Ballistieke Feite

Post Reply
Gerard

Ballistieke Feite

Post by Gerard »

Baie van die faktore rondom ballistiek is nie intuitief nie.  Dit druis in teen wat mens sou aanvaar as vanselfsprekend en logies.  Die hoofrede daarvoor is omdat ons subsonies dink en ervaar, terwyl ballistiek meerendeel supersonies gebeur.  Die subsoniese en supersoniese w?relde is baie v?r van mekaar verwyder.

Koe?lneusvorm.

Hier praat ons van rondepunt, holpunt, platpunt, kegelpunt en verskeie soorte gebo? neusboog vorms.

'n Goeie voorbeeld is dat, wat goed is vir supersoniese vlug, heeltemal verkeerd is vir vlug in weefsel of vir subsoniese vlug.

Vir die beste supersoniese vlug is die een of ander vorm van gebo? neusboog die beste. Tweede is holpunt koe?ls en skerp kegelvorms en kort op hulle hakke is rondepunt koe?ls.  Heel laaste is platpunt koe?ls.

Wanneer dit kom by penetrasie in verskeie soorte media, onder andere weefsel, word dit wat goed is vir supersoniese vlug, heeltemal op sy kop gedraai.

Die beste penetrasie word verkry van plat punt projektiele.  Daarna volg die ander vorms en weerstand teen penetrasie word bepaal deur die vierkante area wat blootgestel is aan die rigting van beweging en die momentum wat daardie area aandryf.  Die vierkante area word tot 'n klein mate getemper deur die hoek waarteen die vlak aan die bewegingsrigting gepresenteer word en die vloei van materiaal (vloeistof, gas, soliede partikels) oor die hoek waar die neus en die skag van die koe?l bymekaar aansluit.

Mens kan lank oor die goed gesels.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ballistieke Feite

Post by Wouter Roets »

Hallo Oom Gerard
Ek het so jaar of wat terug Pierre van der Walt se boek gelees en my ogies het noggal redelik oopgegaan oor sy skrywes oor solide koeels en die eienskappe en optrede as dit kom by die verskillende vorms en samestellings. Wat is oom se ondervinding in die veld? Sal Oom saamstem met meeste van sy stellings?
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Gerard

Re: Ballistieke Feite

Post by Gerard »

Wouter,
Pierre het 'n baie goeie begrip van die terminale werking van veral soliede koe?ls en wat die verskillende vorms doen na impak.  Hy het baie navorsing gedoen en, dit wat hy s?, is gegrond in feitelike waarneming en goeie wetenskap.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ballistieke Feite

Post by Wouter Roets »

Oom Gerard
Wat dink Oom van sy "Green Band" teorie? Hy het my daarmee verbaas want dit het so n bietjie ingedruis teenoor my vooraf ingestelde idees. Dit was vir my verbasend om te sien dat my 458 Lott nie heeltemal die mas opkom met 500gr koeels teen 2200ft/sek nie! Ek glo Taylor sou nogal heelwat hieroor te se gehad het!
Dit is n ontsaglike interessante gebied waarin Oom, Oomself bevind. Is Oom baie gely deur ander ontwerpe?
Hoe het Oom die bedryf opgeeiendig? Ek het myself as n persoon gesien wat al redilik geeksperimenteer het met die meeste make koeels, maar moet bieg dat ek nog nooit te doen gehad het met Oom se produk nie. Ek sal hierdie misstap van my restel! Die grootste rede vir dit is dat ek bitter min Oom se produk in geweerwinkels raakloop hier by ons. Ek het juis n projek wat voorle waar ek beoog om vier van my kalibers dieselfde trajek te gee, so dit kan n idiale geleentheid vir Oom se produk wees.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Gerard

Re: Ballistieke Feite

Post by Gerard »

Wouter,

Die Green Band wat Pierre van praat is 'n baie goeie manier om die waarskynlike beperkings van loodkern koe?ls te illustreer.  Dit maak baie meer sin as die Knock Out Value lyste wat die mode geword het. Mens kan maklik vele voorbeelde noem waar sogenaamde KOV riglyne v?r van die werklikheid is.  Let daarop dat Pierre se green band riglyne spesifiek verband hou met gemantelde loodkern koe?ls.

Enige koe?l het 'n venster van aanwending ten opsigte van impaksnelheid. Loodkern koe?ls werk soos hulle hoort in 'n relatiewe nou band van impaksnelhede.  Dryf 'n loodkern koe?l by sy vermo? verby en dit sal nie bymekaar bly nie.  As die impaksnelheid weer te laag is, maak die koe?l nie oop nie.  Daarom gebruik herlaaiers sagte loodkern koe?ls wanneer hulle vinnige uitsetting wil h? en waar penetrasie diepte nie belangrik is nie.  Aan die ander kant word harde koe?ls gebruik waar uitsetting nie sodanig moet wees dat die koe?l heeltemal verbrokkel nie en waar pentrasie diepte belangriker is.  Die keuse van konstruksie van 'n loodkern koe?l sal dus afhang van wat die aanwending is en, as mens 'n match tipe loodkern koe?l op 'n buffel gebruik moet mens nie verbaas wees oor die resultaat nie.

Ek het in die koe?l-bedryf beland omdat ek in veld situasies te veel gesien het dat bestaande produkte nie die pyp rook nie en dit het een keer te veel met my persoonlik gebeur.  Die waardevolste les wat ek van bestaande produkte geleer het is juis wat om te vermy.
Gerard

Re: Ballistieke Feite

Post by Gerard »

Die Berger VLD is 'n goeie voorbeeld van 'n nouer venster van aanwending. 

Op lang afstand het spoed afgeneem tot die vlak waar die impaksnelheid nie hoog genoeg is om die koe?l te vernietig nie.  Die afstand verhoog ook die giroskopiese stabiliteit en dit maak dat die koe?l minder geneig is om te tuimel wanneer dit tref.

Dieselfde eienskappe maak dat daar probleme opduik op korter afstande.  Ho?r impaksnelhede neig om sagter koe?ls onaanvaarbaar te laat verbrokkel.  Korter afstande bring mee dat die giroskopiese stabiliteit laer is en die  koe?l is meer geneig om te tuimel by impak.  Die gevolg is verminderde penetrasie en groot vleisskade.

Die dilemma is dus:  Wat doen jy as die koedoe voor jou uitloop op 50 meter en jy het jou langafstand  koe?l in die kamer?
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Ballistieke Feite

Post by raychell »

Gerard
Jy skiet hom in die kop.Mits die pad nader as 10m is ;D
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Ballistieke Feite

Post by Tomcat »

Raynie
raychell wrote: Jy skiet hom in die kop.Mits die pad nader as 10m is ;D
Ek sou reken bogenoemde stelling is gemaak uit ervaring ;D

Groete
Tomma
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Ballistieke Feite

Post by raychell »

Eenkeer 2 dae, 4 werkers in die reen (JA dit het voorheen gereen in die OosKaap)gevat om 5 koedoes uit die berg te draa net daar besluit beste plek om Koedoe te skiet is in die pad .
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Gerard

Re: Ballistieke Feite

Post by Gerard »

My 50m voorbeeld was 'n voorbeeld. Die afstand kan 150 ook wees en dit sal sake verbeter maar nie oplos nie. Hoe jy ookal kyk daarna, daar is 'n risiko.  Kopskote is 'n risiko, en lyfskote op normale afstande met 'n match koe?l is 'n risiko. 

Wat is die risiko met kopskote op 50m?  Onthou dat die geweer se zero en parallaks gestel is vir langafstand jag.  Dit is baie maklik om 'n kakebeen af te skiet of deur die neusholte te gaan.  Die feit bly staan dat dinge moeiliker word en nie makliker nie.
Post Reply