Is daar iewers waar 'n mens 'n lys kan kry van al die verskillende recticles wat beskikbaar is?
Ek raak nog altyd deurmekaar met die name en kan dan nie recticle indentifiseer nie.
Teleskoop Recticles - Hoe lyk hulle ?
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5028
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Teleskoop Recticles - Hoe lyk hulle ?
Frederik, ek wonder of die ballistiese programme wat mens deesdae op tablette / slimfone aflaai, nie vir jou 'n baie wye spektrum van kruishare sal kan wys nie . . . verder moet mens seker maar GOOGLE as mens die res wil vasstel. Hoop jy kom reg.
Groetnis
Groetnis
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Teleskoop Recticles - Hoe lyk hulle ?
Eintlik is daar net drie soorte. Klassifiseer elkeen maar net onder die drie.
1. Die waarvan die kruishare voorsiening maak vir die kwadratiese val van die koeël. Daar is baie, en mens hoef net op die baan die twee moontlike verstellings te doen, dit is die zero afstand en die vergroting. Daarna is jou kruishare perfek vir elke 100m tot so 500m. Nog beter, werk dit eers uit op die rekenaar, en net 'n paar skote is nodig op die baan. Die skoot is vinnig en presies.
2. Die eweredig opgedeeldes, soos mildots en vele ander kruishare wat ewerdig opgedeel is. Dit werk, maar mens moet sommetjies maak of tabel raadpleeg voor die skoot.
3. Die wat nie een van bogenoemdes se naam werd is nie. Ongelukkig is daar ook baie van hulle. Laat ek liewer nie name noem nie, sommiges neem aanstoot en kan nie kritiek hanteer nie.
Jou beste is om die teleskoop waarin jy belangstel se kruishaar spesifikasies te kry of te meet van 'n foto af. Baie spesifikasies is beskikbaar.
Dan kan jy nie beter doen as om te vergelyk met Prof. Pejsa se skrywes nie. Dan is daar diegene wat sweer by Brian Litz en sê Pejsa is waardeloos. Die Burris Eliminator gebruik Pejsa se formules en loop soos stroop.
Die lang afstand manne 1km en meer kan liewer Brian Litz gebruik, want hulle doen nie die berekenings nie, die rekenaar of slimfoon moet dit doen.
Die krismisboom kruishare word gewoonlik net gebruik tot op so 500m, en daar is niks wat dit kan klop vir daardie applikasie nie.
Voorspoed!

Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Teleskoop Recticles - Hoe lyk hulle ?
Frederik, jy kan by ziess se reticle selector gaan rondkyk. Dis nogal handig want jy kan jou prooidier en reticle saam sien, ongelukking is net zeiss se reticles daar.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5028
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Teleskoop Recticles - Hoe lyk hulle ?
Dankie Perusvs72, dit is presies wat ek opsoek was.