Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post Reply
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by CarelG »

More Manne,

Wil bietjie julle breins prikkel, ek het nou die dag n .260 Remington gekoop en soek nou vir hom glase!
Ek het n Sako 85 Hunter met die 22" dun loop, ek het 2 gewere met 26" dik lope wat swaar en lomp is en het juis die een gekoop om lekker mee te stap en jag en vir my seun om mee te leer skiet en te begin jag. Ek sal seker bietjie op die skietbaan ook met die geweer speel maar niks ernstig nie, ek weet die .260 se lang afstand vermoe is baie goed maar dink vir n begin sal hy nie sommer verder as 300m skiet nie, ek gebruik my 300WSM vir dit.

Wat sal julle se is n goeie teleskoop vir die roer, iets waarmee kinders ook nie te veel mee gaan sukkel nie maar wat darem n bok kan raak sien op 300m sou die geleentheid hom bied.

Groete
Carel
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by Louis Kriel »

Wat van die nuwe NF SHV 4-14x56. Koos se daai scope loop so lekker hy weier om hom vir S&O terug te gee!
Joe308
Full Member
Full Member
Posts: 228
Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by Joe308 »

+1 vir die Nightforce

Of die Lynx LX2 2.5-15 is ook uitstekende waarde vir geld (helfte van die prys).
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5153
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by Pvdw »

Wat wol jy spandeer?? Op 300m papier skiet werk 16x vergrooting al lekker maar vir fyn skiet dink ek jy sal moet sterker kry.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by Louis Kriel »

Joe ek stem heeltemal saam met daai Lynx. Top gehalte in n baie nice vergroting. As my budget rondom R7000 sal die Lynx bakkie ry!
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by CarelG »

Dankie vir die terugvoer sover....ek is eintlik n groot Swarovski man en sal seker een op die .260 ook sit ek wonder net watter een. Ek het n x12 vergroting beskikbaar vir die geweer maar het ook gewonder of die x12 groot genoeg gaan wees...die ander voordeel is jy hoef nie met parallax te sukkel nie en mens kry jou teiken vinnig deur die scope met sy groot field of view?
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by CarelG »

My vraag moes dalk eerder gewees het is n x12 vergroting groot genoeg vir die .260 tot plus minus 300m ;D
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5153
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by Pvdw »

Vir jag 100% vir fyn papier skiet nee.
Joe308
Full Member
Full Member
Posts: 228
Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by Joe308 »

Pvdw wrote:Vir jag 100% vir fyn papier skiet nee.
+ 1 Swarovski is net vir jag
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by tripodmvr »

Ons het vir baie jare met 4x32 gejag. julle is nou bederf as dit kom by teleskope. Vir algemene jag is te veel foefies 'n doodsteek. Parallaks verstel, kruishare verlig ens. Kies die eenvoudigste - 12x sonder parallaks is die beste - jy gaan in elk geval wegspring en loop met die laagste verstelling met die wydste sigveld.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by Kalahari »

CarelG

Ek gebruik die Z3 4 - 12 x 50 L met BRX kruis op 30.06 al geruime tyd op 30.06 in Kalahari toestande met groot sukses op springbok en gemsbok. Die kruis maak nie die bok se hele kop toe op 300m nie, dus fyn genoeg vir fynskiet.
Vir fyn papierskiet seker nie reg nie, maar ek skiet nie sommer met die 30.06 papier buiten vir ladings uitwerk nie en op 100m is 12 x voldoende daarvoor.

Geniet die shopping.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by Capt. Yoda »

Met die ligte dunloop geweer sou ek n klyn/ligte scope op sit anders gaan jy maar weer met n swaar top heavy geweer sit.My gewere het meeste 24xof 20x scopes op behalwe een want ek hou van n hoe vergroting scope maar vir n stap geweer sou ek ook kyk na die 12x swaro.Dit is meer as genoeg vir jag tot oor die holy streep en jy sal nog taamlik tyken ook kan skiet op 300m.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by CarelG »

Ek dink ek het die antwoord gekry....Swarovski Z5 5-25x52 BRH.....wat dink julle? Hys lekker lig in vergelyking met n groot Z6 en hy het genoeg vergroting!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by kopskoot »

Baie lekker scopes daai, en die BRH werk vir my baie lekker. Ek het n klomp van hulle (12) om presies te wees, en is baie gelukkig met hulle. Jy sal nie spyt wees nie
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by CarelG »

Liewe ouers 12!! :):
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by win270 »

Ek ondersteun tripodmvr se siening oor die saak. Elke man se behoefte word maar op die ou einde opgelos volgens sy betaalvermoë. Daar is egter meer as een oplossing en op die ou einde is dit maar 'n persoonlike keuse.

12 x vergroting en geen parallaksverstelling is heel waarskynlik voldoende vir 'n jong man met goeie oë en wat nog al die jagvaardighede moet aanleer.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by Smitstertjies »

Vir 12 x vergroting , geen parralaks en eenvoudig vir kinders om te gebruik gaan min scopes die Zeiss duralyt wen. My opinie!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: Teleskoop keuse vir .260 Remington

Post by CarelG »

Ek hoor jou win270, ek het die ding vir myself so uitgeredineer die x25 vergroting kan altyd afgedraai word na n x12 en dan het mens die voordeel van die x25 op die baan vir langer afstande (Pa mag ook mos mar bietjie met die 260 skiet ++>: ) ... ek mag verkeerd wees en ek waardeer die insette.

Groete
Post Reply