipline om jou vernuf te wys.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Wie woon die volgende Mastershot by?

Post by douw »

Dankie oom Piet. Dit is nou baie insiggewend. Ek het nog nooit 'n kompetisie bygewoon nie, wat nog van deelgeneem. Ek sou graag na die een wou gaan, maar hou ook van die idee dat die wenner, die wenner moet wees soos oom nou voorgestel het. Ek sal dalk gaan kyk, maar nie inskryf nie. Lekker aand Douw
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3629
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Wie woon die volgende Mastershot by?

Post by Fanta300 »

Waar en wanneer? Wat behels dit?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Wie woon die volgende Mastershot by?

Post by douw »

Die volgende een is komende Saterdag by Krokodilspruit.

Daar is 7 verskillende bane/dissiplines waaraan mens kan deelneem.

http://www.mastershot.co.za/

Groete
Douw
Post Reply