308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Armand9 »

Manne wat al die pad gestap het, raad sal waardeer word.
Ek wil begin bene rek op die skietbaan en jagveld. Die idee is mos maar om eers goed vertroud te raak op die baan en dan later op verder afstande te begin jag ook. Nou hierdie tipe skiet vat baie oefen en soos jy meer vertroud raak met die ding begin jy beter toerusting ook gebruik.
Nou hier is die ding. Ek besit tans n 308 skyfskiet geweer wat baie min skote deur hom het. RSA aksie. Gaan dit die moeite en geld werd wees om vanaf hierdie basis iets vir die doel te bou. Ek wil my nie deur afstand beperk nie, maar glo jy begin maar naby en werk met tyd en oefening op. 1000m in die verre toekoms is n syfer in my kop. Maar dit kan ook mos groei mens weet nooit.
Hierdie sal n langtermyn plan wees. Ek wil net nie begin geld spandeer op die rsa en dan later sien ek moes iets anders gebruik het nie.
Of moet ek eerder van die begin af komponente van nuuts af bymekaar maak vir n pasmaak geweer.

Hoor graag
Armand
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by 375fanatic »

daai plank gewere is ysters ek is nou nie n verskiet man nie maar ek sal met hom begin as ek jy was
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Armand9 »

Dankie Ludwig. Ek nog nie gemeet nie maar verbeel my die plankgewere se lope het n stadiger(lees langer) twist. Sal bq gaan kyk.
Ek wil later as ek vertroud is met die afstande jag ook ja. Dink daar is beter kalibers vir dit. Maar kan altyd die loop afdraai en iets anders opsit soos jy se. Die aksie is mos maar die platform en dit moet my nie later beperk nie. Enkel skoot glad nie n beperking vir my nie.
My idee was maar om eers met die 308 kaliber vertroud te raak met die konsep en dan later na n meer geskikte kaliber oor te skakel. Hou van die 7mm's met hul hoe BC koele.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3629
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Fanta300 »

Afhangende van die loop kan die "Twist"1:12 of 1:14 wees. (Meet om te weet) Hulle is gebou om 143gr FMJ te skiet.

Ek het met myne Bisley geskiet tot op 1000 tree. Lekker akkuraat!
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Armand9 »

Ek het hom ook so. Sal net meet. Dink nie die 175gr gan dan werk ni. 150gr seker daardie twist se maat. Maar sal darem iets swaarder wil skiet. Sal 165gr nog werk?
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3629
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Fanta300 »

Ek het eendag op die baan 165gr geskiet maar net op 100m en redelike groep (<1") gekry met die gaaitjie visiere maar my ogies nie meer van die beste nie. Myne is 1:14 twist. So lyk of 165gr dalk kan werk. Ek het 'n 27" Ferlach loop op my RSA aksie. Ek dink vir akkuratheid sal die 155gr beter werk.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Sangoma (IAN) »

Stem saam met die manne hier Bo.

Ek sit ook in jou bootjie, ek het ook n RSA enkelskoot geweer aangeskaf vir bietjie verder skiet op die baan en van die bakkie af te jag....lol. Die ding is heeltemal te swaar om in die veld te dra... Ook om so nou en dan n FTR kompetiesie mee te skiet.

Ek was gelukkig, myne het klaar n 30" duim s/s loop op, twist 1:13 vir 155gr punte en n match 2 stage sneller. Ekt n picatinny rail bestel en Burris scope mounts.
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Riebeeker »

Ek stem glad nie saam met die raad hierbo nie. Verkoop daai geweer so gou moontlik. ;)
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Armand9 »

Ja manne dankie vir die raad. Ek sou graag die twist vinniger wou he. Maar sal seker met 155gr ver kan byt vir eers. Moet eers die tegnieke/ballistiek en fynere kunsies van vetskiet onder di knieg kry. Dan kan ek hom verder pasmaak. Dink die grootste uirdaging is om nou die gepaste scope te kry. Die outjie is nog bloots op die stadium. Hoop maar my skippie kom in binne die volgende jaat.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by LUAN »

Armand hoe lank is jou geweer se loop? Probeer ook die twist meet as hy nog 1:13 is kan jy die swaarder koeels probeer. Gaan kyk bietjie op die oorsee forums watse swaar koeels van die manne skiet.
http://riflemansjournal.blogspot.com/20 ... twist.html
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Gerhardu »

Jy sal nie verkeerd gaan nie. Ekt juis so ruk terug vir my die CZ 550 .308win Laminated Varmiter gekoop vir langafstand teiken skiet en jag. Ek gaan 155gr punte gebruik. En as daai loop uitgeskiet is dan skroef jy n .260 Win loop op!!!
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Armand9 »

Die geweer nog netso in sy sak van my vrou se oupa af. Nog net vasgehou en beloer. Nog niks mates geneem nie. Sal die nwk moeites doen met twist en loop. Om met die oog te kyk beteken seker niks maar die loop lyk nog mooi. Weet daar is seker nie 300 skote deur hom ni. 260 klink goed! Maar ek neig 7mm toe. Wil dam van die groter bokke later ook verder skiet. Maar vir eers gaan ek sy huidige loop gebruik. Ek sal loer op daai site. Sal net soveel beter wees as swaarder as 155gr kan gaan.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Alwin »

Hou jou 308 soos hy is. Jy kan 'n teleskoop monteer, dis 'n goeie verbetering. As jy dit sou regkry, om die loop uit te skiet, kan jy na ander kalibers (260 ens) oorskakel. Teen daardie tyd, behoort jou skietkuns heel op standaard te wees.

Met 'n 1-in-12 groefdraai, kan jy Sierra 175 MK lekker stabiliseer. Dis waarskynlik een van die beter opsies vir lang afstand.
As jou geweer 'n 1-in-14 groefdraai het, sal jy beperk wees op 155gn. (Afhangende van die koeël se lengte.) Nog steeds heel bruikbaar op langafstand. Daai kombinasie is oorspronklik ontwerp vir Bisley-skiet op 1000 jaart, dis omtrent 915 m.
As jy langafstand-jag oorweeg, onthou net dat daardie teiken-koeëls nie oorspronklik vir jag ontwerp is nie. Teen die verlaagde impakspoed op lang afstande, gaan hulle waarskynlik meer soos volmantels werk. Lekker sagte jag-koeëls (te sag vir normale-afstand jag) werk gewoonlik goed vir daai laaaang skote.

My eie RSA se loop het skade gehad naby die tromp, en het na herstelwerk op 22" ge-eindig. Dit verminder die spoed effens (+/- 200 fps minder as 28" loop), maar is nog heel bruikbaar. Die verste wat ek hom op ghonge probeer het, was 600m. As die drywer sy deel doen, klap die koeëls reelmatig teen die ghonge. Om verder te gaan, gaan ek 'n nuwe teleskoop benodig. Dus, kies die teleskoop reg, vir lang afstand skiet en / of jag.
Last edited by Alwin on Fri Jun 20, 2014 6:57 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Armand9 »

338 Dankie vir jou inset. Ja ek sal dalk net skaafwerk aan die kolf laat doen. Sall net eers kyk hoe hy my pas. Maar op hierdie stadium gaan my grootste en amper enigste uitgawe n ordentlike scope wees. Dis nou buiten dies, koele, doppe, ens.
Ek mik vir een in die 8-32 vergroting specs. Dan weet ek hys reg as ek dit regkry eendag om daai lang skote te vat. Maar die prys op daai outjies!!!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Alwin »

Kyk ook na teleskope met so 16 tot 20 X maks vergroting. Vir die afstande wat jy gerieflik met 'n 308 kan bykom (duskant 1000m), is dit waarskynlik voldoende.

Wat belangriker as vergroting is, is die definisie wat die teleskoop jou kan gee op daai maks vergroting.

Kyk ook wat die potensiële vertikale verstelling van die teleskoop is. Dis nogal lastig, as jy by die verstelknop se stop uitkom, voordat jy by jou skietbaan se einde uitkom. 'n Basis met 30 minute (0,5 grade) ekstra elevasie help nogal baie.
Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Charles.308 »

Hi Armand
Ek gebruik 155g lapua scenars en kry baie goeie groepeering, wanneer gaan jy vir ons n foto op sit van die geweer.
Is jou geweer die Littleton Musgrave of net RSA Musgrave.
Glo my jy gaan daai geweer geniet.
Groete
Charles
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Armand9 »

http://i1066.photobucket.com/albums/u403/ArmandvanEck/20140622_1817082448x1377.jpg
http://i1066.photobucket.com/albums/u403/ArmandvanEck/20140622_1820472448x1377.jpg

RSA Musgrave. Wat die verskil tussen hom en 'n Littleton? Het sy loop gemeet. Is 26 duim. Ek kry die twist op 1:12, maar dis maar op my skewe manier gemeet. Hy kan dalk 1:13 wees.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Sangoma (IAN) »

Ek dink eerlik waar jy moet daai geweer net so hou en niks verander nie. Dit is n besonderse geweer in absoluut MINT kondisie!! Ek is seker n collector sal def diep in sy sak krap om daai geweer by sy kolleksie te sit. Los alles net so, moet nie eers n rail opsit nie
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Armand9 »

Toe ek daai gatjie versier sien,het ek dadelik gedink n bok moet dam eers voor hom val! Die aksie het nie gate vir mounts nie so moet eers geboor word.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Sangoma (IAN) »

Armand9 wrote:Toe ek daai gatjie versier sien,het ek dadelik gedink n bok moet dam eers voor hom val! Die aksie het nie gate vir mounts nie so moet eers geboor word.
Dis wat ek eintlik bedoel. Moet eerder nie boor op so mooi oorspronklike geweer nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Alwin »

Armand9 wrote:http://i1066.photobucket.com/albums/u403/ArmandvanEck/20140622_1817082448x1377.jpg
http://i1066.photobucket.com/albums/u403/ArmandvanEck/20140622_1820472448x1377.jpg

RSA Musgrave. Wat die verskil tussen hom en 'n Littleton? Het sy loop gemeet. Is 26 duim. Ek kry die twist op 1:12, maar dis maar op my skewe manier gemeet. Hy kan dalk 1:13 wees.
Almal is deur Musgrave in Bloem aanmekaargesit. Die aksie is in Lyttleton gemaak. Die loop kan in Bloem, of in Ferlach (Oostenryk) gemaak wees. Kyk vir merke.

As jy die twist met primitiewe toerusting meet, kan die "meetinstument" glip, dan gee hy 'n "hoër" lesing. Dus, as jy 12" gemeet het, dan is dit waarskynlik nie 13 of 14 nie.

Daai is een van die eerste modelle. Later het die hout bo-op die loop verdwyn. Dit was maar net daar gesit, sodat hy nader aan die 303 lyk, wat sy voorganger was (dink ek). Die geweer het groot opslae gemaak, toe die Springbokspan teen die Pommies gaan skiet het. Hulle het, met goeie voorbereiding en spanwerk, die rooinekke erg die loef af gesteek. Toe wou hulle skoon die geweer verban uit die sport uit. (Altyd die apparaat se skuld, nooit die operateur nie...) Later was dit 'n baie gesogte uitvoerproduk. Van die gewere duik op in Kanada, VSA, Engeland, Australië en Neu-Zeeland.

As 'n versamelaar jou 'n mal prys aanbied, oorweeg maar om hom in oorspronklike toestand te laat bewaar. Maar kry genoeg uit die transaksie, om 'n akkurate geweer te kan koop!
Tns
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Thu Jun 05, 2014 11:39 am

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Tns »

Hi.

Watse afstand praat julle hier as dit kom op jag en papier skiet?

1000m?
RSA 7.62
6mm PPC
260 REM
12 GA REPUBLIC ARMS SHOTGUN
Tns
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Thu Jun 05, 2014 11:39 am

Re: 308 plankgeweer vir long range skiet en jag, ja of nee

Post by Tns »

Waarom ek vra,

Ek het a RSA aksie gekoop, toe a loop gekry by oom Fantie (fanta300)
Die loop is musgrave 1.12 en a half.
Het gelaai die eerste meer met 168gr Sierra match king, 38 gr S335 en
A spoed van 2350, het skote in mekaar geskiet, het altyd met cci br2 gelaai.
Het toe begin om met cci 250 te laai want br2 kon ek nie meer kry nie.
Die spoed van 2350 met a br2 primer is toe verbeter met 110 fps vinniger met a cci 250 primer met die selfde lading. Wou a spoed gekry het van 2600 maar het bly geraak met 40.5gr S335 en 168 gr punt.

Die nadeel is dat van 100m tot 200m is 12 clicks op my scope maar 45 clicks van 200 na 300.

Ek sal se dat die plankgeweer byde doel het vir papier skiet en jag, maar papier skiet weet jy die afstand. As a mens jag is dit a ander game tensy jy vooraf met a range finder 100 200 300 merke het en wag vir die bokke.

143, 155, 165, 168, en 175 gr sal werk met enige 30 cal!
Oefen so veel moontlik en die bokke sal val elke keer...
RSA 7.62
6mm PPC
260 REM
12 GA REPUBLIC ARMS SHOTGUN
Post Reply