yip, het die eerste dag 4 ramme gelaai, 3kop en 1nekskoot, 2e dag 2ramme en 1 ooi, almal kopskote...2e dag het Dewie darm sy hoed onthou.Gawie(7mm) wrote:Cobus, ek hou van daai "hengel-houding" van jou. Het jy darem 'n "byt" gekry?
Springbok jag voorsit
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Springbok jag voorsit
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Springbok jag voorsit
Sien hierdie post is met nostalgie gevul vir die manne wat al voorgesit het. Een wat mens vir die boek ook moet doen is 'n voorsit kudu jag in die Ooskaap.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Springbok jag voorsit
Voorsit jag in die Oos-Kaap in die laat wintersmaande kan nogal prettig raak as die wind jou van jou voete af wil waai ... en die springbokke ook nie eintlik wil gaan staan nie. Dis ook interessant om te sien hoe alleenloper ramme eenkant toe draf en deur die kamp se draad probeer breek as die perde die bokke begin "roer".
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Springbok jag voorsit
Dan dink ek is jag nie meer jag nie.win270 wrote: Dis ook interessant om te sien hoe alleenloper ramme eenkant toe draf en deur die kamp se draad probeer breek as die perde die bokke begin "roer".
Edit :
Of wag - dit sal maak dat ek nie meer lekker gaan jag nie.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Springbok jag voorsit
Ek gee so 'n paar los gedagtes.
1.Onthou die Karoo se lug is droog en sy son skerp. As jy die meeste van jou tyd binnenshuis spandeer in jou "gewone" lewe is sonskerm en Lip-ice baie nodig. Trek maar 'n langmou-hemp aan, dit beskerm jou arms teen die son asook teen skrape en kneus as jy le en skiet. 'n Hoed met 'n bree rand is beter as 'n gholfpet. Probeer ligte en helder kleure in jou kleredrag vermy.
2.As jy nie seker is of daar nog bokke naby jou is na jy 'n bok geskiet het kan jy maar bietjie wag voor jy die bok se pens loop uithaal. "n Goeie tyd om die pens uit te haal en ook sommer bene te rek is as die bakkie of 'n aanjaer by jou verby kom. Moenie bokke se kele af sny om hulle te bloei nie, jy bemors die nek vol sand. Sny die aar teen die rugstring af nadat jy die pens uit gehaal het.
3.Vat jou geweer in sy sak of tas as jy op die bakkie klim. As jy jou geweer sonder sak of tas op die bakkie hou, maak die slot oop. Daar is niks wat my gouer die d@nner in maak as 'n man wat op die bakkie met sy geweer se slot of sneller staan en vroetel nie.
4.Wees rustig en gee die bokke kans om tot naby genoeg te kom. Die kuns van voorsit-jag is om jou so stil of verskuil te hou dat jy nader as 200m hoef te skiet. Dit is ongelooflik lekker om die bokke in te wag tot dat jy 'n seker skoot kan skiet.
5. Los die aanjaers uit, hulle werk nie vir jou nie en weet gewoonlik beter as jy hoe om tydens die jag op te tree. Moenie hulle probeer omkoop om "die bokke na jou toe te jaag nie". Moenie op hulle vloek of skree nie en, GROOT ASSEBLIEF, moenie een van die aanjaers of sy perd skiet nie. Dit klink snaaks maar daar is al perde en bakkies op voorsitjagte getref. Los maar liewer die bok wat afge-ets op die horison staan, wie weet waar die koeel heen trek.
5. Onthou as jy jou geweer op 200 m ge-"zero" is die trajek op 150 m hoer as op 100 m. Pasop vir bo-oor skiet.
6. Los maar die skietery van die bakkie af wanneer die manne afgelaai word. Daar sal genoeg kanse wees as jy eers op jou sitplek is. Maak seker jy weet wat jou skootvak is. Vra liewer weer die man wat die jag reel as jy onseker is.

- SAHunter
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Re: Springbok jag voorsit
Een goue reël van voorsitjag is om te bly waar jy afgelaai word, m.a.w. om nie rond te loop of van plek te verander nie. In 'n kamp word gewoontlik gepoog om die aantal jagters/gewere so te versprei en uit te sit dat sover moontlik al die hoeke en koppies van die kamp gedek word. Dit is ook belangrik om veilige skietafstande en -vlakke tussen die jagters te hê (en te behou) en daarom moet jy weet waar die man naaste aan jou uitgesit word. Indien 'n persoon van plek verander, weet die boer of ander manne nie waar hy hom bevind nie en skep dit 'n veiligheidsrisiko. Poog om jou sit- of lêplek so in te rig dat jy 'n wye skietvlak het (360 grade indien moontlik). Die bokke kom gewoontlik vanaf 'n rigting wat jy nie verwag nie en as jy dan moet opstaan om jou geweer en rus te skuif om 'n gemaklike skietposisie te kry, gaan die bokke jou sien en hardloop.
Tweerigting-radios is handig in 'n groot en plat kamp met goeie line of sight. Dit help om te weet waar die bokke is en wanneer hulle in jou rigting begin beweeg. Dit help om betyds in die regte posisie en skietvlak te kom en ook sommer die man wat aan die slaap geraak het, wakker te maak as die bokke om hom wei en 'n doodste stilte heers. Dit gebeur baie. Onthou net om die radio se volume af te draai indien die bokke naby jou kom - jy wil nie aanlê en dan 'n sein ontvang wat die bokke verwilder nie.
Ek hou ook 'n fluitjie (dog whistle) byderhand - dit werk soms as die bokke onrustig is en nie wil stilstaan nie.
Hou maar 'n paar rondtes in die magasyn om vinnig 'n tweede of derde skoot te skiet. Moenie dadelik opspring as jy 'n bok geskiet het nie. As jy stil lê, weet die bokke nie waarvandaan die skoot gekom het nie en so kry jy dikwels 'n tweede of derde geleentheid om van die ander bokke in die trop te skiet. 'n Silencer werk nog beter.
Die aanjaers is nie altyd naby nie, so 'n jagmes om die binnegoed uit te haal en genoeg water en 'n lap om jou hande na die tyd te was, is belangrik. Onthou ook om jou bokke te merk. Neem 'n paar van daardie gekleurde merkers saam. As die bokke eers op die jagbakkie lê, dan weet niemand wie die sopkop of bok met die boudskoot geskiet het nie.
Moenie jou verkyker of rangefinder vergeet nie. Voorsitjag kan eensaam word en dit help om konsentrasie te behou as jy beweging van vêr sien aankom. Selfs om net te lê en kyk wat die ander manne in die veld doen, is goeie terapie.
As jou oë sensitief vir skerp lig is, neem jou sonbril saam. En soos Rysmier gesê het, moenie 'n rol toiletpapier vergeet nie - die dag kan lank word en 'n Karoobos het baie dorings.

SA Hunter
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 829
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Springbok jag voorsit
WLM en SAhunter, baie goeie raad. Ek hou van n skietstoel, om heeldag op jou boude in die rondte te draai maak n man maar moeg. n Skietstoel spaar n man se lyf so paar pyne en dorings, ook dink ek n stewige skietstoel gee jou n beter kans vir vinniger en beter skote. Dan n hoed en lip-ice en water en baby wipes, dit werk vir bloed hande en nog iets. Heel belangrikste by voorsit jag is wees rustig en enjoy.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Springbok jag voorsit
Laat my nou dink aan my eerste voorsitjag op springbok naby Drie Susters. Word afgelaai op 'n vlak en my enigste skuiling is 'n groterige Karoo bossie. Neem steeling in en sit kruisbeen met my rug na 'n hoë kop agter my. Ek het spesiaal 'n 243 aangekoop vir die' jag - Musgrave RSA enkelskoot met RAM 3-9x40 scopie daarop. Die' teleskoop het homself gestel tydens reis sodat hy sommer 10dm hoog geskiet het by aankoms op die plaas. Hy was egter die' keer reg ingestel, maar die lense was nie van die beste nie. Op 9x gestel want dit gaan nou mos vêr skiet.
Lank gesit sonder aksie. Hoor toe iemand fluit en kom agter dit is een van die aanjaers op 'n spierwit perd wat bo op die rant se kant staan. Voor hom kom daar 'n troppie springbokkie oop en toe die rant af - reguit op my is hul aanslag. Slaan dekking en kry die geweer reg. Die topografie was egtr so dat daar 'n effense duik voor my was en die bokke verdwyn. Hulle verskyn so 50 meter weg en nog steeds op vol spoed. Die teleskoop is vol van sulke wasige beelde wat toe baie vinnig verdwyn. Toe ek tot my sinne kom is ek toe onder die stof en die bokke reeds weg oor die vlakte.
Na 'n ruk daag die aanjaer by my op en sy woorde was "toemaar meneer, hulle sal nou-nou mak geskiet wees". Dit was ook so en deur die verloop van die oggend het ek 7 geskiet, insluitend 2 sopkoppies. Gelukkig het ons per kilo betaal en was dit dus nie 'n groot verlies nie.
Ondervinding is al wat jou leer om die ramme van die ooie en jong bokke te onderskei. Die senuwees maak dat jy aanvanklik voor die voet skiet omdat jy dink jy nie weer kans gaan kry nie. Soms is dit so dat die bok wel nie naby jou kom nie.