Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het bietjie begin eksperimenteer met ladings en koeels op my .308 en 9.3x62 wat maak dat ek redelike verstellings op die y-as van my teleskoop moet maak (agv snelhede) tussen greinverskil koeels. Ek het tans 'n Leupold VX1 2-12x40 LR Duplex op my 9.3 maar die nadeel is dat die teleskoop se verstellings met 'n munstuk gemaak moet word (geen probleem as jy bv altyd slegs PMP 286gr gaan skiet en nie nodig het om gereeld vir elevasie hoef te stel nie), maar dit help om die clicks te kan tel en dan 15 clicks op of 20 clicks af kan stel op grond van die lading-kaart wat ek saamstel.
Ek het gedink om 'n VX2 aan te skaf wat click verstellers het en wil graag hoor of daar behoefte is aan so tweedehandse VX1 - steeds lewenslange Leupold waarborg en goeie koop vir 'n man wat boks-ammo gaan skiet
Wat se julle?
Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.