Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post Reply
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Jamma »

More Manne,

Pa kort n nuwe scope vir sy geweer (die een wat hy nou al 25 jaar ophet is nou nie meer reg nie!)

Ek is in two minds oor of die Vortex Viper HS (16X vergroting daar is n paar verskillendes) en die Rudolph se Varmint 6-24x50mm.

Die geweer gaan vir baanskiet en meeste van die tyd Kalahari en Karoo jag gebruik word. Ek weet Rudolph het baie goeie diens en ek nog nie sleg van die scope gehoor nie.

Ek sal net graag wil hoor hoe hulle vergelyk met helderheid ens aangesien ek baie goeie goed lees van vortex ook. So kommentaar sal waardeer word!

Budget is R9000 so ek weet daar is beter scopes en al maar ek is redelik op die twee geset.

Ek self het n Burris FFII 4-14x42 op my 270 en hy loop mooi maar ek dink vir pa se 7mm en as n man wil baanskiet moet jy bietjie groter gaan.

Groete
Jamma
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by william007 »

Hello Jamma ek het al twee daai scopes op my gewere en hulle is super baie goed kan nie kla nie van hulle nie
Jy moet net onthou ek weet nie hoe goed jy Pa se oe is nie maar daai ritical is baie fyn veral op die Rudolph jy moet vir hom baie stil hou.
Maar ek kan nie sleg praat van een van hulle nie ek is baie happy.

vir daai geld kan jy kyk na die leupold ook.
Hoop jy kom reg
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Jamma »

Hi William,

Watse Vortex het jy op jou Geweer ?

Ek moet se my hart staan maar Rudolph se kant toe ek hou net van die idee dat n mens met die man self kan praat en dis Afrikaanse manne wat hom self ontwerp!!!
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by william007 »

Ek het die vortex Viper PST EBR 6-24 x 50
ek is mal oor die scope ek het n NF 5.5-20 x 50 en ek se vir jou daar is maar min verskil tussen hulle
Dit is so Rudolph se manne help jou graag ek het 5 Rudolp scopes en het nog nie een probleem gehad nie
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Jamma »

Het jy die T3 kruishaar op die Rudolph ?

Ek kyk nogal na die T2 kruishuis dit lyk of hy lekker vir jag sal werk ook en hy is nie so besig nie!
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by william007 »

ja ek het die T3 kruis haar

Ja daai T2 gaan baie lekker werk vir jag

Kom ek se jou so daai T3 moet n man stil hou hy is heel bedrywig

ek dink jy het n goeie keuse met die T2
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Jamma »

EK dink dit sal dan die nommer wees wat ek moet vat!

Ek sal volgende week my bestelling insit dan kan pa hom einde van die maand uit toets in Vosburg!!!

Dankie vir die raad
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by william007 »

Dis n groot plesier en geniet die jag
User avatar
Philip De Bruyn(MFWIC)
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Philip De Bruyn(MFWIC) »

As jy hou van die Burris kyk dan na die fourx 6.5-20x50 baie goeie scope en hier by die 7.5k
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by musgrave270 »

Philip De Bruyn(MFWIC) wrote:As jy hou van die Burris kyk dan na die fourx 6.5-20x50 baie goeie scope en hier by die 7.5k
Phillip

Jy moes met Monrique gepraat het, ek't myne by hom gekry vir 'n redelike goedkoper prys as daai.

Groete
Ruan
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Jamma »

Pa het gese ek kan die budget opstoot so na R12000, nou raak dit weer n ander game.

Nou is my twee opsies wat ek wil na kyk die Vortex Viper PST 6-24x50 OF as ek net n baie lekker jag scope wil he sal ek maar vir die Zeiss Duralyt moet gaan. EK het al met hulle geskiet en hel dis n lekker scope daai. Besluite, besluite!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Capt. Yoda »

Jamma wrote:Pa het gese ek kan die budget opstoot so na R12000, nou raak dit weer n ander game.

Nou is my twee opsies wat ek wil na kyk die Vortex Viper PST 6-24x50 OF as ek net n baie lekker jag scope wil he sal ek maar vir die Zeiss Duralyt moet gaan. EK het al met hulle geskiet en hel dis n lekker scope daai. Besluite, besluite!

as jy nie die Zeiss vat nie koop die Rudolph
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Flip Nel »

Jamma wrote:Pa het gese ek kan die budget opstoot so na R12000, nou raak dit weer n ander game.

Nou is my twee opsies wat ek wil na kyk die Vortex Viper PST 6-24x50 OF as ek net n baie lekker jag scope wil he sal ek maar vir die Zeiss Duralyt moet gaan. EK het al met hulle geskiet en hel dis n lekker scope daai. Besluite, besluite!
Jy sal nie verkeerd gaam met Zeiss nie
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Jamma »

Ek dink die x12 vergroting van die Duralyte is genoeg vir lekker jag self in die suide van Namibia!!
Dit lyk dan of hulle hom nie meer maak nie as ek reg kyk op Zeiss se website ??
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Capt. Yoda »

Safari & Outdoor behoort te he.Die 12x sal lekker werk en met goeie glas sal jy nog lekker op die baan met hom kan werk.
Die groot vergroting scopes het nog die dinge soos side focus en al daai goed wat hy ook me moet werk as hy jag

https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... rmany_30mm
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Jamma »

Ek moet se vir R10,500 rand vir die Zeiss gaan n man nie veel beter jag scope kry nie. Jy kan lekker in bosveld skiet en op die vlaktes.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Chevvy SS »

Ek self het n Burris FFII 4-14x42 op my 270 en hy loop mooi maar ek dink vir pa se 7mm en as n man wil baanskiet moet jy bietjie groter gaan.m

Baie groot verskil tussen 12 en 24x vergroting.....
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Teleskoop keuse - 7mmRem Mag

Post by Jamma »

Nee dit is waar ek wou maar net noem dat die Burris FFII n baie lekker scope is. Ek wil net iets anders op pa se geweer sit.
Post Reply