Dankie Prohunter

Post Reply
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Dankie Prohunter

Post by Jakkie 321 »

Ek was gisteraand befooreg gewees om vir prohunter langs my sy te he met raad en voorstelle, baie dankie ek het baie geleer. Kan nie wag vir volgende keer nie!!!

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Dankie Prohunter

Post by prohunt »

Hi Jakkie,

Was plesier om saam te gaan, maar moet maar nie te veel op al die praat vertrou nie, ons almal leer maar nog.

Groete

Johan (Prohunt)
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Dankie Prohunter

Post by G-force »

Wat is doodgeskiet?
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Dankie Prohunter

Post by BRNO (Pierre) »

Julle manne sal tog bietjie meer moet vertel as dit, anders gaan ons aanneem jy het vir Jake geleer om sy mes en vurk te gebruik :angel:
Veiligheid eerste manne!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Dankie Prohunter

Post by Beretta »

Brno jy is weer skerp so op n koue oggend
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Dankie Prohunter

Post by prohunt »

Hehehe, julle manne kry nie koud nie.....julle is heeltemal te skerp daarvoor.

Ons het eintlik net uitgegaan om die plaas te bekyk, die maan was heeltemal te lig op die oop terrein en ons wou nie die plek oorroep en dit wat daar is wild maak nie.......nie dat jy hierlangs maklik iets kry wat nog nie wild is nie ;D :o .

Jakkie het net so op een plekkie 'n roep ingesit en 'n bakoortjie of wat het ingekom. Daar is waarskynlik nie baie probleemdiere op die spesifieke plaas nie, ek vermoed dis 'n rooikat wyfie met kleintjies wat dalk tans die probleem daar is.

Ons het toe net so 'n draai gery om te kyk of Jakkie nie iets raak lig nie, maar ook net paar bakoortjies gesien.

Seën vir julle skerp manne se dag.

Johan
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Dankie Prohunter

Post by Piet Breedt »

Ek het ook die voorreg gehad om deur Johan geleer te wees op my eerste 3 aande uit. Ek het nog nooit saam enige iemand anders geskiet wat meer presies en toegewyd is as Johan. Hy is baie deeglik en n uitstekende leermeester met baie jare se ondervinding.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Dankie Prohunter

Post by prohunt »

Baie dankie vir die mooi woorde Piet, maar soos gesê is ek self ook maar nog altyd besig om te leer. Daar is heelwat manne wat my ver voor is.
Post Reply