Skelmste ongedierte teegekom

Post Reply
User avatar
Swartsak
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Mon Apr 30, 2012 11:57 am

Skelmste ongedierte teegekom

Post by Swartsak »

Dalk was daar al so bespreking, maar na aanlyding van 'n gesprek wat Taffie gehad het met 'n ander lid (kan ongelukkig nie die ander persoon of draad onthou nie) oor 'n spesifieke slinkse jakkals verneem ek graag wat is die skelmste (roofdier) ongediertes wat deur jul al teegekom is? Let wel ek praat nie van 'n spesie as sulks nie, maar meer spesiefiek 'n dier/paar. Daarby sal dit ook vir my interesant wees om die omstandighede en faktore daar rondom te hoor. Hoeveel skade (indien beraambaar) het hul aangerig, wat het daartoe gely dat die dier so skelm/berug was en, indien wel, was die dier(e) van kant gemaak? Ek glo vanuit die diere kan ons baie en soms min leer - baie omdat ons identifiseer wat verkeerd gedoen was en min aangesien hul nie daarna noodwendig steeds met dieselfde stel reëls soos die res van hul spesie speel nie. Seker waarom ek al van baie "out-of-the-box" wyses of bloot toevallige ontmoetings gehoor het hoe hul tot hul eindes gekom het...
Last edited by Swartsak on Tue Sep 20, 2016 8:17 am, edited 1 time in total.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Skelmste ongedierte teegekom

Post by wlm »

My roofdier is nie skelm nie maar hy vat al my geldjies. Hy is Wimmelman van Safari and outdoor!
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Skelmste ongedierte teegekom

Post by Armand9 »

Interessante storie van jou. Daardie reun gan bitter moeilik geskiet word met roep. Al twee keer sy vrou so afgestaan. Maar partykeer verbaas hulle jou dan skiet jy hom een aand/dag sonder moeite. Hopelik het hy gevrek van sy wond as dit hy was. Een ding is seker, ta verras jou altyd.
Ek sit met n stel hier wat nie wil inkom. Ook al alles probeer. Tel hulle met die trail camera op ma kan geen roetine vasstel nie. Weet egter nou ek is naby hul adres. Tyd sal leer.
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Skelmste ongedierte teegekom

Post by Suidwes »

Interesante storie Swartsak.

Wonder hoeveel boere sit met dieselfde probleem. Ek weet ek is een, by my is dit weer n teef. In die afgelope 3 jaar, haar reun maats en helpers elke keer geskiet, maar kry nie vir haar nie. Sy bly ook in dieselfde area heeltyd, skuif tussen 4 kampe rond. Het al nagte by die water omgesit om te kyk of sy n voetfout wil maak, maar geen geluk. Glo sy sal ook seker vrek van ouderdom.

Groete
Suidwes
Post Reply