Amptelike Logo van Jaracal Forum

Rapporteer enige foute of aanbevelings hier/Report any problems or suggestions here
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum

Post by Stefan764 »

Robba ek maak so, as ek net toestemming by die Moderators kry sal ek vir my n hemp en keps laat maak die week en dan vroeg vlge week die fotos opsit.

Geno
15% klink vir my na n goeie persentasie. Dus n R300 order kos jou R345 en dit gaan tog vir ons Forum.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum

Post by Louis102 »

Stefan764 wrote: ... Maar laat weet asb hoe ons die donasie bedrag gaan uitwerk ...
Stefan

Wees vindingryk.  Ek sou reken, maak dit bv. 'n projek ten bate van die Jaracal Fonds.  Toets die belangstelling onder lede en stel 'n doelwit/uitdaging aan die lede om bv. R1000 met die projek vir die Jaracal-fonds in te samel.  As jy dus 20 hemde laat maak, sal dit 'n R50 donasie van elkeen verg, per hemp.  As daar egter 100 hemde bestel word, is dit slegs 'n R10 donasie.  Dit hoef nie so te werk nie, net 'n idee.  

Vra ook bietjie rond hier op die forum, daar is baie manne in hierdie bedryf wat jou met goeie kontakte vir beter pryse op bv. hemde, kepse en selfs drukwerk, kan uithelp.  Maak dit 'n vindingryke spanpoging en 'n lekker projek, wys ons hoe kreatief julle kan wees - soos dit ware Jaracal manne betaam!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum

Post by Louis102 »

Stefan / ander

Siende dat julle dalk oorweeg om hierdie logo in te span, het ek dit goed gedink om die simboliek van die logo weer hier aan te haal.  Lees miskien punt 4 in hierdie aanhaling en maak dit deel van julle poging:

  Simboliek van die Jaracal Logo soos gebruik op die Forum vir die Jagter en deur Spesialis Roofdierjagters:

1.  Die idee van die Logo-skets het sy oorsprong by ?Jaracal?.  ?Jaracal? is ?n reeds gevestigde en gerespekteerde handelsmerk wat eie is aan die waardes wat Heinrich Funck reeds jare lank aan bou.  ?Jaracal? is die samevoeging van ?Jackal? en ?Caracal?.  Die jakkals en die rooikat is die twee mees ?suksesvolle? middelslag grootte roofdiere van ons tyd.  Hulle is ook ongelukkig verantwoordelik vir enorme skade by die kleinvee-kuddes van ons land.

Die Jaracal Logo is dus ?n kenteken van moderne, kreatiewe en moreel aanvaarbare metodes om die skade wat kleinvee produsente as gevolg van roofdier skade lei, te beperk.  Die logo staan dus vir dit wat goed en wat reg is in die beheer van roofdiere op (hoofsaaklik) kleinvee-plase.

2.  Die logo poog geensins om perfekte afbeeldings of lewensgetroue weergawes/sketse van die jakkals en rooikat te wees nie, maar eerder om op ?n moderne onrealistiese manier, spesifiek sekere van hul karakter eienskappe uit te beeld. 

In die geval van die jakkals is ?n alom bekende eienskap wat hom toegedig word, di? van ?slu-heid?.  Jare lank is daar konflik tussen die kleinvee produsent en die jakkals en die manier waarop die jakkals tog ?n manier vind om aan te pas, te oorleef en aan te teel is legendaries.  Daarom het die jakkals (in die logo-skets) skerp reguit lyne en ?n ?skelm? oog in kontras met die sagter ronde lyne van die rooikat.

Die rooikat het op ?n ander wyse ?n manier gevind om op kleinvee plase te oorleef.  In teenstelling met die jakkals is dit eerder aggressie, individualiteit en katagtige eienskappe wat die logo vir die rooikat wil uitbeeld.  Weereens is die oog nie ?n realistiese afbeelding nie, maar eerder ?n moderne onrealistiese uitbeelding om die karakter te beklemtoon.

3.  Die Jaracal Logo poog verder om die illusie van teater maskers te skep.  Dit is ?n verdere rede hoekom die afbeeldings van die twee roofdiere spesifiek onrealisties gedoen is.  Die Masker-effek het eerstens ten doel om te sinspeel op die gedagte dat ?n jagter ook eintlik maar net ?n ?roofdier? is.  Vir ?n jagter om sy prooi te uitoorl?, sal dit baat om sekere eienskappe van roofdiere na te boots.  Die jagter moet by tye slu, aggressief en opportunisties wees. 

Die jagter dra ook soms, by wyse van spreke, ?n masker.  Die suksesvolle jagter gebruik verskeie tegnieke om voor te gee wat hy nie werklik is nie, juis met die doel om sy prooi te uitoorl?.  Hierdie tegnieke mag insluit: kamoeflering, bekruip, maak van geluide wat die prooi lok ens. 

Net soos die jakkals en rooikat onwelkom is op kleinvee plase, raak tradisionele maniere van jag deesdae ongewild in sekere kringe. ?Groen? aktiviste plaas meer en meer druk op die reguleerders om bykans alle vorme van jag te verbied.  Jagters sal dus baat om soos die jakkals en rooikat, maniere te vind om te oorleef, ondangs druk om di? leefwyse te verban.  Die logo simboliseer dit.

4. Laastens simboliseer die logo oorspronklikheid, kreatiwiteit, individualiteit en vryheid van denke.  Daar is nie gepoog om re?ls en regulasie na te kom of om enige iets of iemand na te doen met die skep van hierdie logo nie.  Mag ons losgemaak wees van ?boeie? en ?kettings? wat ons wil inperk en vry wees om werklik die gawe van die lewe aan te gryp! 

Alle eer aan God. 
Goeie dade oortref goeie woorde.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum

Post by Stefan764 »

Louis102 wrote:
Stefan764 wrote: ... Maar laat weet asb hoe ons die donasie bedrag gaan uitwerk ...
Stefan

Wees vindingryk.  Ek sou reken, maak dit bv. 'n projek ten bate van die Jaracal Fonds.  Toets die belangstelling onder lede en stel 'n doelwit/uitdaging aan die lede om bv. R1000 met die projek vir die Jaracal-fonds in te samel.  As jy dus 20 hemde laat maak, sal dit 'n R50 donasie van elkeen verg, per hemp.  As daar egter 100 hemde bestel word, is dit slegs 'n R10 donasie.  Dit hoef nie so te werk nie, net 'n idee. 

Vra ook bietjie rond hier op die forum, daar is baie manne in hierdie bedryf wat jou met goeie kontakte vir beter pryse op bv. hemde, kepse en selfs drukwerk, kan uithelp.  Maak dit 'n vindingryke spanpoging en 'n lekker projek, wys ons hoe kreatief julle kan wees - soos dit ware Jaracal manne betaam!

Louis

Oom Leeu

Dankie vir die trugvoer en die vergunning om Heinrich se LOGO oordeelkundig en met die nodige agtergrond waarmee julle manne die Forum begin het, te gebruik.

Ook bygese, ek het die post oor die LOGO mooi deurgelees en ek sal die projek met goeie bedoelings aanpak. GEEN WINS, ek se weer, GEEN WINS word deur my gemaak nie. Ek is n lid van die forum, n aktiewe lid, en ek leer vreeslik baie en het al n heelpaar goeie kennisse en vriende gemaak. In hierdie lig wil ek iets doen om die Forum te bevoordeel, nie myself nie, en ook niks uit die saak te wen behalwe die satisfaksie te kry van gelukkige mede-lede.

Ek gaan die projek begin en n post onder ALGEMEEN in die voorportaal plaas.

Nog geen formele besluite is geneem nie en voor dit gefinaliseer word sal die menings van die Moderators weer gevra en in ag geneem word.

Baie dankie vir die geleentheid en hou die voorportaal dop!

Groete
Stefan
Baie dankie.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum

Post by Louis102 »

Stefan764 wrote: .... Heinrich se LOGO oordeelkundig ..... te gebruik .....
Stefan

Ek dink jy verstaan miskien bietjie verkeerd.  Hierdie Jaracal-logo behoort nie aan Heinrich nie, (met al die nodige respek).  Dit is nie sy persoonlike logo nie.  Hy het wel die vergunning gemaak dat ons hierdie logo (wat uit eie geledere ontwerp en voorgestel is) kan gebruik as amptelike kenteken van die Forum.  Heinrich het hierdie Forum aan ons (die lede) by wyse van spreke, "oorhandig" om te bedryf en uit te bou.  Alhoewel hy altyd die laaste en beslissende s? het, behoort hierdie logo aan ons almal wat lede op hierdie Forum is. 

Dit is wel ons verantwoordelikheid om die goeie waardes en gesindheid waarmee Heinrich hierdie forum op die been gebring het, d.m.v. die Jaracal-logo uit te dra.  Dit is ons almal se kenteken (hoe mooi of lelik die logo ook al mag wees) en ons moet almal help dat die regte gebruik daarvan, jaloers beskerm word.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum

Post by Stefan764 »

Het hom nou so, dankie Louis.

Sal more my voorstel opsit en hoor wat die reaksie is.

Sag slaap en mag dit reen waar julle bokke wei!
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply