Dagse Manne,
Wat se julle van die nuwe Musgraves? Ek het iets gehoor oor die "stocks" wat nie lekker is nie?
Is daar n paar ouens hier wat dalk van die gewere besit? Wat se julle?
Dankie.
Nuwe Musgraves
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Nuwe Musgraves
Q
Ek het onlangs die fabriek besoek en met 'n .375 geskiet. Daardie geweer was baie akkuraat. Die kolwe is baie goed afgewerk, ek het 'n dik span van hulle in die fabriek beskou. Die Musgraves se kolwe pas my uitstekend, beter as enige ander fabrieksgeweer. Ek kan nie se of almal so akkuraat sal wees as die .375 nie, maar ek kan wel se dat die afwerking van die kolwe en die ruitwerk baie goed was. Hoe lank die Musgrave se lope gaan hou weet ek nie, want ek het nog nie 'n langtermyntoets met een gedoen nie.
Mooi loop

- tau
- Hero Member

- Posts: 3976
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Nuwe Musgraves
My vriend se geweer is nou 16 maande oud. Die roer is BAIE akkuraat en die sneller is goed. Die roer het net aanslaanmerkies wat roes kan raak merkies begin ontwikkel op die magasyn kas se bodem en op van die aksie parte.
My vriend is soos die engelse se pedantic as dit by netheid kom.Sy sokkies word volgens kleur in sy laai gepak en sy roer is net so skoon so die merkies pla my, want as dit my roer was sou hy al rooi geroes gewees het. Die kolf se fit en afwerking op die res van die roer is baie mooi. Ek het sy oorsponklike lading ontwikkeling gedoen en met ons eerste 5 ladings het drie onder 10mm gemeet.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Nuwe Musgraves
Tau ek is bevrees enige geweer wat 'n gewone blou-afwerking het gaan roes as jy nie na hom omsien nie. Toe ek nog in die Noord-Kaap gebly het, het ek gereeld Desembermaande Kaap se kant toe gekom en ek moes goed na my gewere kyk want as ek in Ceres of selfs die Moordenaarskaroo gejag het, moes ek olie smeer om te verhoed dat my gewere roes. Veral as ek gestap het en met sweterige hande aan die staal gevat het.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3976
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Nuwe Musgraves
Ek stem Oom Koos, maar my 1962 Rem 700 het nie sulke merke op nie en het vir amper 20 jaar in my oupa se kluis teen die Weskus gestaan(letterlik 25m vanaf die strand). Ek weet ons kapenaar moet baie oppas vir roes en aanslaan merkies, maar die roer was 3 maande oud toe my vriend die eerstekeer die merkies gesien het.Koos Barnard wrote:Tau ek is bevrees enige geweer wat 'n gewone blou-afwerking het gaan roes as jy nie na hom omsien nie. Toe ek nog in die Noord-Kaap gebly het, het ek gereeld Desembermaande Kaap se kant toe gekom en ek moes goed na my gewere kyk want as ek in Ceres of selfs die Moordenaarskaroo gejag het, moes ek olie smeer om te verhoed dat my gewere roes. Veral as ek gestap het en met sweterige hande aan die staal gevat het.
MAAAAAAAR hy is so tevrede met die roer en skiet so baie hy wil hom nie terug stuur nie en poleer en hou die plekkies mooi skoon en geolie. Die roer skiet rerig een bars hou. Ons is vier vriende wat saam jag en tussen ons het ons 2 x Bloem musgraves, 2 x Vektor geboude "musgraves" en 1 van die nuwe JJ wapens musgraves. Al 5 die roere het een ding in gemeen en dit is dat hulle akkuraat skiet en vir jag werk hulle vrek goed. My Vektor .243 Win pas my net nie aangesien die kolf vir Jan van Til gebou is en ek dink dit is sonde om aan die kolf te laat sny.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Nuwe Musgraves
'n Mens kan seker maar se niks word meer soos in die ou tyd gebou nie. Moet se alhoewel ek 'n Remington het, is ek met sommige van Remington se produkte glad nie so ingenome soos 'n paar jaar gelede nie.
Mooi loop
Mooi loop