Goeie more manne,
Graag wil ek by julle hoor wat julle van die bogemelde rangefinders dink. Wie het moontlik so een en wat is die produk se praktiese gebruiks afstand? Ek het een indie oog wat ek kan kry vir n billike prys, maar wil seker maak ek koop nie n kat in die sak nie. Ek wil die item gebruik vir jag en nie vir long range skiete nie. Ek is ook bewus dat dit n ouerige model is maar weet dat die leicas goeie kwaliteit produkte het.
Ek sien uit na julle kommentaar!
Groetnis,
Frikkie
Leica lrf 800 rangefinder
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Leica lrf 800 rangefinder
Blykbaar tweede beste plaaslik op die mark, die beste is die 1600 ook Leica

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: Leica lrf 800 rangefinder
Naas Swarovski is die Leicas in die ry. Ek het die 1600 en het nog net goed om te se van die produk. Vir jag gaan jy die 800 goed vind. As die prys reg is sou ek hom koop.
Hoor of jy bietjie die finder kan toets as moontlik.
sterkte

Groete, Willie
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: Leica lrf 800 rangefinder
Ek jag al seker 5 of 6 jaar met myne sonder enige moeilikheid...hys great!
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Re: Leica lrf 800 rangefinder
Bie dankie vir die terug voering manne!!
Carel - Hoe ver sal mens n springbok kan range in jou opinie?
Lyk my ek het darm nie die verkeerde besluit gemaak nie.
Ek kon hom kry vir R2000, in sy oorspronklike verpakking (boksie) met tot die buble wrap nog in
Hoop om hom te geniet in die veld!! nou moet die tyd na die 16de Julie net verby gaan!!!
Groetnis,
Frikkie
Carel - Hoe ver sal mens n springbok kan range in jou opinie?
Lyk my ek het darm nie die verkeerde besluit gemaak nie.
Ek kon hom kry vir R2000, in sy oorspronklike verpakking (boksie) met tot die buble wrap nog in
Hoop om hom te geniet in die veld!! nou moet die tyd na die 16de Julie net verby gaan!!!
Groetnis,
Frikkie
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: Leica lrf 800 rangefinder
Beste R2000 wat jy nog spandeer het. Ek het al sprinngbokke redelik maklik gerange tussen 500 en 600 meter...mens moet maar partykeer meer as een lesing vat voor hy hom optel (op daai afstande) maar jy gaan glad nie te veel sukkel nie.
Groete
Groete
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: Leica lrf 800 rangefinder
Die vraag is oor die LRF en nie nuwer CRF modelle. Hy word plat gehou, maar jy kan hom op sy sy ook draai.
Ek het 'n LRF800. Hy werk baie baie goed en die optics is goed. Hy meet baie ver (mits jy 'n lekker dooierus het). In sekere omstandighede sal bome tot meer as 900m gerange word (ja, meer as wat hy glo kan; as dit nou so was weet ek natuurlik nie, maar dit was die lesings en ek sal dit nie in twyfel trek nie). Ek sal sê geboue en voorwerpe wat lekker weerkaats sal hy die meeste van die tyd tot die 800m kan range sonder moeite. Dit is 'n goeie eenheid in die verband.
Hy werk met die 9V batterye en leeftyd lyk my goed. Jy kan hom verander om yards ook te lees in plaas van meter, as jou kop so werk.
Klagtes is:
1. Hy is nogal groot teen vandag se standaarde gemeet. Ek hou daarvan om my rangefinder in my bosak te dra en dit kan hy nie doen nie. Die nuwer modelle en my Nikon 800 (wat nie nastenby so ver meet nie) pas.
2. AGV die ontwerp en waar die knoppie om te aktiveer sit, is dit moeilik om hom effektief met een hand te gebruik. Dit kan lol as jy 'n (gelaaide?) geweer moet vashou en die rangefinder gebruik.
3. Die knoppie wat gedruk moet word om te meet is nogal stram en dit maak dit soms moeilik om die eenheid stil te hou vir meet doeleindes. Dus werk hy op sy beste met 'n rus.
4. As jy graag 'n tripod gebruik om die RF op te stel en doodstil te hou het jy moeilikhied, want die LRF het nie die skroefdraad daarvoor nie (wel myne nie en sover ek weet ook nie ander nie).
Vir die skietbaan en waar jy jou geweer sal kan neersit om te meet (voorsit bv.) sal hy jou seker nie teleurstel nie, maar vir algemene jag glo ek is daar meer praktiese opsies. Jammer aan die verkoper op die forum. Dit is 'n puik produk t.o.v. glas en afstand meet.