Bokke - lamhokke en koue lammers
-
Skaaphond
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Mon Jun 23, 2014 4:31 pm
Bokke - lamhokke en koue lammers
Hoe maak die boere met koue lammers? As jy vanoggend in die kraal kom en daai lammetjie lê so koud en half verkluim daar? Wat maak mens, wat is julle manier om hulle warm te kry, ek weet die algemene raad is bring hom in die huis in, maar soms vind ek dat mamma dan die lammetjie verwerp want hy ruik nou "snaaks".
Ook how lyk julle lamhokke? Hoe lank voor die tyd keer jy die ooi uit? Waarmee "line" jy die hok? Strooi|saagsels\...? En waar kry jy die strooi\ saagsels? Hoe groot is jou hok en waarvan het jy hom gemaak? Ek lam binne in 'n ou groot klipkraal, maar oënskynlik is dit nog nie genoeg nie. Gisteroggend het weer 'n half verlkluimde outjie in die kraal opgelewer. En die nag was nie eers so vrek koud hier in die NK nie.
Verskoon asb al die vrae, wil graag my kraal verbeter, maar moet nou maar eers bietjie planne bymekaar maak en dan somme maak. Geld groei nie aan bome nie en elke boklam wat vrek is 'n verlies.

ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
Ons het die koue lammers altyd agter die agastoof gesit.
-
Herrie260
- Jr. Member

- Posts: 58
- Joined: Tue May 20, 2014 11:27 am
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
My lamhokke is so 1.5x1.5m groot. Het hulle van 15mm en 20mm pyp met 2mm wand dikte gemaak. Ek het my hokke egter op hortjies vloere gesit so ek gebruik nie bedding nie. Het voorheen saagsels en koringstrooi gebruik, maar dit word te arbeids intensief en te duur oor die lang termyn. Hortjies was wel duur aanvangklik maar lammers is baie gesonder.
Vir koue lammers gee ek so gou moontlik van die ooi se eie melk met n maagbuis in en sit die lam en ooi in hokkie in die son uit die wind uit. As daar nie baie lammers is nie kan jy n rooilig gebruik wat vir hoenderhokke gebruik word.
Ek boer met skaap, maar is seker nie ver van bok af nie
Groete

222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
Hallo Skaaphond.
Ek boer ook skaap nie bok nie.
Ek spuit die lam so 5cc MFC onderhuids en 0,5cc prednisolone 1%. Dan maagbuis met bies. Na so rukkie in die son kom hulle gewoonlik gou reg.
My lamhokke is ook van 20mm pyp maar met sif oorgetrek. 1,2x1,5m. Gebruik grasbale wat hulle langs die paaie sny vir beddegoed. Die ooie lam in kampe by die huis waar hulle solank gewoond gemaak word aan die rantsoen in die hokkies net so 1kg per ooi per dag. Sodra sy lam kom sy en haar lammers in die hokkie tot hulle mooi sterk is.
Hoop dit help jou darem.
Groete Eddie.

- Karooklong
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
Skaaphond - op die forum is die manne gestel goeie maniere. Stel jouself eers voor en sê vir ons wat is jou belangstellings en vertel ons meer van jouself.
Ek is ook 'n bokboer - Angoras en skaap intensief. Angoras ekstensief, maar lam hulle in 'n semi -intensiewe stelsel. Waar in die NK is jy en watter rasse boer jy mee.nis
Groetnis
PJ
Ek is ook 'n bokboer - Angoras en skaap intensief. Angoras ekstensief, maar lam hulle in 'n semi -intensiewe stelsel. Waar in die NK is jy en watter rasse boer jy mee.nis
Groetnis
PJ
Karooklong
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
-
Skaaphond
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Mon Jun 23, 2014 4:31 pm
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
Jammer, my maniere laat my in die steek. Ons (ek boer saam met Pa, bly saam met hom en ma op die plaas, nog nie erens beter gevind om te gaan nie) boer in die Postmasburg distrik. Tussen Postmasburg en Griekwastad. Ek boer met die bokke - Savanna en Boerbokke. Hy het die skape en die beeste. Ons is nou besig om die skape tot niet te maak - Jakkalse eet hulle nou te vinnig op. Bok het darem horings en verdedig homself bietjie beter. Het 5 Skaaphonde, maar nooit tot dusver een geleer gekry nie, hoop om nou as die boklammers so bietjie groter is, die jongste te probeer leer. Die instink is bitter sterk in daai puppy, so ons sal maar sien.
Ander belangstellings, my perde - al agt van hulle- en fotografie.
Die bokke is maar my inkomste saam met 'n bietjie beskuit wat ek vir 'n paar kleinte in die dorp bak.
Groete.
Elma.
Ander belangstellings, my perde - al agt van hulle- en fotografie.
Die bokke is maar my inkomste saam met 'n bietjie beskuit wat ek vir 'n paar kleinte in die dorp bak.
Groete.
Elma.
- LoveHenties
- Sr. Member

- Posts: 413
- Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
Welkom hier Elma. Ons het 'n paar dames hier nodig 
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
Elma
Ek hou my boklammers slegs 2 dae in lamhok, as dit 'n jong ooi met 2 ling is dalk so 3 dae net tot die ooi en lam gebind het daarna skuif ek hulle na 'n groter kraal of kamp van so 200x200 meter waar ek 'n plank voor die hek hou sodat die ooi kan uitgaan en terugkom om melk te gee, ek laat die ooie dan naby wy en sal hulle gereeld kom melk gee, ook nie te veel lammers per kraal nie anders pak hulle die eerste ooi wat inkom te veel.as die lam oor die plank kan spring is hy sterk genoeg om saam veld toe te gaan. Ek gooi hooi in en het 'n toe skuur waar swak lam en ooi in lam hok staan. As jy lam wegvat om warm te maak vee hom net weer onder ooi se stert 99% sal sy hom weer aanvaar biesmelk maak hulle gou warm ooie wat 2 keer agtermekaar enkel lam gee word uitgeskot, maak seker jou ram het 2 ling geen anders help dit nie jy skot ooi uit as ram nie die geen ook het nie.
Groete
Ben

Ben, hoe hoog is jou plank? Ek het dit probeer, maar ek dink my obstacle was te laag want van die lammers het ook oorgeklim. Op hierdie oomblik jaag ons die ooie halfdag uit en hou maar die lammers terug, Jakkalse!!!
Dankie vir al die advies almal. Eddie, wat is MFC?
Merk Enigeiemand hier ooie en lammers in die begin om hulle te kan uitken, wat gebruik jy om hulle te merk?
Dankie vir al die advies almal. Eddie, wat is MFC?
Merk Enigeiemand hier ooie en lammers in die begin om hulle te kan uitken, wat gebruik jy om hulle te merk?
-
Skaaphond
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Mon Jun 23, 2014 4:31 pm
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
O ja, watter oorplaatjies gebruik julle, indien julle dit gebruik? Ek gebruik die lang plat "sheeptags", maar heelparty van my ooie het al letterlik middeldeur geskeur het van 'n oorplastjie wat in die draad vasgehaak het.
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
MFC is n calcium borogluconate oplossing en word eintlik gebruik vir melkkoors behandeling. Jy sal dit by enige kooperasie kry. Miskien net onder n ander naam. Die oplossing het magnesium en dekstrose ook in.
Ek merk die ooi en haar lam met nommertjies wat ek sommer van draad gebuig het en in verf druk. Die nommertjie is so 6/7 cm groot.
Groete.
Eddie
Ek merk die ooi en haar lam met nommertjies wat ek sommer van draad gebuig het en in verf druk. Die nommertjie is so 6/7 cm groot.
Groete.
Eddie
-
Skaaphond
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Mon Jun 23, 2014 4:31 pm
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
Dankie Eddie.
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Bokke - lamhokke en koue lammers
Plank is so 350mm hoog, soos ek noem as lam daaroor spring gaan hy saam veld toe vir die dag, hulle loop dan naby kraal en kom weer in agtermiddag, Eddie se plan werk lekker. vir oorplaatjie moet jy die kleinste gebruik wat jy kan kry wat vir jou sal werk hang af van hoe jou nommers werk, ek werk net met verskillende kleure.
Groete
Groete