Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer van

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer van

Post by jaracal »

Hierdie afdeling is vir die manne en dames wat hulle geheime met ons wil deel van hoe om met vleis te werk.
Ou Taffie se gesegde is dat die lekker verby is sodra die skoot geklap het en 'n man nou moet begin werk. Ek is egter van mening daar is baie manne wat hierdie deel net so geniet. So kom deel bietjie met ons.
(Gert jammer dit het so lank gevat, was bietjie distracted met ander dinge)
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by theedge »

Dankie gaan hierdie een dop hou
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by Rudie »

Baie dankie, gaan ook fyn dophou. My bewerkings koste die jaar was meer as my jag kostes. Dankie aan die manne wat hulle geheime sal deel.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by Carl »

Dankie Heinrich
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by jamalley »

OUTYDSE PEKEL WATER (vir maak van soutvleis - ek gebruik hele rugfillet)

BENODIGDHEDE:

20 liter water
growwe sout
1 koppie bruin suiker
2 eetlepels salpeter
2 pakkies koeksoda

METODE:

Gooi sout in koue water totdat ‘n rou eier daarop dryf
Voeg 1 koppie bruin suiker, 2 eetlepes salpeter en 2 koekies koeksoda in en roer goed
Sit vleis in, maar maak seker alle vleis is onder die watervlak (Ek gebruik sommer 2l coke bottles vol water om aft e druk)
Laat vleis in mengsel vir ongeveer 10 dae
Roer vleis 2 maal per dag.

Seel en vries die soutvleis totdat dit gebruik gab word, kook in stoompot, laat dit afkoel en sny in dun skywe, bedien met soet mostert.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by Gert Odendaal »

jaracal wrote:Hierdie afdeling is vir die manne en dames wat hulle geheime met ons wil deel van hoe om met vleis te werk.
Ou Taffie se gesegde is dat die lekker verby is sodra die skoot geklap het en 'n man nou moet begin werk. Ek is egter van mening daar is baie manne wat hierdie deel net so geniet. So kom deel bietjie met ons.
(Gert jammer dit het so lank gevat, was bietjie distracted met ander dinge)
Heinrich
Goeie dag Heinrich
Groot waardering van my kant af vir die besondere nodige afdeling, soos jy genoem het ek glo die groot deel van jag is wanneer jy as jagter in staat is om jou eie karkas te bewerk. Ek verstaan absoluut dat nie almal van ons ingerig is om dit miskien te kan doen nie, maar ek het `n besluit geneem dat ek klein gaan begin om my eie karkas te bewerk en soveel van die proses te leer as moontlik.

Uit vorige ondervinding waar ek verskeie slaghuise in my omgewing gevra het(baie mooi gevra het) dat ek graag by hulle wil leer om salami, sorizo en ander tipe produkte te leer maak by hulle blokman, ek het aangebied om te betaal ek het maar `n koue skouer en beloftes gekry wat nooit gerealiseer het nie. Nou het ek begin om myself te help, ek het `n baie netjiese en uiters praktiese roker in die hande gekry om mee te begin rook...ek sal `n paar fotos oplaai. Hier is `n foto van `n replika van my roker....
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/BigBaby1_zpseb98705c.jpg

Ek het `n wors stopper tot my beskikking, `n meule wat ek self gebou het , `n biltong droog kas , nou net die karkas kry en begin werk.

Dankie vir die manne wat bereid is om hulle vaardighede met ons te deel, ek glo die afdeling gaan nog baie nuwe lede by kry wat self gaan probeer om hulle eie vleis te verwerk en dit geniet ook.

Weereens dankie Heinrich ....

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by Gert Odendaal »

jamalley wrote:OUTYDSE PEKEL WATER (vir maak van soutvleis - ek gebruik hele rugfillet)

BENODIGDHEDE:

20 liter water
growwe sout
1 koppie bruin suiker
2 eetlepels salpeter
2 pakkies koeksoda

METODE:

Gooi sout in koue water totdat ‘n rou eier daarop dryf
Voeg 1 koppie bruin suiker, 2 eetlepes salpeter en 2 koekies koeksoda in en roer goed
Sit vleis in, maar maak seker alle vleis is onder die watervlak (Ek gebruik sommer 2l coke bottles vol water om aft e druk)
Laat vleis in mengsel vir ongeveer 10 dae
Roer vleis 2 maal per dag.

Seel en vries die soutvleis totdat dit gebruik gab word, kook in stoompot, laat dit afkoel en sny in dun skywe, bedien met soet mostert.
Jamally, is dit dieselde "pekel" wat `n man by `n plek soos Hyper Packaging kan koop wat hulle Cure 1" en ook `n Cure 2" noem waarmee `n man verskillende produkte kan rook? Om vleis te kan rook het `n mens nodig om vleis in pekel vloeistof te le.?
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by andre007 »

jamalley wrote:OUTYDSE PEKEL WATER (vir maak van soutvleis - ek gebruik hele rugfillet)

BENODIGDHEDE:

20 liter water
growwe sout
1 koppie bruin suiker
2 eetlepels salpeter
2 pakkies koeksoda

METODE:

Gooi sout in koue water totdat ‘n rou eier daarop dryf
Voeg 1 koppie bruin suiker, 2 eetlepes salpeter en 2 koekies koeksoda in en roer goed
Sit vleis in, maar maak seker alle vleis is onder die watervlak (Ek gebruik sommer 2l coke bottles vol water om aft e druk)
Laat vleis in mengsel vir ongeveer 10 dae
Roer vleis 2 maal per dag.

Seel en vries die soutvleis totdat dit gebruik gab word, kook in stoompot, laat dit afkoel en sny in dun skywe, bedien met soet mostert.
Jamalley. Teen wat se temperatuur moet die bogenoemde gehou word?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by jaracal »

Gert
Jou roker lyk na iets besonders, ek sal ook graag so iets wil bou. Wou nog altyd 'n roker gehad het.
Lyk ook nie of dit te moeilik is om die roker te bou nie.
Kan jy nog 'n paar fotos oplaai sodat ons met die oog kan steel.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by Gert Odendaal »

Goeie naand Heinrich

Ek doen dit met graagte, ek sal fotos oplaai en mates vir jou uit teken. `n Vriend van my staan nou die dag en kyk na die roker, so uit die bloute noem hy dat die roker `n baie groot aanvraag sal he, vernaam as ek resepte saam verkoop en `n praktiese uiteen setting van hoe die roker werk. Ek was verstom want ek het nou nog nie so daaraan gedink nie, ek moet darem noem dat ek nie die roker gebou het nie.

Ek het die roker by `n restaurant eienaar gekry wat hom spesiaal laat bou het met spesifieke afmetings soos wat die eienaar wou gehad het...toe hy hom die eerste keer gebruik agter sy restaurant storm die inspekteur van die munisipaliteit daar in en verbied hom om oop vure te maak in beboude gebied...ek het toe by die eienaar geneul om asb. die roker aan my te verkoop, hy stem toe in om die roker verniet te gee as ek so nou en dan vir hom iets rook, so ek het `n belofte wat nagekom moet word, ek sal nou binnekort moet begin rook...

Ek stuur fotos vir jou in volgende week aan met sketse en maates.

Groete

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by jaracal »

Dankbaar Gert
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3606
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by Fanta300 »

Sou nie kon dink dat iemand in Witbank sou agter kom dat daar 'n ekstra rokie trek nie >:D
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
baas
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by baas »

Hierdie gaan ek verseker dop hou!
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Nuwe afdeling vir die manne wat ons graag meer wil leer

Post by Gert Odendaal »

Fanta300 wrote:Sou nie kon dink dat iemand in Witbank sou agter kom dat daar 'n ekstra rokie trek nie >:D
Fanta jy moet ons Witbankers nie so vlak kyk nie, die "Floosh" kom van ons af....ons dorp is die enigste dorp waar jy kan in jou glas sien wat jy drink...jy kan ruik dat die water waarin jy stort nie skoon badwater is nie..dat die munisipaliteit moontlik die waterpype omgeruil en gekoppel het met die rioolafval pype...ons slaggate is dieper en groter as Brits se gate...Witbank kan ook hulle eie mis maak , ons doen dit met self gereguleerde lugbesoedeling...watter dorp in Suid Afrika kan dit ons na doen???? ;D :laugh:

Heinrich, ek sal Maandag begin om die mates uit te teken...ek stuur solank `n skakel waar jy nog kan gaan kyk hoe die roker werk....