Het verlede jaar 9 kalwers verloor aan luiperd vangs. Gister is weer n jong versie gevang nadat ons die luiperd spoor begin sien het. Is daar enige kundiges met informasie hoe om die perd te vang of te laat jag. Ek is n jong boer en kan nie sulke verliese bekostig nie.
Baie dankie
Len
Luiperd moeilikheid
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Luiperd moeilikheid
Hi len van waar is jy? Vriende van my in Marken het selfde probleem gehad en kon nie cities permit kry om die luiperd te laat jag nie? Natuurbewaring het later toe hokke kom stel om die ou te vang.Toe kom hulle agter dis 'n wyfie en sy het kleintjies haar toe weer laat gaan? Kontak maar eers Natuurbewaring met jou probleem moet onder geen omstandighede die luiperd skiet of laat jag sonder die nodige permitte nie!
Jy kan baie swaar beboet word!
-
len
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Tue May 20, 2014 6:41 pm
Re: Luiperd moeilikheid
Hi,
Ek is in Namibie,die plaas so 50 km Suid van Windhoek. Ek is opad moreogend gou na Die Natuurbewaring se kantoor om net meer informasie te gaan kry hoe ons te werke kan gaan. Ons koeie begin kalf nou en kan glad nie kalwers verloor weens die droogte wat ons deur is.
Baie Dankie vir u reply

JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Luiperd moeilikheid
Ek dink nie Natuurbewaring gaan jou baie help nie, maar hier is genoeg jagters wat permitte het en luiperds soek. Anders kontak my dat ek jou vertel hoe maak jy met die goed.
Ek het 3 jaar terug 20% van my kalwers verloor deur een skelm mannetjie wat deur die groenes opgelei was.
Ek het 3 jaar terug 20% van my kalwers verloor deur een skelm mannetjie wat deur die groenes opgelei was.