308-338 of 308 -375
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: 308-338 of 308 -375
Hoekom probeer jy nie 'n 200gr in die 308win skiet nie? Dit behoort hier by 2100-2200f/s te loop?
Enigste probleem is dat dit soos 'n kleilat gaan trek op die 250m merk. Maar so ook die 9.3x62 en die ander kalibers genoem...

- stephensonsknives
- Sr. Member

- Posts: 305
- Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm
Re: 308-338 of 308 -375
umswati dit lyk my die 338-308 of soos in amerika bekendstaan die 338 federal is bestel
dave mansion--2x reamer set, 1 stel hornady custom grade dies , go-no go gauges
safarie /outdoor 200 federal doppe
ek het k98 aksie met drolpeer houtkolf
andre mojet 338 419 s/s loop maar ek wil die loop nie langer as 24 duim he maar met n 19 mm by die kroon
dankie vir almal se insae ek sal jul op hoogte hou
mesgroete

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 308-338 of 308 -375
DWB wrote:9.3x62.................
+1
- stephensonsknives
- Sr. Member

- Posts: 305
- Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm
Re: 308-338 of 308 -375
ballisties lyk my die 338 federal is net n paar statistieke vooruit
koeels is baie beskikbaar vir herlaai
die knockdown power op die koeel is baie hoog , waarna ek soek
die effektiewe ontbranding van die 308 dop asook die groot freebore van die 338kaliber dui op maksimale kruitverbranding . dit spreek my behoefte aan vir n kort 22 tot 24 duim loop vir n bosgeweer

adriaan p
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Thu Nov 22, 2012 5:20 pm
Re: 308-338 of 308 -375
Dag mense...Wat se die manne van 'n 9.3 of .375 koeel-punt op 'n .338wm opgenekte dop ?
= suiwer herlaai-kaliber natuurlik, & .338wm doppies is vryelik beskikbaar ?..asook koeelpunte...&met handlaai meen ek mens kan hom laai vir so 2500-2700fps maks, & so 2100-2300fps vi die bos ?
Selfs .300wm dop so opnek, maar sy nekkie is seker te kort ?..vi die swaar punte ?..tensy mens homka Ackley vir biekie meer dryfmiddel & langer nekkie ?
Maar dan weer, sou so'n kaliber, se maar 9.3wm / 375wm, nie maar amper selfde wees as .375Ruger kaliber ?..uit Koos se boek lyk dit maar taamlik naby mekaar vi my ?..alhoewel hy behoort 'n 9.3 koeel goed te dryf...
Groetnis
ap

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7560
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 308-338 of 308 -375
Adriaan
n 375 op n 338 WM se dop is al n paar keer gedoen en van die meer bekende name is die 375/338 Chatfield-Taylor. Ek weet nie van n 9,3 wat op die dop gebasseer is nie. Seker oor n 9,3 net onder die minimum is vir gevaarlike wild en tweedens die kaliber nie n groot aftrek in Amerika het nie.
Onthou bogenoemde sal nog steeds heelwat energie en spoed genereer en dit is nie eintlik wat die mense soek vir n brush cutter/scout kaliber nie. Die 375 Ruger is op n heeltemal nuwe dop gebasseer met n nominale basismate van .532 wat dieselfde is as die belt diameter van die 375 H&H familie. Die se basis diameter meet .513 en net hierdie verskil beteken dat die Ruger dop met n dopkapasiteit van 101 gr sit teenoor die H&H s'n van so 95gr al is die lengte van die Ruger 65mm teenoor die 91,4mm van die H&H. Die feit dat die Ruger min bodytaper het help natuurlik baie. Ek weet nog nie van n 9,3 wat gebasseer is op die Ruger dop nie en het dit n hele ruk terug voorgestel as n nuwe kaliber. Sal n baie gebalenseerde kaliber in my oe wees moet goeie langafstand potensiaal ook.
Dit is nie grappies om n nuwe kaliber te ontwerp nie want daar is baie administrasie en kostes aan verbonde veral in ons land. In Amerika is dit natuurlik heelwat makliker en bekostigbaar. Dit is ook so dat daar nie veel nuut is in ons skiet wereld nie. Gaan kyk bietjie na die 350 Remington Magnum wat ook op n 55mm H&H dop gebasseer is. Hy word geklasifiseer as obsoluut maar ek glo hy sal n uitstekende boskaliber maak.
Groetnis
Wouter

Thx Wouter..= baaaie interesant hoor..
So, ek stem dat die 375Ruger 'n beter dop sou wees vi so'n 'nuwe' kaliber..hy is so biekie langer as die 338wm dop + dikker ok..AS iemand dalk dit wil doen..
Maar ja, daar is niks nuut onder die son, + dit, 375wm, sal seker darem bikie beter wees as die Steyr 376 ?..ma seker ok baie soortgelyk ?
Sal mens die 375Ruger kan aflaai na so +-2100-2300fps dalk ?..vi die bos ?..indien wel, dan het Ruger hierdie 'gap' netjies gevul, meen ek..
Indien nie..wag ons ma vi die regte poeier ?
Groetnis
ap
So, ek stem dat die 375Ruger 'n beter dop sou wees vi so'n 'nuwe' kaliber..hy is so biekie langer as die 338wm dop + dikker ok..AS iemand dalk dit wil doen..
Maar ja, daar is niks nuut onder die son, + dit, 375wm, sal seker darem bikie beter wees as die Steyr 376 ?..ma seker ok baie soortgelyk ?
Sal mens die 375Ruger kan aflaai na so +-2100-2300fps dalk ?..vi die bos ?..indien wel, dan het Ruger hierdie 'gap' netjies gevul, meen ek..
Indien nie..wag ons ma vi die regte poeier ?
Groetnis
ap
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7560
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 308-338 of 308 -375
Adriaan
Ja die 375 WM sal basies dieselfde balistiek lewer as die Steyr 376. Ja dit sal nie n probleem wees om die Ruger af te laai na enige spoed toe nie. Jy kan ook met groot sukses gecaste loodkoeels in hom skiet hier teen 1900-2100ft/sek wat mooi sal werk in die bos. Ons as herlaaiers kan basies enige iets doen met n kaliber wat ons wil. Moet net nie laat iemand daarvan uitvind nie want dan raak ons verskonings minder vir n ander geweer of kaliber!

Neels338RCM
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Mon Dec 19, 2011 1:38 pm
Re: 308-338 of 308 -375
Goeie dag,
Ek het 'n 338RCM (Ruger Compact Magnum) wat ek hoofsaaklik vir bosveld jag gebruik. Ek gebruik Hornady doppe en het hulle al sewe keer gelaai sonder probleme. Met Somchem S335 is die trugskop baie matig. Met die swaarder punte 225 tot 250 gebruik ek S355, dan skop hy bietjie meer, maar ook nie te wild nie. Jy kry basies die 338 Sabi balistics met 'n kort aksie.
Ek dink ek is nog die enigste een wat een besit hier in SA. Die 338 Federal sal seker meer volop beskikbaar wees, maar dan kan jy nie te swaar gaan met die punte nie. Ek het vir my 210gr Swift Scirocco II punte bestel om te toets.
EK het vir my die 6.5 Creedmoor laat bou vir vlakte skiet.
Groete.

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: 308-338 of 308 -375
338 Federal soos ek hier lees klink my presies na wat jy soek, maar as jy amper geen vleis skade wil he in bosveld toestande soek jy 'n koeël wat baie stadig beweeg: 45-70 met 'n 300gr koeël teen 1600fps en 400gr koeël teen 1400Fps, sien jy die koeël vlieg en eet jy tot teen die gat!
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: 308-338 of 308 -375
hoe so is sy balisties beter as die 375h&H ? volgens my is dit die benchmarkUmshwati Boy wrote:En nog 'n ding. 338 en 9.3 kan jy nie op Dangerous Game gebruik, maar die 308-375 MAGNUM mag jy
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Raakgeskiet
- Sr. Member

- Posts: 447
- Joined: Sun Jul 25, 2010 7:04 pm
Re: 308-338 of 308 -375
Waar is die manne nou, ek lees nou net lekker, toe stop julle? 