Titan Premium bullets
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Titan Premium bullets
Ek het nou op FB die Titan koeels raak geloop. Sien op hulle site dat dit in Welkom vervaardig word. Wil bietjie meer inligting hoor by ouens wat dit al probeer het. Hoe maak hulle op 'n dier? Sien die peddals breek af en die ander gedeelte maak soos 'n solid. Gaan dit nie vreeslik vleis skade maak nie, of sal dit net die vitals maal?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Titan Premium bullets
Wat sal die rede wees dat slegs die deel van die koeël wat nie in aanraking is met die loop gemoly is nl. die punt en die bootstert? Die skag is nie gemoly nie?
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Titan Premium bullets
Nee ek weet nie, hoop hier is iemand wat dit al probeer het of meer kennis het van hulle. Wonder wat kos hulle ook.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Titan Premium bullets
Nee hel.Ek is nie n ekspert nie maar die dat die pedals so afbreek se vir my baie bloedsdade en dan dalk ook meer sekondere skade daarby.
Wat se die manne wat meer weet.
Wat se die manne wat meer weet.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Titan Premium bullets
Die GSC koeëls maak soortgelyk en vleisskade is daar nie 'n groot kwessie nie. Selfs die ou Barnes X het so gemaak. Koper en lood verskil baie by wondvorming.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Titan Premium bullets
Ek het 'n pakkie 6mm 73gr koeels by Kewer gekry.
Ek gaan hulle in my 6Dasher probeer teen rondom 3500fps.
Sal 'n BWB bul op die blad skiet vir 'n toets en kom terugvoering gee.
Ek gaan hulle in my 6Dasher probeer teen rondom 3500fps.
Sal 'n BWB bul op die blad skiet vir 'n toets en kom terugvoering gee.
Goed, beter, 6millimeter!
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Titan Premium bullets
Dankie Geno ek gaan dit dophou.
Weet jy waarvoor verkoop hulle, en wie? Sal self bietjie in die toekoms wil kyk of dit nie ook 'n goeie Suid-Afrikaanse oplossing is nie.
Weet jy waarvoor verkoop hulle, en wie? Sal self bietjie in die toekoms wil kyk of dit nie ook 'n goeie Suid-Afrikaanse oplossing is nie.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Titan Premium bullets
Ek het nie 'n clue wie hulle smous en wat hulle kos nie mater. Ek sal probeer uitvind.
Goed, beter, 6millimeter!
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Titan Premium bullets
Alles maak nie altyd logies sin nie maar wat my pla is dat die petals so vinnig nadat dit die Gelatin tref opbreek hoe veer gaan dit penetreer as dit groot bladbeen vang ? Ek moet ook byse ek was nie heeltemaal oortuig oor impala koeels ook nie en ek is nou baie gelukkig daarmee.
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Titan Premium bullets
Ek ken die man wat hulle vervaardig. Ek self het dit nog nie gebruik nie, maar in ons geweste praat hulle goed daarvan.
Too many to mention ;-)
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Titan Premium bullets
Roger,Roger wrote:Ek ken die man wat hulle vervaardig. Ek self het dit nog nie gebruik nie, maar in ons geweste praat hulle goed daarvan.
Jy kan nie dalk by die man hoor om ons bietjie meer inligting te gee oor hulle nie. Ek sal graag wil weet van vleis skade en waar mens kan bestel met 'n prys. Dalk kan jy hom nooi om ons bietjie meer foto's te wys van sy toetse ens.
Dankie
Danie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Titan Premium bullets
Gaan loer op hul webtuiste. 7mm, 458 en .30 word getoon met herlaai gegewens. Daar is ook die e-pos adres doug@povicube.com vir navrae.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Titan Premium bullets
Jammer, sien na die pylpunte is daar nog 416, 338 en ander getoon.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Titan Premium bullets
Naand manne, n herlewing op n baie ou thread. Het enige iemand al verdere inligting van die punte?
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Titan Premium bullets
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Titan Premium bullets
Wil graag hoor by manne wat al daarmee gejag het of vleis skade beperk was ens
-
Gun oil
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Mon Jun 25, 2018 12:06 am
Re: Titan Premium bullets
Volgens my is dit die beste punte tans op die mark. Sonder enige twyfel. Biede my pa en broer laai op 308 en ek op my 30-06 die 163gr Titan Punte. Het nog net sukses gehad daarmee met onsaglike min vleisskade. As hy wel n kop been tref bly daar wel baie min oor van die bok se kop.
Sy skote gaan die patroon reg deur met die 4 petals wat afbreek. Ek het slegs op een aangeleentheid die “shank” herwin toe ek n vlakvark van voor af geskiet het. Die “shank” het in die vark se agter boudbeen vasgeslaan. Presies gemaak soos in die illustrasies / fotos heel bo aan die thread.
Wil nou begin herlaai met titans op my 7x57 maar moet eers vasstel waar ek moet begin en eindig met my ladings.
Hoop dit beantwoord n paar van julle se vrae.
Sy skote gaan die patroon reg deur met die 4 petals wat afbreek. Ek het slegs op een aangeleentheid die “shank” herwin toe ek n vlakvark van voor af geskiet het. Die “shank” het in die vark se agter boudbeen vasgeslaan. Presies gemaak soos in die illustrasies / fotos heel bo aan die thread.
Wil nou begin herlaai met titans op my 7x57 maar moet eers vasstel waar ek moet begin en eindig met my ladings.
Hoop dit beantwoord n paar van julle se vrae.
Make sure what you are aiming at before you squeeze the trigger.
-
Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Re: Titan Premium bullets
Baie dankie vir die terugvoer, dit klink positief.
Ek moet nou juis begin ladings uitwerk vir my 30-06 met die 163 gr punte...
Ek moet nou juis begin ladings uitwerk vir my 30-06 met die 163 gr punte...
- Jonathan 6.5
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Sun Dec 31, 2017 4:02 pm
Re: Titan Premium bullets
Ek het die koels verlede naweek probeer. Ek het dit gebruik in my 6.5CM. Die 125gn teen 2800 fps. Ek het n rooibok in die kop geskiet van voor af en daar was n groot gat aan die agterkant toe het dit my bietjie laat bekommer oor die vleis skade. Ek het ook n blouwildebees en n rooibok op die blad geskiet en die koels het baie goed presteer. Albei is die “shank” regdeur met n groter uitgaan wond as in. Die vleis skade was baie minder as die ander koels wat ek voorheen gebruik het ( eld-x en ballistic tips ) ek weet ek vergelyk nie appels met appels nie Maar ek was heel tevrede. Ek moet ook by sê n mens hoor nie die “Doep” geluid duidelik nie , die slag met die rooibok op die blad het n mens die “shank” gehoor fluit soos n Ricochet deur die lug.