Burris teleskope

Post Reply
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Burris teleskope

Post by Dwight375 »

Goeie dag almal

Ek weet dit is seker al baie oor gepraat hier op die forum maar ek wil tog net n vraag of 2 vra oor burris teleskope.


Is die Burris FF2 6.5-20X50 met die E1 reticle geskik vir n lang afstand 308 teiken geweer, gebruik enige iemand die teleskoop vir nag skiet ? Werk daai fyn reticle ? Watter vergroting gebruik julle in die nag ? Laaste vraag, is dit die moeite werd om n teleskoop dubbel sy prys aan te koop ?

Ek beplan om vorentoe n teleskoop aan te koop vir n toekomstige 308 projek en dus die rede vir al die vrae.

Ek hoor graag van julle en vooraf dankie vir die advies.

Groete
Dwight
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Burris teleskope

Post by tripodmvr »

SJ versprei hierdie teleskope. Miskien kan hy jou op sekere van jou vrae antwoord.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Burris teleskope

Post by Willie »

Dwight
Ek het gehoor dat die optics goed is veral vir ouens soos ek wat sukkel om diere te Id in die nag.

As jy iewers 'n plek met 'n goeie prys raak loop laat my tog ook weet asb.

Ek gaan die draad ook dop hou om te hoor wat die manne se van die rectical
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Burris teleskope

Post by Eugene »

Ek gebruik die Burris 6.5-20 op my 308. Ek skiet gemaklik gonge tot op 600m daarmee, maar gebruik die kruishaar en iStrelok, omdat die teleskoop nie taktiese turrets het om maklik te "dail" nie.

Die teleskoop se helderheid is bogemiddeld vir sy prysklas en ek het nog nie probleme in die nag ervaar nie, maar ek skiet baie min die nag....

Om hierdie teleskoop met 'n NF of ander taktiese teleskoop te vergelyk, sal onregverdig wees. Vir waarde vir geld, gaan jy moeilik iets beter kry!
Aim small, miss small
User avatar
Wilhelm Schultz
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Tue Sep 03, 2013 9:37 pm

Re: Burris teleskope

Post by Wilhelm Schultz »

Ja praat met Monrique (SJ). Hy versprei die teleskope en weet self hy skiet met dieslefde model waarvan jy praat op sy 308. Verder weet ek nie oor die spesifieke model nie.

Ek het we'll die 4.5-14x42 op my 30-06 en hy is defnitief baie geskik vir in die nag skiet.
Hou die lood in die lug
User avatar
Jacques van Eeden
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am

Re: Burris teleskope

Post by Jacques van Eeden »

Ek het die 6.5-20 op my 308. Baie lekker. Die klein boet op die 303, was eers op die 308, maar wou beter sien. Baie helder beeld. Ook nog nie in die nag getoets nie. Ek sal weer burris koop.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Burris teleskope

Post by Louis Kriel »

Ek moet saamstem mens hoor nie nare dinge van Burris nie. Ek het n 2-7x35 ff2 op n geweertjie wat die kinders maar rof hanteer. Elke keer as ek hom check vir zero is hy op sy chocklits!
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Burris teleskope

Post by Vlakvark Soldaat »

Ek het die 3-9x40 ballistic plex al vir meer as 11 jaar op my 30-06. En die 6.5-20x50 ff2 ballistic plex op my 243. Vlt voer dit in, maar jy kan gerus op ebay ook loer. Ek het die 6.5 self ingebring so 4 jaar terug. Waarde vir geld? Beslis! Jy kry baie scope vir min geld ivm duurder fabrikate.
Last edited by Vlakvark Soldaat on Sun Jul 06, 2014 10:16 pm, edited 1 time in total.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Burris teleskope

Post by Jamma »

EK het die FFII 4.5x14x42 op my 270. Dit is nou nie die model waarop jy antwoorde soek nie maar hy werk soos n bom! Die teleskoop hou sy zero en hy is lekker helder. Ongeag die prys- almal se altyd dit is goeie waarde vir geld, dit is sommer net goeie waarde, punt. Die burris teleskope loop soos n haai op n houtkatrol. Ja daar is duurder scopes wat helderder is en met allerhande fieterjasies maar as hy val waar jy mik maak dit nie saak of hy n label aan het nie! :)

Groetnis
Jamma
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Burris teleskope

Post by Piet Breedt »

+1 Jamma
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Burris teleskope

Post by Dwight375 »

Dankie manne

Ek wardeer die insette.

Oom Piet, het Oom al die 6.5-20 ge toets of van gebruik gemaak ?

Groete
Dwight ( Vanaf Angola )
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: Burris teleskope

Post by Andre CZ »

Hi Dwiht Jy kan regtig Burris met n geruste hart koop ek het die FF E1 6.5 x 20 x50 op my 25-06 wat ek gebruik om saam die Bench rest ouens te skiet nou al meer as n jaar een keer ingestel en nog nie weer nie baie helder en tot op 300 m kan ek nog steeds die gat in die teiken sien eerste loop opgeskiet saam die nuwwe loop trek ek al by ongeveer 1800 skote sonder n enkele probleem ek het ook die M TAC 4.5 x 14 x 42 op my 375HH ook al baie gewerk nie n dag se probleme nie , onthou ook Burris is nie n nuwwe ding nie een oom wat saam ons skiet het een wat seker al by die 10jr oud is die ding is al blink gevryf werk nog soos n droom
Groete
Andre
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Burris teleskope

Post by Vlakvark Soldaat »

Hi Dwight

Soos vroeer geskryf, ek het die 6.5-20 op my 243. Werk soos n droom. Ideaal vir die langafstand skote op die skietbaan en op die vlaktes.

Groete
Louis
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
Post Reply