Jakkals Mutasie??
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Jakkals Mutasie??
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/jakkalse_zps9bbb7d3f.jpg
Goeiemiddag aan die Slimmes,
Ek het hierdie twee jakkalse eergisteraand in die Oudtshoorn omgewing geskiet.
Let asseblief op die opvallende kleur verskille tussen die twee. Albei is tewe, die een op links is voorverlede jaar se aanwas en die een regs is verlede jaar se kleintjies.
Kyk spesifiek na die afwesigheid van die opvallende swart band langs die sy en die swart rug wat glad nie prominent is nie. Selfs die kleur langs die ore en gesig verskil ook heelwat.
Die teef op regs het in die gras gaan lê en ek het nogal gesukkel om te bepaal of dit wel 'n rooijakkals was veral omdat die kleur in die gesig nie normaal was nie en die swart rug ontbreek het. Ek het later op die vorm van die kop en ore alleen besluit dit moet 'n rooijakkals wees en haar toe geskiet.
Ek weet daar was al voorheen onderwerpe wat hiermee verband hou maar ek sou graag wou hoor of daar van die karoojagters is wat ook al die verskynsel teegekom het. Ek moet sê dit maak identifikasie op langer afstande moeiliker.
Geno as jy die raaklees en die foto vertoon nie reg nie wees asseblief vrymoedig om aanpassings te maak.
Groete
Johan

Last edited by Geno on Thu Jun 12, 2014 3:54 pm, edited 1 time in total.
Reason: Foto gefix
Reason: Foto gefix
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Jakkals Mutasie??
Johan
Moes jy nie ma eerder daai een probeer vang het nie?
Jy sien mos wat gaan goed met snaakse kleure vandag op veilings!!!!!!!!!!!!!!!
Henry
Moes jy nie ma eerder daai een probeer vang het nie?
Jy sien mos wat gaan goed met snaakse kleure vandag op veilings!!!!!!!!!!!!!!!
Henry
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Jakkals Mutasie??
Hy lyk amper soos n "side stripe jakkals" of ietsie tussen in die twee.
https://www.google.co.za/search?q=side+ ... 66&bih=667
https://www.google.co.za/search?q=side+ ... 66&bih=667
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Jakkals Mutasie??
Ek het self een keer n jakkals onder in die ooskaap geskiet wat soos n wolfhond lyk, sal foto vir Ge stuur om op te sit.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Jakkals Mutasie??
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/e803f48184c113f74b3d8e973d0a9b50_zps161d3d38.jpgBLOK wrote:Ek het self een keer n jakkals onder in die ooskaap geskiet wat soos n wolfhond lyk, sal foto vir Ge stuur om op te sit.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Jakkals Mutasie??
Ek sien dit maar as genetiese variasie. Daar is altyd verskille in grootte, lengte, aggresiwiteit, slimheid ens soos by mense net so ook by jakkalse. Net so ook met haarkleur. Het al sulkes gesien.
En grootte van tools
groetnis
En grootte van tools
groetnis
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jakkals Mutasie??
Nee, dit is verseker nie 'n mutasie nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jakkals Mutasie??
Die verskil in oorlengtes is baie opvallend. Is die een nie 'n silwer jakkals nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Jakkals Mutasie??
Dankie Blok en Gé. Ja daardie een is ook 'n interessante variasie op kleur.
Tripod,
Nee dis verseker nie 'n silwer jakkals nie.
PWV.
Tripod,
Nee dis verseker nie 'n silwer jakkals nie.
PWV.
Motiveer asb jou stelling. Volgens my kennis is dit presies hoe verskeie mutasies al ontstaan het. Sekere variasies in kleur kom voor en indien dit dan vas/ingeteel word raak dit 'n volwaardige mutasie??Pieter Willem Vorster wrote:Nee, dit is verseker nie 'n mutasie nie.
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Jakkals Mutasie??
Hoe verskill hulle ouderdom?
Smirre
Smirre
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Jakkals Mutasie??
Hi Smirre,
Kyk asseblief na die eerste plasing. Hulle verskil ongeveer 'n jaar in ouderdom.
Kyk asseblief na die eerste plasing. Hulle verskil ongeveer 'n jaar in ouderdom.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Jakkals Mutasie??
Hallo Johan, bly om te sien dat jy nie net groot visse vang wat my jaloers maak vandat jy nou daar in Mosselbaai bly, maar ook die honne laat pak kry.
Ruil bietjie jou Leupold vir n Zeiss Victory dan hoof jy nie so lank te sit en wonder wat jy sien in die nag nie. Grap sommer net. Dit lyk vir my of die betrokke boer se Alsation so bietjie kuier anderkant die draad
Ruil bietjie jou Leupold vir n Zeiss Victory dan hoof jy nie so lank te sit en wonder wat jy sien in die nag nie. Grap sommer net. Dit lyk vir my of die betrokke boer se Alsation so bietjie kuier anderkant die draad
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Jakkals Mutasie??
Hallo Piet,
Goed om weer van jou te hoor. Ja ek glo jou dat daardie nuwe Zeiss iets in sy eie klas is!!! Stuur nou bietjie daardie toetsmodel van jou dat ék hom ook nou bietjie kan toets
Jy ken my mos goed genoeg om te weet sien is glo by my.
Die moeilikheid was nie dat ek nie mooi kon sien nie maar dat ek nie aan die jakkals kon sien wat ek wou sien nie omdat dit nie daar was nie ......
Groete
Johan
Goed om weer van jou te hoor. Ja ek glo jou dat daardie nuwe Zeiss iets in sy eie klas is!!! Stuur nou bietjie daardie toetsmodel van jou dat ék hom ook nou bietjie kan toets
Die moeilikheid was nie dat ek nie mooi kon sien nie maar dat ek nie aan die jakkals kon sien wat ek wou sien nie omdat dit nie daar was nie ......
Groete
Johan
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jakkals Mutasie??
Ek kyk na die dubbele deel en grootte van die oor en wonder of dit kenmerkend is van 'n ander spesie of het die rooies ook so vorm oor?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Jakkals Mutasie??
Hallo Tripod,
Die hoofkenmerke is die van 'n rooijakkals maar daar is verseker klein verskille. Die kleur rondom die ore en gesig, die vorm en grootte van die ore, die afwesigheid van die prominente swart streep langs die sy, ens.
Dis hoekom ek hoop daar is iemand wat dalk al voorheen met die verskynsel te doen gehad het en meer lig op die aspek kan werp. Dit is seker altyd moontlik dat iemand in die voorgeslag iewers anderkant die draad gaan kuier het........dis mos maar eie aan SA se geskiedenis