Ek wil hom verniet weggee aan iemand wat daar sal wil kom vakansie hou.
Dit is 'n Studio, slaap 2. 2de week November, reg oorkant die ou "Hardrock cafe" op die hoofstrand.
Al koste vir jou is die kostes om hom oor te dra en op jou naam te kry.
Ek het hom gekoop in 1988 en net een keer daar gaan bly, maar ek bly te naby om daar vakansie te wil hou. Res van die tyd het ek hom elke jaar in die poel gesit vir sy kostes en nie gebruik.
Ek is nie bereid om deur die rompslomp van verkoop te gaan en te adverteer ens. nie.
Timeshare/Tyddeel week 46, Riviera, See Punt
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Timeshare/Tyddeel week 46, Riviera, See Punt
Wat is die kostes daar vir die unit as ek mag vra
Beretta
Beretta
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Timeshare/Tyddeel week 46, Riviera, See Punt
Levi is so R3320.00 per jaar, as ek hom in die poel sit kry ek meeste van die jare geld terug.Beretta wrote:Wat is die kostes daar vir die unit as ek mag vra
Beretta
Google hulle bietjie, Riviera suites seapoint
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- HFC
- Full Member

- Posts: 195
- Joined: Tue Aug 23, 2011 5:42 pm
Re: Timeshare/Tyddeel week 46, Riviera, See Punt
Goeie dag
Indien nog beskikbaar sal ek graag belangstel, ek stuur PM.
Indien nog beskikbaar sal ek graag belangstel, ek stuur PM.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Timeshare/Tyddeel week 46, Riviera, See Punt
HFC, jy kan my bel by 023 3een 799tweetwee en met my of Irma praat.
Geld ook vir enigiemand wat wil bel m.b.t. die tyddeel. Hy is steeds beskikbaar.
Geld ook vir enigiemand wat wil bel m.b.t. die tyddeel. Hy is steeds beskikbaar.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- HFC
- Full Member

- Posts: 195
- Joined: Tue Aug 23, 2011 5:42 pm
Re: Timeshare/Tyddeel week 46, Riviera, See Punt
Baie dankie vir die skenking van die tyddeel wat nou op ons naam geregistreer is. 
HFC & familie
HFC & familie
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Timeshare/Tyddeel week 46, Riviera, See Punt
Geniet dit. Ek het hom langer as 20 jaar gehad en net een naweek daar gaan slaap, eintlik toe ons vergeet het om dit in die poel te sit. Dit is baie mooi daar.HFC wrote:Baie dankie vir die skenking van die tyddeel wat nou op ons naam geregistreer is.
HFC & familie
Kom drink koffie oppad soheen toe.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Predator
- Sr. Member

- Posts: 354
- Joined: Wed Jan 30, 2013 5:41 pm
Re: Timeshare/Tyddeel week 46, Riviera, See Punt
n Mooi storie met n gelukkige einde.
Maar vergun my die geleentheid om n staaltjie te vertel met n ampers soortgelyke gebeurtenis.
Ek verander maar die name van persone en plekke om enige ongerief aan die betokkenes te vermy.
Ek het n baie goeie vriend wat ons maar Frikkie sal noem. Frikkie is in n professionele beroep en een van sy grootste kliente, kom ons noem hom oom Koos, was n baie welgestelde boer van Putsonderwater.
So kom dit toe so n hele paar jaar gelede dat die oes nie te wat wonders was nie, en toe oom Koos sy rekening moet vereffen by Frikkie, hy hom n tyddeel aanbied as vereffening. Dit was by n gewilde oord en Frikkie aanvaar dit toe nou so.
Nou moet ek noem dat oom Koos ten tye van die ontploffing met die verkoop van tydsdeel in die land voor menige verkoopsman van tydsdeel geswik het, veral as die verkoopsman van die skoner geslag was, kon sy oom Koos om haar pinkie draai.
Om die storie kort te maak, sit Frikkie toe n paar jaar later met soveel tydsdeel waarmee oom Koos elke keer sy rekening vereffen, dat dit hom nie net n fortuin kos aan al die jaarlikse heffings nie, maar dat hy weinig tyd kry om enige van hulle te gebruik of uit te huur. Om van die goed ontslae te raak was haas onmoontlik. Vir hom toe n dooie verlies en oom Koos is ontslae van al sy ongewensde tydsdele.
Ek is dankbaar vir julle dat julle storie n gelukkige einde het. Frikkie sit vandag nog met tydsdeel waarvan hy nie kan ontsale raak nie.
Mooiloop.

BERKELEY GEER
083-6423225
"LIVE BY THE SWORD,DIE BY THE SWORD"
083-6423225
"LIVE BY THE SWORD,DIE BY THE SWORD"