Menere
My geweer groepeer baie mooi op 100 m en 200 m met standaard pmp 150 gr. Iemand wat kan skiet het al met die geweer 3 skote deur dieselfde gat geskiet op 100m met pmp. As ek die tabelle reg verstaan moet hy so 7 cm hoog skiet op 100m om op 200 te zero. Dit is egter nie die geval nie. Hy skiet so 4 cm laag op 200 m dws hy val omtrent amper 11cm tussen 100m en 200m? Dit kan mos nie wees nie?
Het dit iets met pmp te doen ? Ek herlaai nie self nie.
Dis n Musgrave Rsa aksie met die loop wat nog in n baie mooi toestand is.
Groete
308 met pmp 150 gr vraag ?
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: 308 met pmp 150 gr vraag ?
Zero jou geweer op 200 en dan kyk jy waar skiet hy op 100 en 150 ook.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 met pmp 150 gr vraag ?
Looplengte kan die spoed affekteer en daarom miskien die groter val.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: 308 met pmp 150 gr vraag ?
Arno ek het gou sommer 'n dummy 308 geskep op Strelock.
Volgens dit moet jy so naastenby 70mm hoog skiet op 100m om op 200m te zero. Ek dink dis hoe jy dit ook het..
Indien die 308 op 100m gezero bly voorspel Strelock 'n val van so 12.5cm tussen 100 en 200m.

-
Arno C
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Tue May 14, 2013 3:28 pm
Re: 308 met pmp 150 gr vraag ?
Ek het aangeneem as hy op 100m 70 mm hoog skiet behoort hy op 200m te zero wat nie die geval blyk te wees nie. Ek kan nie dink dat looplengte hier n rol behoort te speel nie. Dit is n standaard musgrave rsa vrystaat van die 1970's. Looplengte ek dink 26 of 28 .
Dalk maar op 200m zero. Die vraag is, gaan hy met premium punte , doppe en hoer ladings platter skiet?
Groete
Dalk maar op 200m zero. Die vraag is, gaan hy met premium punte , doppe en hoer ladings platter skiet?
Groete
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 met pmp 150 gr vraag ?
Jy sal die spoed van die koeëls moet meet om 'n beter ontleding te kan doen.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13652
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 308 met pmp 150 gr vraag ?
Nee nie regtig nie tensy jy hom baie vinniger laat skiet. 7cm is niks zero op 200 en skiet op 100, 150, 250m en 300m om te sien waar hy skiet.Meet dit dan somemr en skryf dit op n plakker wat jy op jou kolf plak dan weet jy altyd.Arno C wrote:
Groete
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.