Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wil net weet of een van julle eergisteraand in die omgewing van die Lodge (Standerton) geroep het? Dalk een misskootjie geskiet ?
Moenie bekommerd wees nie. Ons het hom gisteroggend geskiet. Hy het 'n duidelike skietwond aan die linker voorbeen gehad. Mooi groot teef gewees. Was die tweede een van die oggend gewees, terwyl ons swb gesoek het.
LN was dit nie dalk jagters wat die jakkals raak geloop het en toe nie regtig gaan soek het nie?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Ek het Vrydag aand nie te ver van daar geroep nie. Meer Charl Cilliers se kant toe, maar soos die kraai vlieg is Rhino nie ver nie. Ek het een "mis" gehad op een wat oor die 300m van my af was. Kon nie eenige inpak hoor nie. Was dit 'n vars skoot?
Ek het nou so bietjie gaan kyk. As ek reg is was ons so 5-6km weg van Rhino Lodge se een hoek. Ek glo darem nie dis die een wat ek op geskiet het nie. Die jakkals was aan die weg draf en ek het na die se linker kant geskiet as ek nou al my varkies op 'n hok het. Maar ek glo nie jakkalse beweeg so ver weg van hulle plek af nie. Hulle gatte is in die vlei so bietjie regs op die kaart. Die rooi kol is waar ons geroep het, die rooi hoek is as ek dit reg het Rhino se verste lyn draad.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jammer ek antwoord nou eers maar was die naweek so bnietjie in die veld.
Dries, jy kan maar gaan. Daar is baie wild en die prys is aanvaarbaar. Wees net voorbereid om 230m+ te skiet. Daar is nie baie natuurlike skuiling om die wild te bekruip nie e hulle is maar sku vir die voertuie.
Degenad, die wond was nog nat gewees en duidelik 'n vars wond. As ek jou kaart kyk is die moontlikheid dat dit jou jakkels is nie uitgesluit nie.
Dit was nie 'n ander jagter gewees nie aangesien daar die laaste jagters Sondag uit was en ons die eerstes die week was.