Honde
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Honde
Ambessa, jammer dat ek nou eers reageer. Dit mag wees dat daar honde is wat werk sonder om te bederf, waarvan ek net nie bewus is nie. Miskien het my reaksie die indruk geskep dat ek Anatole totaal afkeur en dit is nie die geval nie. Ek kon bloot nie klinkklare bewys kry dat dit werklik 'n blywende verskil maak nie. Ek het self van hulle gehad sonder sukses. Hier is een teler wat staan en val by sy honde, maar hy begin nou ook groot skade ly as gevolg van jakkalse. Van die betrokke teler word net goeie tyding ontvang, maar sy werkers skets 'n ander prentjie wat by die dag versleg.
Ander boere in die omgewing het op die kort termyn ook resultate behaal, maar die probleem is dat Anatole nie die aanwas van jakkalse beperk nie. Op 'n stadium raak hulle meer as wat die hond kan hanteer en dan begin die skade. Indien hulle saam met 'n normale jakkals beheer veldtog gebruik word kan daar miskien merite in die saak wees, maar ook beperk met betrekking tot terrein, kampgrootte en skaapras.
Ons wereld is taamlik bosserig met kampgrootte van tot 500 ha. In die geval van Dorpers slaap hulle in klein groepies versprei oor die hele kamp en in sulke gevalle help 'n hond bykans niks. Om daardie rede het ek oorgeskakel na Damara/Dorper kruisings (Meatmasters, maar ek soek eintlik nog na die "meat") aangesien hulle baie meer tropsgebonde is. Die idee was dat hulle as 'n groep sal beweeg en slaap, wat dit baie makliker maak vir die hond om op te pas. Wat egter interessant is, is dat hulle binne een jaar die tropsgebondenheid verloor het. Ek dink dit is as gevolg van die feit dat hulle versprei in die bosserige dele en nie so maklik in 'n trop saam kan beweeg nie en dan ook kontak verloor met die res van die trop. Hulle slaap nou ook soos Dorpers oor die hele kamp versprei.
Die probleem wat ek met Anatole en hulle voorstanders het is dat dit as die Alfa en Omega voorgehou word. Landmark Foundation se resep van Anatole en geen ander beheer nie, is 'n baie goeie resep vir bankrotskap. Hulle beweer ook verder dat rondloop beheer moet word met opleiding. In klein kampies onder konstante toesig is dit moontlik, maar ekstensief is dit totaal onmoontlik. Meeste honde wat van die staanspoor kwaaddoen word dadelik verwyder. Die honde waarna ek verwys het het egter vir lank goed gewerk. Die probleem is myns insiens dat die hond begin rondloop of kwaaddoen en jy kan hom nie onmiddelik berispe nie. In klein kampies onder volle toesig is dit makliker, maar probeer dit in 500ha bosserige veld. Teen die tyd dat jy agterkom die hond loop rond, doen hy dit al lankal en dan is hy reeds bederf. Dieselfde met vreet aan 'n dooie lam karkas ens, wat dan moontlik daartoe lei dat hy self begin vang. Wanneer 'n hond iets verkeerd doen moet jy hom dadelik aanspreek. Dit help nie jy raas vandag oor iets wat hy gister gedoen het nie - Hy gaan eenvoudig nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie.
My groot probleem met Anatole is egter die feit dat hulle alles saam met hulle in die kamp opvreet. Duikers, steenbokke, hase en selfs koedoekalwers word gevang en opgevreet. Ons groen vriende het baie te s? oor die enkele hase of kleinwild wat in 'n slagyster kom, maar hulle ignoreer gerieflikheidhalwe die feit dat Anatole groter skade aanrig. Weereens s? hulle opleiding opleiding, maar indien jy nie 24 uur daar is om die hond te berispe nie gaan hy reeds bederf wees teen die tyd dat jy uitvind daarvan. Indien ek die hond 24 uur per dag moet oppas, kan ek mos maar die skape ook 24 uur per dag oppas. Wat is die verskil?
Dis maar net my mening en sal luister na ander se opinies. Groete

Winners never quit - Quitters never win.
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: Honde
Ek het 2 honde gehad as deel van die Grootfontein Navorsings projek. My grootste probleem met albei was die lyndraad. Dit gaan goed tot op `n sekere ouderdom, dan verstaan hy nie die draad nie. Een is in slagysters gevang op buurplaas, hy het maar net weer gegaan. Nie `n 90cm sparkruis kon hom binne hou nie. Dit was die einde van altwee my honde. Ander groot probleme soos wild vang het ek nie met een van hulle gehad nie.
Die probleem is dat beheer met ander metodes moeilik is as jy `n hond het en veral as hy ook op die buurplaas is. Daar is al baie probleme genoem met die honde, ek sal ook bly wees as daar boere na vore kan kom met sukses, maar dit lyk my hulle is skaars, of bestaan nie.
Groete
Lukas

tafjak
Re: Honde
Thoei
Honde is geteel om mense te sien en as hulle te min daarvan sien raak dit gevaarlik. Jy kry nogal honde wat in die begin staduim hul werk probeer(kan nooit 100% suksesvol wees nie) doen, maar raak die pad gewoonlik na die eerste paarseisoen byster.
Nee wat, die Turke het hul lesse geleer en duur daarby, hoekom moet ons hulle(die Turke) verkeerd probeer wys.

smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Honde
Ek ken 'n boer wat alpacas het.
Hy reken die goed help, maar net as die kleinvee by mekaar is. Wanneer hulle verspreid wei, kan die alpacas nie help nie.
Daar is eintlik net een manier wat werklik werk, en dis om die jakkals te dood, hetsy te roep of met 'n slagyster te vang.
Skiet in elk geval die jakkals, en daardie jakkals is uit die prentjie.
Groete
Johan Smit

Kaptein
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:43 pm
Re: Honde
Ek het n anatool wat uitstekend werk, hy is nou 9 jaar oud, jakkelse leer maar met die tyd die hond ken en begin hom as n paar aan te vat, een hou hond besig terwyl ander probeer skaap vang, maar gelukkig wen die hond die geveg op die oomblik, het al op n keer gesien dat my hond n jak om n groot klip jaag terwyl jak se maat op klip staan,toe jak moeg gehardloop was toe klim die maat van die klip af en terg die hond sodat hond hom nou moet begin jaag en sy maat n bietjie kan rus, my hond werk soos n droom, maar ek maak ook gebruik van die roep en skiet metode anders gaan die jakke een of ander tyd die hond ore aansit
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Honde
Ek het ook n hond wat nou al vir 5 jaar vir my baie goeie diens gee. Ek dink van die geheime is om die hond by n teler te kry wat sukses met sy honde het. Die jong hond moet van die begin af reg groot gemaak word saam met skape. Sy groot geheim dink ek is sy kos. As hy nie dik vreet aan goeie hondekos wat aan sy behoeftes voorsien nie sal hy rondloop en kos soek. Kyk na dinge soos muise wat in die selfvoerder klim en op kos urineer of miere wat in hulle kos klim. Die honde raak nie aan sulke kos nie. Ek hang die selfvoerder op om dit te verhoed.
Te groot kampe is verseker ñ probleem en te veel jakkalse ook. Ons moet ook maar nog steeds skiet, want die hond kan ook nie oral keer nie. By sy trop ooie met klein lammers is min verliese.