Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post Reply
Ambessa

Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Ambessa »

Hallo almal

Bestaan daar 'n vermoede (duidelike tekens?) dat die sosiale-, maar veral ook die voedingsgedrag van die rooikat heelwat anders is as wat algemeen geglo is of in boeke opgeskryf is?

Geld die stelling oral of is dit net op sekere gebiede van toepassing?

Daar is byvoorbeeld heelwat gevalle wat die rooikat maar eers onlangs vir die eerste keer deur redelik grootmense gesien is? Waarom? Was hulle voorheen (dekades gelede) wel daar en het nou weer ingekom?

Watter invloed het die rooikat op die getalle van die rooijakkals (en andersom)?

Indien julle met voorbeelde spesifiek na provinsies/distrikte/dorpe kan verwys (plase sou beter wees sonder om vertroulikheid te skend) sal dit baie help.

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Christo »

Sal baie interresant wees, laat weet wat julle weet hier asb.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by jaracal »

Ambessa
Sover ek jag het ek die volgende waargeneem.
Rooikatte was nog altyd aanwesig terwyl jakkalse oor die algemeen in die verlede in sekere gedeeltes van ons land totaal uitgewis was. Die rooikat probleem is altyd makliker om aan te spreek as die jakkalse en kan hulle nie so vinnig aanteel as jakkalse nie. Met die tot standkoming van die wildplase en parke word hulle getalle ook meer. Ons kry hulle nou in dele wat hulle voorheen min gesien is. So albei, jakkalse en rooikat getalle neem toe.
Daar waar baie jakkalse is, is minder rooikatte en anders-om ook. Ek het bv vir amper 8 jaar by 'n boer in Strydenburg gejag en geen rooikat geskiet nie, maar baie jakkalse. Die plaas is 50 000ha groot. Hy het nog altyd in die rivier deur sy plaas met slagyster en hokke rooikatte gevang en beheer. Jakkals getalle is drasties verlaag en het na 8 jaar my eerste rooikat geskiet en daarna meer gereeld.

Hoop dit help

groete

heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Dawie »

Ek het so 'n ruk terug gehoor van 'n Oom naby Merweville (Andr? sal dit kan beaam) wat op sy +- 3000ha plaas die afgelope 3 jaar amper op dieselfde plek oor die 200 Rooikatte gevang het.  By my het hulle ook toegeneem,  my buurman het 2 weke terug 100m van sy plaasstoor 'n jong kat met 'n klip vrek gegooi en ek het in 6 maande by my 3 keer wyfies met kleintjies geskiet terwyl my bure ook 'n dik span vrekgemaak het.  Dit terwyl ons al hoe meer jakkalse ook vrekmaak.
Dawie
Ambessa

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Ambessa »

Hallo Heinrich

Dankie vir die info.

Uit alle bronne en terugvoer lyk dit asof beide rjakkals en rkat besig om wyer te versprei - die rjakkals meer as die rkat.

Die vraag is hoekom? Minder mense op die grond (plase)? Of minder beheer en ook minder gekoordineerd?

Ambessa
Ambessa

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Ambessa »

Hallo Dawie

sjoe, 200 rkatte in 3 jaar - neem aan hoofsaaklik met hokke gevang?

Vangste verspreid of net in sekere gebiede op die plaas?

Was dit trekkatte wat inbeweeg het nadat die ouer gebiedskatte gevang is?

Was dit ouer of jonger of beide tipes/ mannetjies of wyfies, ens?

Sien hoe baie ons moet weet.

Hoe kan ons meer uitvand?

Ambessa
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Dawie »

Ambessa
Die geslag ens. van die katte weet ek nie,  al wat die oom se seun vir my ges? het is dat dit hulle in dieselfde kol oppie plaas gevang is ek neem aan dis hokke en of ysters. 

As Andr? weer aanlyn kom sal ek hom vra om bietjie uit te brei,  hy boer naby hulle.
Dawie
Ambessa

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Ambessa »

Hallo Dawie

Dankie. Sien uit na meer info.

Ambessa
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by LMB »

My grootste probleem was weer altyd rooikatte. Jakkalse was baie skaars, maar die afgelope tyd is dit altwee. Jakkalse is beslis meer as so 10 jr gelede, maar nie die getalle waarvan julle praat. Ek kon elke jaar my grond skoon maak, tot so 5 jr gelede. Katte is gevang, meestal met slagysters,  jakkalse raak weg, tel dalk aas op of soek ander weiplek as dit te "warm" raak.

Vandag werk dit nie meer. Hulle raak beslis slimmer en ook baie meer "hans", as mens dit so kan stel. Dit is waar die probleem inkom. By my is dit maar een of 2 jakkalse/katte per jaar, maar dit kos baie lammers voor ek hulle in die hande kry!
Plase betrokke is in die Laingsburg/Prins Albert distrik naby en teen die Dwyka rivier. Nie teenaan maar so 1 - 2 plase vanaf die Swartberg.

Groete
Lukas
Ambessa

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Ambessa »

Hallo LMB

Sou jou situasie gekoppel wees aan die feit dat jy deurgaans oor die afgelope jare die roofdiere op een of ander wyse bestuur?

Ambessa
tafjak

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by tafjak »

Skiet verlede week ma-kat met jonge by haar naby lamkamp, groot was die verbasing toe ons sien dat 5kg lam 204 meter ver vanaf lamkamp gedra is om kleintjie te voed. Voorafgaande 2 dae die lamkamp skoongehou met jaghonde en wonder of sy toe kon agterkom dat die gevaar miskien haar kan inhaal as sy verder in die lamkamp vreet.

Het in die 7 dae voor ek haar geskiet het 8 geindtifiseerde lammers(tipiese kat vreet) gevang en saam met kleintjie gevreet terwyl die honde daar gewerk het. Hulle kan ook gevaar waarneem en voorsorg tref.

Taffie
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by britsman »

Taffie, ambessa, lucas en almal
      Hier by my het ek maar altyd problemme gehad met rooikatte wat groot lammers (+-34kg) vang as ek te naby aan die berge kom, maar nou word hulle gevang nog verder af in die vlaktes.Ek het hokke gestel (met vrot vis aas) maar het omtrent  10 ystervarke eers gevang (ek lat hulle los), van hulle is 3 keer gevang, voor hulle geleer het on weg te bly.Nou elke keer ek gaan kyk is die hokke toe maar niks in nie, nou vermoed ek dit is meerkatte /muishonde wat hulle aftrap (dit is nou met rooikat uriene).
  WAT NOU?
                              bm
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
tafjak

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by tafjak »

britsman

Kyk of jy die trapplaat se aftrapgewig (watter vreeslike naam wat ek nou in die hande het) om en by die 2 kg kan kry nie. Ek weet egter nie watter "trigger" jy gebruik nie.

Taffie
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by britsman »

Taffie,
Dankie-- sal plan maak.  Kyk asb op Taf TIPs vir die volgende vrae.
    bm
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Jaco Bezuidenhout »

Taffie

Bel as jy kla is.

Kkat
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by LMB »

Ambessa

Ek glo die gereelde beheer het daarmee iets te doen. Daar was op die stadium ook bure nader aan die berg wat beheer toegepas het, wat vandag nie meer gebeur nie.

My eerste groot probleme was teen bure wat eers ongeveer 8 jr later ontdek het hulle het ook probleme.

Groete
Lukas
Ambessa

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Ambessa »

Hallo LMB

Het so vermoed.

Hoe kry reen die grond nat? Eers val die druppels ver van mekaar, dan al nader aanmekaar en kort voor lank sluit die nat kolle bymekaar aan en siedaar die grond is nat!

Is dit nie hoe die gekoordineerde bestuur van die twee roofdiere aangepak moet word nie?

Ambessa
Ambessa

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Ambessa »

Hall Tafjak

Ja, selfs die rooikatte is nie te dom nie. Deur die eeue moes hulle by baie gevare aanpas, selfs by die mens.

Ambessa
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by britsman »

Ambessa en almal,
                        Ek het 'n jong wyfie rooikat in 'n hok om katsand (Caller se planne)in die hande te kry.Omdat dit half 'n ergenis om meerkatte ,dassies,duiwe en tarentalle te skiet probeer ons nou vars dooie lammers vir haar te gee. Not 'n damn eet sy aan hulle ....... sy vat hulle na die verste hoek en los hulle daar om te vrot. Vandag moet ek meerkatte skiet, anders gaan sy vrek van die hongerte.
          Hoe nou?

        groete,
                  brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by CHRIS »

Britsman

dis baie interrisant. Ek het jakkie en lammers wat gevang en nie opgeeet is nie gee ek vir haar en sy vreet hulle op, maar eet nie tarentaal nie.

Hou vir jou duiwe of konyne aan as jy die kat lank wil hou. konyn teel vinnig. :P ;)

groete Chris
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by boeta »

Chris

Ek het paar jaar trug marmotte aangehou om kat te voer,kom my buurman se seuns by hok en skiet die,was ek nou di moer in ma nou ja hy is kla dood.Ma wat ek wil se,het ek nou n verpesting gehaad met daai marmote hulle teel erger as remotes,dink da oppi plaas loop nog n paar willes rond.
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by CHRIS »

Boeta

Ek het skuur hier waar remote toe met wit hase(weet nie of dit konyn is nie) geboer het. van 5 tot baie in 2jaar. Al die buur plase het naderhand van die goed gehad. Toe die jakkalse my toe so kwaai eet koop ek toe die klomp wit hase en sit hulle in die veld, sien hulle is mos stadig so jakkie gaan hulle vang en my lammers los. Wat wo , dit het jakkals eksrta vit gegee en 6mnde later sien jy nie wit haas nie, nie eers in lusern lande nie

Groete Chris
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by JACQUES BOTHA »

Maninne en
Manne

Jy sien daai haas voorsel van my is nie n slegte een gewees nie, doulle nog oorgewig is hol hulle nog stadiger /////

en dan is daar nog minder predasie druk op die jakkalse en dan teel hulle WEER MINDER....of hoe se die slim manne..
Chris  hoe lyk dit het die jakkals getalle  toe hulself beheer  en minder kleintjies gekry?
Nou sal ons seker teorie en praktyk by mekaar kan uitbring????????????
Shoot straight and tell the truth!
Ambessa

Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag

Post by Ambessa »

Hallo Britsman
britsman wrote:...in 'n hok om katsand ...  ...dit half 'n ergenis om meerkatte ,dassies,duiwe en tarentalle te skiet probeer ons nou vars dooie lammers vir haar te gee. Not 'n damn eet sy aan hulle ....... sy vat hulle na die verste hoek en los hulle daar om te vrot. Vandag moet ek meerkatte skiet, anders gaan sy vrek van die hongerte.
;D ::) ...lyk na 'n regte wilde katjie, die enetjie? Wil net spartelende wilde diertjies eet...

Sterkte. Who said life is fair...? ;)

Ambessa
Post Reply