Hoenders in Residensiele gebied

Post Reply
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Hoenders in Residensiele gebied

Post by AntonF »

More Jaracal

Ek soek n bietjie raad by die slim manne
Ons woon in n myn woongebied maar my bure aan alby kante dink hulle woon op n plaas want hulle alby hou plaas diere aan.
As jy van die pad af kyk na my huis se kant toe die een aan die regterkant het omtrent dertig plus hoenders, mak tarentale en kol gaanse.
Dan die een aan die linkerkant het drie gaanse, n boerbok en dan ook so paar hoenders.
Nou ja soos julle weet is daar straat ligte so die hoenders dink die sonskyn die hele tyd en ons sukkel om te slaap en dit gaan nou al lank aan. My kind sukkel op skool want sy kry nie genoeg slaap in nie.Ons was al drie keer by die huis raad maar daar gebeur niks nie daar word net n grap daarvan gemaak. Die laaste keer het die een in n baie mooi manier gese hou op of ons skyf julle uit die woongebied uit en die HR se die mense in die woongebied klaar oor klein goedjies.
Nou is die bure aan die linkerkant nou so hulle maak die gaans dammetjie vol en dan loop die water amper in my kombuis in.
Nou wil ek weet is daar n wet oor die aanhou van plaas diere in n woongebied.

Enige raad sal waardeer word

Groete
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by tripodmvr »

In 'n munisipale gebied is daar by wette wat sulke dinge reël en is pluimvee en diere gewoonlik nie aanvaarbaar om aan te hou nie. 'n Myndorp is privaat van aard en as die myn nie sulke reëls neerlê nie gaan jy sukkel - jy het dit reeds agtergekom. Die mynbestuur behoort jou met so orde reeling te kan voorsien. Die polisiering van sulke reëls is waar jou probleem lê.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Dawie Malan »

Anton

Jy moet na jou munisipale kantoor gaan en gaan kyk wat sê die dorpstigtingsvoorwaardes. Baie myndorpe het geen stigtingsvoorwaardes nie en ek het al baie gevalle gekry waar tot 200 huise op een titel gebou was op die myngrond. Reels wat ons al neergesit het op landelike ontwikkeling, waar plotte ontwikkel was dat jy nie meer as 6 groot diere (beeste), 10 kleindiere (skape) en 20 pluimvee mag aanhou nie. Varkboerdery in so ontwikkeling is uit. Hierdie voortwaardes het afgestam van die ou Perry Urban voorwaardes en mag steeds afdwingbaar wees op die plotte rondom jou.

Jou beste wapen gaan wees om eers 'n formele klag by jou naaste munispaliteit te lê en daarna ook by die Dept Gesondheid. Indien die afloopwater van hierde diere besmet is en dit in 'n opvangsgebied van 'n spruit land, kan jy ook 'n klag indien by die Dept Waterwese. Die hoek waarmee jy moet aanval sal wees dat die buurmanne pluimvee op kommersieële skaal boer.

My ondervinding met Dept Gesondheid is dat hulle nogal vinnig reageer, veral as jy dreig om die media te betrek.

Groete en sterkte

Dawie Malan
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by AntonF »

Dankie manne

Ons waardeer die terugvoer
Nou weet ek waar om te begin

Met Dank

Die Fourie gesin
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Hein M. »

;)

Ek woon in Tulbagh en so 'n klipgooi van my af woon mense wie se hoenderhaan van 03:00 af konstant begin kraai. Die wetter is regtig irriterend en ek maak soggens deur my slaapnewels bose planne om van hom ontslae te raak. Menslike natuur.

Hein M
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by AntonF »

Hein

Ek ken daai gevoel >:D myne begin 00:30 en dan nog voor dit dan blaf die ander buurman se hond nog vir sy boer bok reg langs sy venster van 21:00 tot 23:00 en moet my nie sy hy hoor dit ??? :o

AntonF
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by PWV »

Anton, jy moet ook maar met 'n boerdery begin!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13639
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Capt. Yoda »

Ek sal mal raak.Kry vir jou n lekker foxpro shockwave wat jy da voor die man se huis op die muur sit en as die hoender begin skree dan toets jy bq jou calls in stereo uit

http://cdn2.bigcommerce.com/server2900/ad179/product_images/uploaded_images/shockwavex500.jpg?t=1398725710
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Eugene »

Stem saam met Dawie, op myneiendom is dit effens moeiliker as in 'n gewone residensiele area.

Hier by ons sê hulle baie maklik dat verblyf daar 'n vergunning is, gesubsidieer word en dat daar 'n lang waglys is, so as jy ongelukkig is en wil trek, is jy welkom......
Aim small, miss small
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Cobus(Cobb) »

nee wat, laat daar elke 2e aand, sonder 'n roetine iets minder oorleef, as dit mense van jou eie dam is weet jy niks, as dit andervolkeres is, laat hulle maar verstaan dis seker die voorvadersgeeste of iets...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Hein M. »

Jy is reg Cobus

Ek werk nog net aan die metode. Al my idees is egter onwettig...
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Chris Swart »

Cobus(Cobb) wrote:nee wat, laat daar elke 2e aand, sonder 'n roetine iets minder oorleef, as dit mense van jou eie dam is weet jy niks, as dit andervolkeres is, laat hulle maar verstaan dis seker die voorvadersgeeste of iets...

Cobus

Ek en jy dink dieselfde >:+
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Chevvy SS »

Het iemand nie 'n muskeljaatkat, muishond of iets dergliks om aan ons maat te skenk nie?
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Chris Swart »

Hoeveel veld is daar naby?

Kan mens nie dalk 'n jakals inroep nie.

Dit sal die eerste keer in die geskiednis wees dat 'n roeper gebruik word om 'n jakals te roep, omdat iemand hom WIL hê. ++>:
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Willie »

Ek het juis Sondag 'n hoenderdief muishond in 'n slagyster gevang. AS ek nou geweet het hy kan van waarde wees sou ek sy lewe met graagte gespaar het.
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by AntonF »

Dankie manne dit is soort van n natuur reservaat waar in die huise is ons bly aan die een kant van die woongebied maar daar is elektriese heining om en gewone oegies draad om so ek dink jakkels gaan nie by ons uit kom nie :'( maar die foxpro oefen metode kan dalk werk :angel:

Oom PW ek het so paar varkke op een van my vrou se ooms se plaas ek dink daai kan dalk ook werk >:D
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Jakkalsgat »

Kry vir die dorp so makkerige rooikat en laat hom maar bietjie wei!
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by AntonF »

As julle weet van ongediertes wat bietjie honger is ;D
NOU WEET JULLE WAAR HEEN MOET JULLE HULLE STUUR >:D
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Willie »

weet nou nie of postnet daai pakkie sal aanvaar nie :): :-[
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Chris Swart »

AntonF wrote:As julle weet van ongediertes wat bietjie honger is ;D
NOU WEET JULLE WAAR HEEN MOET JULLE HULLE STUUR >:D
OK julle manne met die vanghokke, nou weet julle wat om met daai kietsie te doen in plaas van doodmaak.

En dan sê Bool ons in net 'n klomp moordenaars wat nie die arme rooikatte vir 'n doel sal spaar nie >:D >:D >:D
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Hein M. »

8)

Die hoener hier langsaan kraai steeds.

Gehoor dat 'n mens mieliepitte in Dazzel kan laat lê - dit akkordeer blykbaar negatief met hoenders se spysvertering :angel:
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Hoenders in Residensiele gebied

Post by Hennie Dreyer »

Anton - ek kom weer eersdaags daai kant toe - my windbuks met die silencer op moet werk kry
Hennie
.308 CZ 550 Lux
Post Reply