Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade skote.
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
Die verskeidenheid jaghandwapens en die aksies en kalibers waarin dieselfde beskikbaar is, is dalk net so groot as by jaggewere.
Jaghandwapens kan rofweg in die volgende kategorië ingedeel word – rewolwers (enkels- en duddel aksie), enkelskoot pistole (nekbreek Thompson Centre Contender en Encore) en slotaksie handwapens (Remington XP100 en XR100).
Jaghandwapens verskil van handwapens wat vir selfverdediging gebruik word en is gewoonlik baie groter, swaarder, in die meeste gevalle met ‘n teleskoop toegerus en ook baie meer akkuraat.
Die finale kaliber keuse van ‘n jaghandwapen lê by die individu en skootplasing bly die bepalende faktor. Die grootte van die prooi, die afstand waaroor gejag gaan word, bepaal die energie wat nodig is en op hierdie wyse bepaal jy die kaliber wat geskik sal wees-maak dus altyd seker dat jou kaliber- en koeëlkeuse geskik is vir die dier/prooi wat jy gaan jag.
Ek handel dan nou ook meer volledig met die 3 kategorië jag handwapens, waarna hierbo verwys is:
- Rewolwers in die kaliber 357 Magnum, 44 Magnum, .455 Super Magnum, .454 Casull, .475 Linebaugh, .480 Ruger, en 500 S&W, is geskik vir jag oor afstande van 50 meter.
- Enkelskoot nekbreek pistole van Thompson Center wat in die Contender reeks beskikbaar in ‘n verskeidenheid van geweer kalibers van .22LR tot .375JDJ, wat ‘n vollengte .444 Marlin-dop as basis het en in die Encore reeks beskikbaar is in kalibers van .22 Hornet tot 416 Rigby.
- Slotaksie handwapens (Remington XP100 en XR100) wat beskikbaar is in ‘n verskeidenheid kalibers, insluitende .223 Reminton, .22-250 Remington, .204 Ruger, 6mm BR, 7mm BR EN .308 Win.
- Laasgenoemde twee tipes handwapens is gepas vir jag oor afstande tot 100 meter.
Die jag handwapens waarna ek hier verwys, het ‘n minimum looplengte van langer as 6 duim, wat dit uiters geskik maak om mee te jag.
Vir jag met ‘n jag handwapen, verkies meeste handwapen jagters om die handwapen met ‘n teleskoop toe te rus en weereens is die keuse van ‘n teleskoop ‘n persoonlike ding, waar eie voorkeur ‘n rol speel.
Teleskope met ‘n 2x vergroting is klein en kompak en normaalweg geskik vir kalibers waarmee daar oor jagafstande van tot 75 gejag word, terwyl teleskope met groter vergrotings groot en lomp is, kan hulle nie gemaklik op rewolwers monteer word nie en eerder gebruik word op die jag pistole (Contender, Encore en Remington XP100 en XR100).
Handwapenjag vind oor baie korter afstande plaas en is dus baie uitdagend. Dit stel veral die jagter se uithouvermoë, kennis van die veld, kennis van die dier/prooi se gewoontes en vermoë om die dier/prooi stil en ongesiens te bekruip, op die proef.
‘n Jaghandwapen in die hande van ‘n geoefende, vasberade jagter is enige dag net so akkuraat en doeltreffend soos enige jaggeweer.
Handwapen jag kan dus in my opinie opgesom word as, die etiese jag van ‘n dier of prooi onder normale jagtoestande, waar die jagter toegerus is met ‘n jag handwapen en teleskoop van sy keuse en waar sy persoonlike skietvernuf, vaardighede en die toerusting wat hy gebruik, geskik is, om die teiken dier of prooi met ‘n enkele skoot te dood.

vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
ek gaan dit vir jou opsoek,ek dink julle gaan in die moeilikheid kom as jy n jagwapen vir sd in die publiek dra.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
Dit sal baie gaaf wees as jy hierdie vir ons kan kryvossie1 wrote:ek gaan dit vir jou opsoek,ek dink julle gaan in die moeilikheid kom as jy n jagwapen vir sd in die publiek dra.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
Ek dink nou weer, enige verskoning vir nog 'n lisensie, is 'n goeie een!Burger wrote: My ander redenasie is hoekom twee handwapens lisensieer (een vir selfverdediging en een vir jag) wanneer een beide funksies kan verrig.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
Vossie,vossie1 wrote:Burger sover ek die wet verstaan mag jy enige wettige wapen gebruik vir self verdediging maar jy mag nie die wapen wat vir jag gespesifiseer is aan jou dra as n SD wapen nie,jy mag kan hom in jou huis gebruik as die nood sou druk. Ek stel voor jy maak seker oor wat die wet se voor jy jou jag wapen vir SD aan jou dra as jy nie jag nie.
Ek het dieselfde kommernis oor my sportskiet vrienda wat hul sportskiet wapens gebruik om mee patrollie te ry ens...
Jy moet kan bewys daai wapen was oppad om vir sy doel van bv sportskiet of jag gebruik te word.
Soos jy sê, in die huis is dit ander stories...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

reggie
- Full Member

- Posts: 146
- Joined: Mon Dec 10, 2012 10:37 pm
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
Ek gebruik maar my sd rollie .44spl 3 duim
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
Staan dit in die wet of regulasies? Of is dit weer hoor-sê?DWB wrote:vossie1 wrote:...Jy moet kan bewys daai wapen was oppad om vir sy doel van bv sportskiet of jag gebruik te word...
Indien dit wet is, wys dit asb vir ons. Dit sal dan teenstrydig wees met die bepalings van die volgende 5 Artikels van wet 60 van 2000:
Art 13 (4);
Art 14 (6);
Art 15 (4);
Art 16 (3);
Art 17 (4).
Op al 5 hierdie plekke staan die volgend woorde:
"A firearm in espect of which a licence has been issued in terms of this section may be used where it is safe to use the firearm and for a lawful purpose."
Ek kry nêrens enige "oppad" klousules nie!
Hou by die feite asb?
Groetnis.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
Manne, ons moenie so verval in die tegniese aspekte van die wet, dat ons die groter prentjie uit die oog verloor nie.
Volgens die Strafproses wet, mag jy iemand se lewe neem as jou eie lewe of iemand anders se lewe bedreig word. Punt. Daar word nie gesê met watter wapen mag jy en met watter wapen mag jy nie. As ek oppad baan toe is met my 375 en ek word langs die pad oorval, kan en gaan ek daardie wapen gebruik as dit my enigste of maklikste opsie is. As ek en Ludwig oppad is na 'n jag toe of na 'n baan toe en hulle val ons aan, kan en gaan ek sy vuurwapen gebruik as hy nie in staat is om dit te doen nie of as dit die enigste opsie is om ons lewens te beskerm.
Niemand gaan jou tronk toe stuur as jy op 'n regmatige wyse jou sportskiet wapen of jaggeweer gebruik het om jou of iemand anders se lewe te beskerm nie. Die probleme hier kom meestal by NALATIGE verlies/afvuur van 'n vuurwapen....
Dra jou SD wapen by jou vir SD, dis tog hoekom jy die bleddie ding aangekoop het. En as jy gaan jag of baan toe gaan, dan kan jy mos jou SD wapen by die huis los of saamvat, dis jou keuse. As jy met jou Sportskiet wapen huntex toe gaan en jy beseer iemand op 'n nalatige wyse daar, gaan jy moet verduidelik wat jy in die eerste plek daar gesoek het met jou sportskiet pistool, maar die feit dat jy 11.1.11 aangejaag het, gaan jou meer probleme gee as met watter wapen! Sou jy oppad na 'n jag of na die baan, aangeval word, skiet jy terug met wat jy die vinnigste jou hande op kan lê!
Ons moet maar versigtig wees dat ons nie 'n halwe waarheid soveel keer oorvertel, dan dit later as feite gesien word nie...

Aim small, miss small
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13637
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
Ek het ook weer met n paar kennis op die gebied gepraat oor die storie en hulle se ook soos 338 jy kan hom dra vir enge wettige doel. Die storie kom blykbaar erens uit die kaap uit dat jy nie jy sport/jag wapen mag dra nie.Seker weer iemand wat half gele en slaap het in die klas
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
338 hoekom is daar dan n afsonderlikke aansoek spesiaal vir SD ? Ek aanvaar dat jy enige wapen mag gebruik in enige omstandighede as die nood sou druk daarteen stry ek glad nie. Hoekom kry SD wapens dan net 5 jaar waar die res 10jaar is? Soos gese jy mag enige wapen vir enige wettige doel gebruik,jou probleem kom na die hof met jou klaar is,die hof gee nie om met watter wapen jy iemand geskiet het nie hulle worry net of dit wettig gedoen is. Jou probleem kom egter na die tyd wanneer jy afsonderlik deur die poliesie ondersoek word om jou kompetensie te bevestig!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
Enige spesifieke gevalle wat jy kan aanhaal?vossie1 wrote:338 hoekom is daar dan n afsonderlikke aansoek spesiaal vir SD ? Ek aanvaar dat jy enige wapen mag gebruik in enige omstandighede as die nood sou druk daarteen stry ek glad nie. Hoekom kry SD wapens dan net 5 jaar waar die res 10jaar is? Soos gese jy mag enige wapen vir enige wettige doel gebruik,jou probleem kom na die hof met jou klaar is,die hof gee nie om met watter wapen jy iemand geskiet het nie hulle worry net of dit wettig gedoen is. Jou probleem kom egter na die tyd wanneer jy afsonderlik deur die poliesie ondersoek word om jou kompetensie te bevestig!
En wat kan die polisie aan jou doen, as die hof jou alreeds vrygespreek het? Die hof is 'n hoër gesag as die polisie.
As jy met die manne gesels, wat in die onderhandelinge met Dir Jaco Bothma en andere betrokke was, met die optrek van die wet, dan sal jy hoor hoekom daai klousules in die wet is. Dit is spesifiek daar geplaas, sodat jy nie verplig word, om vir elke doel (gebruik) 'n afsonderlike wapen hoef aan te skaf nie. Dus, nes die wet dit baie duidelik uitspel, kan jy enige wettig wapen, vir enige wettige doel gebruik. Niks meer en niks minder nie.
Hierdie beginsel is toevallig ook alreeds deur die hof getoets, toe 'n oorywerige poliesman iemand gaan aankla het, wat sy persoonlik gelisensieerde selfverdediging- en sportwapens gebruik het vir vaardigheidsopleiding. Die poliesman het beweer, dat hy slegs wapens wat vir besigheidsdoeleindes gelisensieer is, vir opleiding mag gebruik. (Die persoon was wel geregistreer vir die opleiding.) Die verweerder het toe die hof gewys op hierdie bepalings (sien my vorige plasing) van die wapenwet. Jy kan maar raai wat die hof se uitspraak was. Die bewoording laat nie veel ruimte vir intrepretasie nie.
Wat wel belangrik is, is om 'n jou lisensie-aansoek net vir een doel te motiveer. (Ek weet daar is persone, wat noem dat hulle die wapen ook soms vir ander doeleindes gaan gebruik. Myns insiens, is dit moontlik teenproduktief.) Moenie hulle deurmekaar maak nie!
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Handwapen as 2de wapen in die jagveld, slegs v genade sk
Ek hoor wat jy se en stem saam,ek dink die groot probleem wat ons het is interpretasie van wat die wet se,ek is maar te skuit bang om dit te wil beproef. Dit hang ook af wie en wat die regter is wat dit moet interpreteer,dit is shocking hoe hulle logika werk. Ek dink persoonlik nie die kool is die sous werd om deur al daai shlep te wil gaan om te bewys hoekom ek my sport/jag wapen vir sd dra! Soos ek se,ons het nie met baie intelegente wesens te doen wat die wet moet toepas nie. Ek sien egter nogsteeds nie die lig dat n mens sommer die SD roete kan bypas en sommer jou ander wapens kan aanwend as sd op n daaglikse basis nie.
Groete
Groete