Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek is op soek na n shooting rest. Hy moet op dieselle prinsiep as die een werk:
Enige verwysings van of na handelaars/agente sal verwelkom word! Ek skiet tans op die sakkies, maar ek vind hulle nie so steady soos n vaste rest nie. Ons het vir my pa een gebou, wat voor en agter stut, maar ek is op soek na so een soos die. Sal hom agter met my sakkies stut.
Dankie vir die skitterende idee! Gaan kyk asb onder ALGEMEEN in die Voorportaal, het toe vir my een gebou! En het jou darem erkenning gegee vir die idee!
Manne en maninne
Ek is nie n pro met die goed nie, my aanbeveling sal wees kry n rus voor wat stewig staan en ordentlike skiet oppervlakte en n rus agter met ordentlike skiet oppervlakte. Die 2 plekke rus is die mees stabielste wat jy kan kry en jy sal beste groepe van hom af kry.
As die aaneenlopende rus vir jou werk hou by dit, maar gee die voor en agter rus ding n kans..Dit is tog hoe jy meeste kere jag ens keit van jou .
Groetnis
Jacques
Die mikie staan stil as die geweer in die skietraam le terwyl die swart knop aan die linkerkant op of af stel. Dit is n kantoorstoel se onderste gedeelte wat ek gebruik het op die ander foto sal jy mooi kan sien hoe dit aanmekaar sit
Hier is my rest wat ek vroeer die week aanmekaargeslaat het...
En so werk hy met die roer op, n sandsakkie agter...
Ek dink sommer die manne moet bietjie idees of fotos van hulle rests hier uitruil, dan kan ons bietjie so met die oog steel en kyk wat lyk of hy vir jou lekker kan werk
Stef
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.