Nikon 4-12x40 BDC

Post Reply
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Nikon 4-12x40 BDC

Post by Fluffa »

Hallo,

Ek wil nou sommer twee teleskope aanskaf, een vir die .22 long en dieselfde vir die 7x57. My redenasie is dat my oog dan dieselfde ervaring het tydens inskiet en jag. My nering is na die Nikon 4-12x40 Prostaff met BDC reticle.

My vraag is tweeledig. Kan die Prostaff die 7x57 Mauser Se terugloop hanteer? Die CZ .22 long is seker geen probleem nie.

Daar moet mos sin in wees om met dieselfde teleskoop baie skote te oefen en teen R 2,450 vir die Nikon 4-12x40 Prostaff mark dit mos sin om soortgelyke optika op elke roer te monteer.

My jagbehoefte is 80m tot 150m bosveldskiet met 170 grein en 200m tot 300m vlakteskiet met 140 grein met die Mauser. Die tweede vraag is: Is die 4-12 vergroting in die kol vir bosveldskiet asook vlakte vir springbok tot op 300m?

Ek hoor graag van julle.
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Rudie »

Ek het een op my 375 Ruger en voor dit was hy op my 300 Win mag met geen foute sover nie. Seker al so 300 skote tussen die 2 gewere met die scope geskiet. Ek dink nie die 7x57 gaan pla nie.
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Fluffa »

Hi Rudie,

Dankie, dit lyk as of die 7x57 se terugloop dan geen issue behoort te wees nie. Sou jy dink die 12x vergroting is genoeg vir 300m vlakteskiet?
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Rudie »

HI Fluffa,

Ek het nog nie die spesifieke Nikon op daai afstand getoets nie maar 12 vergroting is baie vir 300m al wat daar gaan begin pla is parralaks aangesien hy fixed is vir 100yds. Maar ek dink nie dit gaan genoeg van 'n faktor wees as jy hom net vir algemene jag gaan gebruik nie.

Beeld kwaliteit is baie goed op hulle en hy vergelyk baie goed met my Monarch 3. Ek het spesifiek die prostaff gekies omrede hy nie parralaks verstelbaar is nie en ek gebruik die 375 net vir bosveld en die 12 vergroting is perfek vir daai skoot op 200m plus wat jy ook maar partykeer in die bosveld kry.

Sterkte met jou keuse.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by win270 »

Fluffa, ek reken ook die Nikon 4-12x40 BDC is geskik vir albei, waarskynlik 'n "over-kill" vir die .22, maar omdat jy dieselfde teleskoop op beide kalibers wil gebruik, sal dit werk. Onthou net dat jy steeds verskillende vergrotings gaan gebruik op die onderskeie kalibers omdat die skietafstande baie verskil.

Die prys van die Nikon is goed en die na-verkoop diens is blykbaar ook goed hier in SA. Beding sommer 'n paar rand afslag siende dat jy twee koop.
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Fluffa »

Hi Win 270,

As ek so luister na van die kommentare dat elke vergroting 50m verteenwoordig, het 'n ou mos niks meer as 'n 3-9 nodig nie om sover as 300m te skiet nie. Dis alreeds 450m se terrein.

Die keuses is darem groot!

Groete
Fluffa
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5153
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Pvdw »

Koop hulle. Jy gaan nie spyt wees nie. 12x gaan jou mooi uithelp op daai 300m skote. Jy kan wel op300m skiet met 'n 9x maar die prysverskil sal my eerder na die 12x laat kyk. In die bos sal jy gemaklik skiet met die scope op so 5-6x.
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Fluffa »

Hi pvdw,

Die parallaks is dan ook eers hier vanaf meer as 10x iets om oor te bekommer, so eintlik 'n geringe faktor in die groter besluit.

Cheers Fluffa
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5153
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Pvdw »

Daai scope het nie paralaks verstelling nie Ek verkies dit so. Jy gaan smile oor daai scope. Ek het 4 Nikons. Presies so een op my 303. Die lense is meer as duidelik genoeg en die turrets stel besonder lekker.
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Fluffa »

Hi pvdw,

Het jy die gewone reticle of die BDC? Ek hou nogal van die BDC idee, nog nooit met so 'n scope gekorrel of geskiet nie
User avatar
tgg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by tgg »

die vergroting sal reg wees.

Daar is baie jagters wat jare lank gejag het met 4 x 32 Tasco en hulle was goed genoeg.

Ons het nou net gemaklik geraak
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Fluffa »

Hallo,

Nou ja, moet die hulp van 'n geweersmid inroep om die Nikon 4-12x40 te monteer. Eye relief, et cetera alles om slot te akkommodeer...

Groete
sPRINGHAAS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by sPRINGHAAS »

Klink of jy klaar gekoop het maar kontak my as jy weer Nikon produk soek. Ek kan dalk help met n beter prys.
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Fluffa »

Hi sPringhaas,

Ongelukkig klaar Leupold 2-7x33 laat monteer, totale mislukking. Die Nikon het nie by die voorste visier kon pas nie, die Leupold het gepas, maar die eye relief is so 30mm te veel. Ek kry my oog nie baby genoeg vorentoe nie.

Moet maar terug gradeer na die Redfield 4x20 vir oor twee week se jag. Ja, en dan seker geweersmid kry om te help met Nikon reg monteer.

Groete
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by PJB »

Fluffa
Jammer ek stuur so onverwags!
Watter .22 het jy? Ekt n CZ/BRNO Mod 2 -E en my nikon pro staff 4-12X40 pas op hom! Hy raak so te se net net aan die loop ( " korrel " )maar kan darm sien daar is n klein gap! Hy werk presies vir die .22! Ek gaan myne ook nou op my 7X57 sit, en vir my .22 n Niko prostaff 3-9X40 op die .22 sit. Dit is basies presies dieselfde maar net n korter weergawe!
Hoop jy kom reg

Beste groete
PJB
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Fluffa »

Hallo PJB,

Jammer vir die lang breuk tussen my vorige post. Ek het die tween Nikons Prostaff by Zimbi gekry vir R 2,400 en R 2,050 onderskeidelik. Dis nadat ons die Leupold nie eintlik kon maak pas nie, geen manier wat ons die monterings kon laat werk nie. Die probleem was te veel eye relief.

Ek het toe die optika laat monteer by Morkel & Crouse by S&O se Rivonia tak, die 4-12x40 op die 7x57 en die 3-9X40 op die .22lr.

Ek is baie tevrede met die montering en in beide gevalle moes die agterste keepvisier verwyder word vir die teleskoop om te pas. Die optika is baie laag gemonteer, wat vir my die perfekte oplossing is. Die slot pas met minimum clearances, die objective pas met net so min clearance.....ek moes die voorste lenskappie sny om te pas, die gaping is so klein.

Nodeloos om te se, die inskiet op die baan was 'n plesier, op die kol op 50m, 100mm hoog op 100m. Die naweek van die 16de Junie vakansiedag het my Mauser my beloon met die perfekte skoot op 'n rooibok ram op 230m, presies op die kol, boonste deel van die hart.

Die .22lr maak net so mooi met die 3-9X40. Op die kol op 75m ingeskiet op die baan. Die doel is vir meerkatte klits by die vliegveld. Hulle woel gate wat gevaarlik kan wees vir die operasie. Tot dusver tien skote vir 8 meerkatte tussen 80m en 150m, almal kopskote.

Slotsom, baie tevrede met Zimbi se pryse, Morkel en Crouse se smidswerk en baie tevrede met die Nikon Prostaff se helderheid in beide gevalle. Alles doen wat dit moet, later in Augustus weer veld toe met die 7x57, hierdie naweek weer vliegveld toe om eers meerkatte te roer en dan om te vlieg.

Groete Fluffa
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by PJB »

Goeie more Fluffa
Dit is geen probleem nie! Ek verstaan presies wat jy se omdat dit met my ook so gewerk het! Ekt nou op my CZ 7X57 quick-release mounts op gesit en ek kan nie vir jou se hoe mal ek oor die ontwerp is nie! Dis uitstekend!
By ons vliegveld is die tarries so mal soos die kroeskoppe en wil net almal skiet! Maar oom Kobus van die veld wil nie laat ek hulle klits nie! Dis maar vir die veiligheid van die manne wat daar bike ry ens. Darm het ons n teer-baan so die meerkatte is nie n probleem nie! Nou jaag ons hulle met die bakkie as iemand sien hulle kom naby die runway! Maar ja blyk n opwinding!

Baie stekte met die jag in Aug en geniet elke oomblik!
Beste groete
Pieter Botha jnr
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Fluffa »

Hi Pieter,

Hou die visier so na as moontlik aan die loop. Wat is die doel van die quick release mounts? Een visier vir meer as een geweer?

O, ek het vergeet om te noem dat my kruishaar keuse gewone Nikoplex eerder as BDC was. Ek sal maar die holdover skat. Die MPBR is in elkgeval nog in by 250m met die 7x57 met 170gr PMP.
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by PJB »

Ek het dit gedoen sodat ek my scope vinnig kan afhaal wanneer dit kom by mielies jag en varkskiet! As ek dan weer scope wil gebruik sit ek hom trug en hy is dan mooi op dieselfde spot!

Dit het maar net gekom omdat ek die geweer meerdoelig wil gebruik inpleks daarvan om 2 gewere te he soos een vir varkjag en een vir gewone jag!

Ek het ook die nikoplex hare en werk baie goed vir wat ek met hulle doen! Ek skiet Nosler BT 150gr met my roer en is fantasties!
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Nikon 4-12x40 BDC

Post by Fluffa »

Hi Pieter,

Ek wil nog graag ligter koeels probeer. Wat is die ligste wat jy kry vir 7x57 van die rak af? Ek het nog slegs met PMP 170gr geskiet in bosveld kondisies, langste skoot was laaste skoot oor 230m. Ek wil voorberei vir springbok voorsitskiet tot op seker 350-400m, maar wil baie seker maak van akkurate ammunisie.

Groete Fluffa
7x57 Oberndorfer Mauser 4-12x40 ProStaff Nikoplex
12Br Gaspar Arizaga SxS
.22 Long BRNO Mod 2 3-9x40 ProStaff Nikoplex
.177 CZ Mod 35 4x20 Cheapie
7.65 CZ-70
Post Reply