7mm Langafstand ?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

7mm Langafstand ?

Post by maxboostsa1 »

Ludwig, lyk vir my jy het al baie huiswerk gedoen op al die 7mm kalibers. Watter een is die beter keuse vir lang afstand skiet? Wat is jou gunsteling en kan jy so bietjie verduidelik waarom nie een van die ander 7mm nie? Ek het op die 6.5x55 besluit en ek dink dalk sal ek later n 7mm ook aanskaf.

7mm Rem Mag
7mm WSM
7x64
.284
7x57
7-08
En natuurlik die ander soos
.284 Shehane
7MM Tombi
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Jean Marais »

Hallo Ludwig

'n Maat van my is tans besig om vir hom 'n 7mm te bou.

Ons het ook lank gewik en weeg tussen 6.5 en 7mm, en het op die ou einde, half onwetend, maar na ons jou stuk hierbo gelees het, die regte keuse van 7mm kaliber gemaak. Dopkeuse is nou ons volgende oorweging, maar as dit moontlik is, sal ons graag een dag vir jou wil kom kuier dat ons lekker hieroor kan gesels, en sommer jou kundigheid bietjie kan tap.

Laat weet of jy beskikbaar sal wees vir so-iets, dan gesels ons later verder.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Alwyn »

Ludwig
Dankie vir jou skrywe ek het geleeer daar uit.

Net n vinnige vraag van my kant af....

28" duim loop... sal dit reg wees as ek se jy spoed gan af kom met so 50fps?

Ek hoor graag van jou

P.S ek bly ook in Centurion... dalk moet ons n information session hou....
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 7mm Langafstand ?

Post by maxboostsa1 »

Dankie dis mooi verduidelik.. Dit help nie om altyd na die internasionale ouens te kyk en te luister nie, hulle skiet nie met Somchem nie. Ek is seker ek sal die 6.5x55 geniet maar soos jy sê as ’n man verder bietjie meer energie wil hê sal die .284Win beter werk.
Ek sal solank bietjie gaan rond kyk na beskikbaarheid van dies en watter rak gewere jy kry in .284 Win.
Ek het ook maar nog ’n groot voorliefde vir my 30-06 soos Fritz en is nie bang om ’n bok te skiet op oor die 400m nie, ek dink van 600m verander die prentjie sommer baie tussen die kalibers!
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Armand9 »

Ludwig, ek wat dalk my rsa aksie wil gebruik vir so n projek. Sal ek gebind wees tot daardie aksie as ek die inletting op n kolf laat doen vir n rsa. Gaan n verandering in aksie n verandering in kolf ook beteken. Ek neem so aan.
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 7mm Langafstand ?

Post by maxboostsa1 »

Ek het n vermoede gehad dat daar nie n rak geweer gaan wees nie. Wat van dies en wie sal jy vooorstel om so iets te bou?
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 7mm Langafstand ?

Post by maxboostsa1 »

Waar sal jy se val die 7x64 in die 7mm klas?
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: 7mm Langafstand ?

Post by JTM »

Ek reken dan die 7mm Rem Mag sal dalk ook werk , maar net met baie meer dryfmiddel en skop of wat dink jy?
Jannie Welman
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Jaco B »

Hi Ludwig.

Vir interessantheid, hoe vergelyk die 7mm Weatherby Mag se laai data met die 284 Win en ander kalibers soos hierbo genoem.

Jaco
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Jean Marais »

Ludwig wrote:Jean, julle is meer as welkom. Ek is ook in Centurion so ons kan baie maklik by mekaar uitkom en bietjie gesels.
Waardeer dit. Ek sal weldra met jou kontak maak.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Jaco B »

Hi Ludwig

Dankie vir die terugvoer.
My Pa het 'n 7mmWbyMag waarmee hy jag(net jag,geen baanskiet nie) so net gedink hy sal dalk goed doen op lang afstand.
Ek het gedink met die platter skouer(dubbel radius) sou dit naby aan 'n 7mmRemMag AI gewees het of sit ek nou die pot heel mis? Weet nie of die 7mmRemMag AI gedoen kan word en n verbetering sou wees nie.

Hoeveel meer kruit gaan die Wby brand as die Rem?

Jaco
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 7mm Langafstand ?

Post by LUAN »

Ludwig hoe vergelyk die drie 7mils as jy net n 24" loop het? Kom ons se ook 162gr koeel
7x64
7mm rem mag
.284
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 7mm Langafstand ?

Post by LUAN »

Wou net weet vir interesantheid watter van die 3 sal beter wees vir n gewone jag geweer met kort loop. So dit sal tussen 7x64 en 7mm Mag wees.
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Jaco B »

Ludwig

Dankie vir die inligting, maak nou beter sin vir my. Gelukkig skiet my Pa maar min. As hy 20 patrone in die laaste 5 jaar geskiet het is dit baie. Ek dink die geweer het maar tussen 80 en 120 skote gedoen.

Jaco

Ps. Geluk met jou 5000ste post....1 away
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Wouter Roets »

Luddie

Ek sien jy het vir jouself hier in n ding ingelaat met al die vrae! ;D Dankie vir die deel ou maat.

Mense kan ook sterk die 280 Rem Ackley oorweeg. Met die feit dat jy klaar doppe vir hom kan kry is dit ook n heel skaflike opsie onder die 7mm's vir hierdie tipe werk.

Groetnis
Wout
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Wouter Roets »

Luddie

Ons weet mos die Amerikaners is spoed mal of dalk net n bietjie meer ingelig, wie weet?

Ek is ook heeltemal met jou oor die 284 as eerste keuse, daarna sou ek na 7-08 Ackley of 7x57 Ackley gekyk het as alternatief. Looplewe en recoil en natuurlik wat werk met ons kruite is vir my van kardinale belang as dit by die goed kom.

Groetnis
Wout
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Wouter Roets »

Luddie

Ek het al bietjie huiswerk gedoen en dit sal eintlik n baie eenvoudige proses wees om n bestaande 7x64 se kamer oor te sny na 280 Ackley toe. Jy kan net bo oor die bestaande kaliber die Ackley kamer sny so loop word nie eers verkort nie. n Mens sal net moet kyk na die vryboor gedeelte wat die 7x64 s'n kan soms lank wees. Jy sal natuurlik ook moet aansoek doen vir n kaliber verandering.

Groetnis
Wout
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Wouter Roets »

Luddie

Dan is jy mos uniek! ;D Jy sal nie glo hoeveel ounens my al gekontak het daaroor nie.

Groetnis
Wout
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by tau »

Dankie vir die info manne.

Ludwig jy weet so iets spook al lankal by my. Wouter ek het al gedink om 'n 7-08 te koop en te herkamer na .284win. Hulle kom met 1:9 lope. Vir my is dit vir 'n Karro/Kalahari jag geweer soos my 7mm RM is, maar soos ons weet brand die Rem Mag onnodig kruit. Dink julle dit kan werk. Ek is nie so erg bekomerd om swaarder as 150gr koeels te skiet nie. En dit sal tot 500m jag skote wees.

My een vriend wat gereeld saam met my skiet het 'n 7-08mm AI wat deur Musgrave gebou is op 'n OB mauser. Die AI is later deur Harrison gedoen in die Kaap. Die roer skiet 140gr Ballistic tips vrek goed. Ek besef vir julle wat Lanngafstatend skiet is dit te lig, maar die roer beindruk my baie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Wouter Roets »

Hallo Tau

Onthou hierdie gesprek gaan oor werklike langafstand jag en die kalibers wat die idiaal is daarvoor. Ons raak dalk so bietjie in die ekstreem tegnies hieroor en probeer die meeste aspekte in ag neem. Nou hierdie beteken nie dat sekere kalibers nou ewe skielik uit die bus val as dit by hierdie aplikasies kom nie. Een so voorbeeld is die 7mm Rem Mag. Vir n persoon wat langerige skote van tot by die 500m wil vat sal die 7mm Rem Mag verseker nog n uitstekende keuse wees. Die kaliber is harder op lope en hierdie is n groot faktor vir langafstand skuts wat teregtelik baie werk doen op die baan alvorens hy in die jagveld kom. Letterlik honderde skote word geskiet vir elke enkele een in die jagveld.

Skote tot by die 500-600m merk is relatief maklik in vergelyking met skote anderkant die merk so n mens kom weg met heelwat minder oefening. Moet my nou nie kruisig oor die stelling nie maar dit is die realiteit. Nou kom ons se jy spandeer twee honderd skote met die geweer n jaar op die baan en vyf bv in die jagveld sal n 7mm Rem Mag jou n hele paar jaar kan hou. Meskien is n realistiese syfer nader na 100 oefenskote n jaar vir elke 5 in die jagveld wat amper n leeftyd sal hou as n mens in ag neem jy behoort hier by die 2000 akkurate skote uit die loop te kan kry. Ek prbeer net hier wys wat n bekende loopvreter kan vermag in realiteit.

Die 7mm Rem Mag kan nog steeds n nodespoed in die 24-26 duim loop met goeie BC koeels slaan wat die kleiner dop kalibers 28-30 duim lope nodig voor het. Dit maak dat die gewere handiger is vir meer algemene werk. n Silencer of muzzelbreak doen ook baie om recoil nie n groot faktor te maak nie. Ja die 7mm Rem Mag gebruik meer poeier maar dit is die prys wat n mens betaal vir performance. Die realiteit is die kaliber doen redelik goed met ons S385 poeier tot en met 160gr koeels. Dit is eers met die swaarder koeels waar ons n stadiger poeier nodig het in die kaliber. So wat ek hier se is dat die 7mm Rem Mag nog steeds n uitstekende kaliber kan wees vir n spesifieke aplikasie soos wat dit blyk joune is op die stadium.

Indien jou behoevtes verander kan en sal daar moontlik kalibers wees wat beter geskik is vir jou aplikasie en dan kan n mens dit aanspreek, maar vir nou sou ek net gebly het waar ek is. Om jou vraag te antwoord of dit moontlik sal wees om n 7-08 te omskep in n 284 is dit ja. Die aksie sal dalk nie idiaal wees tesame met langer koeels nie maar 150gr klas koeels behoort nog mooi te werk. n Bietjie werk sal dalk heel moontlik moet gedoen word aan die feeding ramps en magesynplaat om die dukker rondte van die 284 te akommodeer maar behoort nie n probleem te wees vir n goeie geweersmit te wees nie. Niks hoef gedoen te word aan die boltface nie aangesien die twee dieselfde gebruik.

Groetnis
Wouter

Luddie sorry ek tik al n rukkie hieraan so verskoon as ons dieselfde aspekte aanraak. Met hierdie skrywe vat ek glad nie die 284 aan nie maar probeer net verduidelik dat huidige kalibers ook funksies kan verrig en nie nou ewe skielik vir die ashoop bestem is nie. Wat mense nie altyd besef nie is dat jy n baie doelgerigte geweer gebou het en dat jy nie probeer het om n honderd boksies te tiek in die proses nie. Jy het gegaan en basies die ultimate lang afstand geweer/kaliber gaan bou vir jou aplikasies.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 7mm Langafstand ?

Post by Eugene »

Ludwig wrote: Op my laaste jag, na ek my takbok geskiet het en ons fotos geneem het, toe dit kom by die bok op die bakkie laai, het Eugene spottendewys gesê hy sal liewer die bok help laai op die bakkie as om my geweer te dra. ;D
True story! :P

Daai geweer (meer spesifiek die draer daarvan...) kan kan baie baatvind by 'n karretjie waarop jy dit kan sleep.... HEt iemand dalk 'n ekstra PnP trollie? ;)

Ek wil graag hier aansluit, as jy 'n "dedicated" LA geweer wil bou, gaan jy vinnig agterkom dat dit nie geskik is om baie rond te dra nie.... Ek het vir omtrent 45min met my geweer in daai berge rondgeloop agter ribbokke aan en dit was nie 'n plesier nie. Die teleskoop is groot en ongemaklik en met al die bybehore en ekstra toerusting, is dit bloot net nie die moeite werd nie. Kook eerder jou begroting en kry vir jou 'n 30-06 of soortgelyk vir algemene jag en dan jou LA geweer.
Aim small, miss small
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Re: 7mm Langafstand ?

Post by fredd »

Ludwig

Ek kon dit dalk mis gelees het maar watse twist loop het jy op jou 284 win? Is dit 'n 1 in 9" ?

Ek sien die swaarste koeel wat berger vir die 7mm maak is die 180gr VLD wat 'n 1 in 9 of vinniger vereis volgens hulle tabel.

Wat sal 'n mens dan skiet in 'n 1 in 8 twist loop soos wat Broughton vervaardig, of sal hy dalk net nog makliker gestabiliseer word? (bv teen 'n stadiger spoed)

Fred
Post Reply