Spoed of BC

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Spoed of BC

Post by Capt. Yoda »

Reg manne ek het nou net klaar gesukkel van gisteraand 10 uur af nadat ek my eie firewall gebreek het so nou sit en dink ek.

Ons weet die 2 dinge wat wind klop is BC en die ander een is spoed.As jy n hoe BC koel teen n lekker spoed skiet is jy reddy to tumble maar...
as jy n 87/88gr 6mm koel met n G1 BC van 0.4 teen 3200fps kan skiet of jy kan n 75gr koel met n G1 BC van 0.33 teen 3400fps skiet watter een sal jy vat?

Kom ons se jy skiet papier na 500, 600 en 700m

Persoonlik vat ek die 88gr met die hoer BC teen die bq stadiger spoed as die 75gr teen n hoer spoed maar nou se die ouens ook die ligter koel kom vinniger daar so hy het minder tyd om teen die wind te sukkel.
Ek dink die hoer BC koel gaan elk geval minder sukkel omdat hy "vinniger" deur die wind kom agv die beter BC en hy gaan langer beter spoed hou.

Dink ek verkeerd of hoe?
Last edited by Capt. Yoda on Fri Jul 04, 2014 1:45 pm, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Spoed of BC

Post by Arnold »

Rofweg kan jy vat dat 'n koeël met 'n BC van 0.1 swakker 400 fps vinniger geskiet moet word om die selfde windskuif te lewer as die koeel met beter BC.

So jy kort nog so 80 fps op daai 75gr om min of meer dieselfde windskuif as die 88gr te hê.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spoed of BC

Post by Capt. Yoda »

Arnold wrote:Rofweg kan jy vat dat 'n koeël met 'n BC van 0.1 swakker 400 fps vinniger geskiet moet word om die selfde windskuif te lewer as die koeel met beter BC.

So jy kort nog so 80 fps op daai 75gr om min of meer dieselfde windskuif as die 88gr te hê.

Dankie Arnold dis goed om te weet
Lyk my dan met my loop lengte is my combo van 88gr Berger die beste as ek dan ook kyk na dop vul
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Spoed of BC

Post by Arnold »

Wat ek opgetel het is dat vir die swaarder koeel met hoër BC het jy 'n korter loop nodig om op 'n nodespoed te wees wat vir jou min of meer dieselfde windskuif gee as die ligter koeel wat op 'n vinniger nodespoed geskiet moet word.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spoed of BC

Post by Capt. Yoda »

Ludwig wrote:Geno moet gou kom sê watse spoed sy 6mm Dasher gehardloop het met die ALRHA kompetisie. Dink dit was 3400fps met 75gr Hornady V-Max. G1 BC van 0.330. Ek het die 162gr A-Max uit die 284 Win teen 2940fps geskiet en Geno moes konstant op elke afstand dubbeld vir wind verstel wat ek het van 200-525m. "BC Rules In the Wind"

Ek het die getik omdat ek aan sy Dasher met di e75gr V-Maxe dink.So ver ek weet het hy laas gese sy Dasher gooi daai 75gr V-MAx teen 3400 soos jy se.Ek het ook toe gewonder of ek nie n ligter koel vinniger moet skiet uit my .243 nie maar vir nou lyk dit my met my 23" loop sal ek daai geweer taamlik in die rooi moet druk om n ligte koel beter te laat presteer as n 88gr Berger
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Spoed of BC

Post by ZKK »

Maar moet ook nie die BC's wat deur alle vervaardigers geadverteer word sommer net so aanvaar nie.
Berger se BC's blyk of dit wel akkuraat is, maar baie van die ander vervaardigers adverteer inflated waardes
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Spoed of BC

Post by ZKK »

Ek praat nou onder korreksie, maar as ek reg kan onthou is die 155gr .308 Lapua scenar n sprekende voorbeeld van n koeel wat se geadverteerde BC baie hoer is as wat dit werklik is.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spoed of BC

Post by Capt. Yoda »

Ok nou vraag 2 vir R500 in "Fridays useless questions".n Swaar koel met selfde BC as ligte koel wat teen dieslefde spoed geskiet word?
Kom ons se n 150gr PMP met n BC van .33 uit n 300WM teen 3200fps en die ander geweer skiet n 75gr V-Max met .33 BC uit n Dasher teen 3200fps.
Die is mos maar hoekom die ouens die groter magnums koop want hul glo sy groter/swaarder koel werk beter in die kalahari wa jy ver in die wind moet skiet.

Newton se eertse wet se mos iets soos n voorwerp sal bly beweeg todat iets teen hom werk of so iets
Nou n swaar koel teen spoed X het mos meer energie as n ligte koel wat ook teen spoed X trek.Sal die wind nou nie die swaar koel minder pla nie of is ek nou deurmekaar?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Spoed of BC

Post by Arnold »

Ludwig wrote:Geno moet gou kom sê watse spoed sy 6mm Dasher gehardloop het met die ALRHA kompetisie. Dink dit was 3400fps met 75gr Hornady V-Max. G1 BC van 0.330. Ek het die 162gr A-Max uit die 284 Win teen 2940fps geskiet en Geno moes konstant op elke afstand dubbeld vir wind verstel wat ek het van 200-525m. "BC Rules In the Wind"
Rofweg moes Geno dan die 75gr teen ongeveer 4060 fps skiet vir dieselfde windskuif ...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Spoed of BC

Post by Arnold »

Die swaar koeels dra net meer energie dis al.

My 140gr in my 260AI het ongeveer dieselfde windskuif as die 208gr uit my 300WM ... die een slaan net harder agv sy gewig
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Spoed of BC

Post by henning »

Capt. Oblivious wrote:Ok nou vraag 2 vir R500 in "Fridays useless questions".n Swaar koel met selfde BC as ligte koel wat teen dieslefde spoed geskiet word?
Kom ons se n 150gr PMP met n BC van .33 uit n 300WM teen 3200fps en die ander geweer skiet n 75gr V-Max met .33 BC uit n Dasher teen 3200fps.
Die is mos maar hoekom die ouens die groter magnums koop want hul glo sy groter/swaarder koel werk beter in die kalahari wa jy ver in die wind moet skiet.

Newton se eertse wet se mos iets soos n voorwerp sal bly beweeg todat iets teen hom werk of so iets
Nou n swaar koel teen spoed X het mos meer energie as n ligte koel wat ook teen spoed X trek.Sal die wind nou nie die swaar koel minder pla nie of is ek nou deurmekaar?
AS jy n vergelyking maak van dieselfde kaliber.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spoed of BC

Post by Capt. Yoda »

Arnold wrote:Die swaar koeels dra net meer energie dis al.

My 140gr in my 260AI het ongeveer dieselfde windskuif as die 208gr uit my 300WM ... die een slaan net harder agv sy gewig
Ludwig wrote:Kaptein, as die ware BC dieselfde is, en die spoed is dieselfde, gaan die windskuif ook dieselfde wees. As die windskuif gaan verskil, om watter rede ookal, sal die BC ook verskil. Die BC word direk hierdeur beinvloed. Die koeel se gewig, as 'n faktor op sy eie, het nie 'n effek in terme van wind verrigting sonder dat die BC ook direk beinvloed word nie.

Dit is hoe ek hom ook het. Soos ons se BC en Spoed is al ini wind.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Spoed of BC

Post by LUAN »

Ludwig wrote:Kaptein, as die ware BC dieselfde is, en die spoed is dieselfde, gaan die windskuif ook dieselfde wees. As die windskuif gaan verskil, om watter rede ookal, sal die BC ook verskil. Die BC word direk hierdeur beinvloed. Die koeel se gewig, as 'n faktor op sy eie, het nie 'n effek in terme van wind verrigting sonder dat die BC ook direk beinvloed word nie.
Maar verloor die swaarder koeel nie stadiger spoed as die ligter koeel? So hy het meer momentum en hou sy spoed langer so hou sy bc ook beter? En dan moet windskuif mos minder wees want hy hou meer spoed?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Spoed of BC

Post by PWV »

Dit is baie interessant, Ludwig. Verduidelik net vir my. Tot voor 300 is die +"time of flight" van die .308 beter as die 7mm-08, op 300 tree gelyk en dat is die 7 mm-08 beter. "Time of flight" beteken tog spoed?

Die belangrikste afleiding is egter dat BC 'n groot rol speel.
Groetnis
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Spoed of BC

Post by PWV »

Ludwig wrote:Oom Pieter, ja, kyk na die 2de kolom. Dit dui die spoed aan op daardie afstand. Die beter BC behou sy spoed beter, en daarom word sy "time of flight" ook beter na mate afstand rek.
In die 2de kolom: Reeds op 200 tree is die 7mm vinniger as die 308, maar in die laate kolom is die "time of flight" op 300 tree gelyk. Omdat die spoed van die 7mm op 200 hoër is as die van die 308, sou 'n mens mos verwag dat die "time of flight" van die 7mm op 300 minder sal wees as die van die 308.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Spoed of BC

Post by Piet Pille »

Hierdie is een van die interesantste drade in 'n baie lang tyd. Dankie Ludwig en ander.
Het nie besef hoe belangrik BC is in die keuse van koeel nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Spoed of BC

Post by PWV »

Pieter Vorster wrote:Hierdie is een van die interesantste drade in 'n baie lang tyd. Dankie Ludwig en ander.
Het nie besef hoe belangrik BC is in die keuse van koeel nie.
Jy moes net gevra het! ;)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Spoed of BC

Post by PWV »

Jammer, Ludwig, dat die Ou Ballie so bietjie stadig van begrip is. Verstaan nou baie mooi!
Groetnis
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Spoed of BC

Post by Piet Pille »

Pieter Willem Vorster wrote:
Pieter Vorster wrote:Hierdie is een van die interesantste drade in 'n baie lang tyd. Dankie Ludwig en ander.
Het nie besef hoe belangrik BC is in die keuse van koeel nie.
Jy moes net gevra het! ;)
;D Oom Pieter weet mos ek is eintlik 'n skaam introvert wat eerder my bek hou..... ;)

Ek het geweet wat BC is en dat dit 'n rol speel, maar nou aan die hand van fisiese voorbeelde sien ek eers dit maak 'n m0&rse verskil...!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spoed of BC

Post by Capt. Yoda »

Pieter ek sou se tot op 300m vir algemene skiet sal jy nie regtig n vreeslike groot verskil sien nie maar as jy en n paar pelle almal langs mekaar le en skiet op 500 of 600m sien jy dit nogals vinnig. Jy sien dan ook vinnig die ding van Nosler se BC wat Ludwig oor gepraat het.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Spoed of BC

Post by PWV »

Pieter Vorster wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:
Pieter Vorster wrote:Hierdie is een van die interesantste drade in 'n baie lang tyd. Dankie Ludwig en ander.
Het nie besef hoe belangrik BC is in die keuse van koeel nie.
Jy moes net gevra het! ;)
;D Oom Pieter weet mos ek is eintlik 'n skaam introvert wat eerder my bek hou..... ;)

Ek het geweet wat BC is en dat dit 'n rol speel, maar nou aan die hand van fisiese voorbeelde sien ek eers dit maak 'n m0&rse verskil...!

++>: ++>: ++>:
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Spoed of BC

Post by Hein (Haan) »

Kaptein ek het hierdie stuk onlangs gelees en ek dink jy sal ook baie hiervan hou.

http://appliedballisticsllc.com/recreat ... e-studies/

Gaan lees veral die stuk Understanding Long Range Bullets Part1:The Nature of scale.
Jy kan gerus Part2 ook lees ek dink dit is baie in lyn met jou vrae.

Die lig het so bietjie vir my aan gegaan toe ek hierdie stuk gelees het veral oor die 7mm koeel.
Met standaard kalibers kan mens dan sien hoekom die 7mm so goeie keuse is.

Groete
Hein
Post Reply