Nuwe aansluitings

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Johan Nel »

Dagsê Monster en Toitjie. Welkom hier op die forum.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Kwis
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Fri May 30, 2014 7:01 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Kwis »

Dag Almal. Nuut op die forum. Amazing onderwerpe en vreeslik insigewend om van almal se pond vleis te hoor.
Kwis

30-06 Ruger
hunter74
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu May 30, 2013 4:39 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by hunter74 »

Welkom aan al die nuwe lede op die forum.

Geniet dit hier.

Groete.
pvzyl
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Sat May 31, 2014 5:27 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by pvzyl »

Hallo almal. Ek is Pieter, 'n boer van Bloemhof en is betrokke met jag en skiet vanaf '92 (diensplig).
Ek het in 2008 aangesluit by SAJWV maar het hierdie jaar (Maart) besluit om meer kompeterend te skiet en het aangesluit by SAJaggeweerskietvereniging, dus verorber ek alles met akkuraatheid te doen.
Huidiglik het ek :.22 BSA Supersport 5, .22 Ruger MK1, .22-250 Savage mod 10, .243 Voere, .270 Musgrave mod 80, .303 BSA, .38 Astra, .44 Ruger Superblackhawk, .45 ACP CZ97, 12br O/U Baikal.
Ek lees graag julle sieninge en raad.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5149
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Pvdw »

welkom aan die nuwe manne. Sien uit na julle deelname.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Dagsê Pieter! Net jou naam laat jou al kwalifiseer as 'n waardige lid.
Net jammer ek sien nie 'n .308 in jou arsenaal nie, maar 'n mens leer maar met die tyd ;D
Groetnis
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by fanie.myburgh »

Halo Manne.

Ek het so tydjie terug op die Forum afgekom en klaar baie geleer. Ek het vir my 'n CZ 7x64 gekoop (wag nog vir lesensie). Ek het n .303 by my pa gekry. Die idee is om die 7x64 vir die Kalahari tegebruik en die .303 vir die bos.

Groete
Fanie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom Fanie. Hoop jy geniet dit hier.
Hoekom het jy 'n 7x64 gekoop?
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by fanie.myburgh »

Ek het 'n geweer gesoek met 'n plat trajek en wat bietjie swaarder punte kan skiet as 'n 270. Ons het klaar 'n 270 in die familie en n 7mm was maar vir my die volgende keuse. Ek het ook my eerste kudu in Nam geskiet met n 7x64.
User avatar
TomM
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Wed May 28, 2014 8:13 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by TomM »

Goeidag forum wesens! My naam is Tom Maskowitz, woon Durbanville, en ywerige skut.( plasings soms nie na wense nie..!) My belangstellings is wapens , elektronika, enigiets tegnies, en hou van reis. Ex Suidwes, en my hart le nog in die Namib. Wapens bestaan uit 308Musgrave , 243 leveraction, 22Hornet, .22Rim, 12boor pompaksie, s/s Krupp 12Boor, 38 Sp snubbie, 9mm Glock. Die 8x57 is onlangs verkoop , loop uitgeskiet, maar jammer ek het dit nie gehou nie.
Aktief by Dbv Skiet Klub betrokke, ook Kaapjag. Hoop ek kan baie leer by die forum manne!
Verskoning oor laat voorstelling, die vorige een het blykbaar nie reg submit nie.
308 fan! ook Browning243Lever action, 22H, 22LR, 12br, 9mmP, 38Sp, ex8x57
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Tom, welkom, welkom.

Dit wil my voorkom of jy vrot van die ondervinding is. ;D
Ek sien jy loop sommer oop met die in trap slag. Ek glo jy gaan dit geniet hier.

Groetnis,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
chrisman
Full Member
Full Member
Posts: 133
Joined: Tue Sep 24, 2013 2:05 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by chrisman »

Hello dad.....
Jou gesê dis 'n lekker forum die.
Geniet.
Israeli 7.62 (.308)
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks
hunter74
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu May 30, 2013 4:39 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by hunter74 »

Baie welkom aan al die nuwe lede , geniet dit hier.

Groete.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by vriell »

Welkom julle !!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Herbert Honiball
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Wed Jun 04, 2014 8:42 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Herbert Honiball »

Goeiedag uit 'n baie nat en koue Ceres. Ek lees al vir baie lank die forum en het al baie geleer uit die besprekings, toe besluit ek om aan te sluit. Ek dink dit is 'n puik forum en ek voel geeërd dat ek aanvaar is in hierdie groep. Sien daarna uit om nog sommer baie te leer.

Herbert
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

TomM wrote:Goeidag forum wesens! My naam is Tom Maskowitz, woon Durbanville, en ywerige skut.( plasings soms nie na wense nie..!) My belangstellings is wapens , elektronika, enigiets tegnies, en hou van reis. Ex Suidwes, en my hart le nog in die Namib. Wapens bestaan uit 308Musgrave , 243 leveraction, 22Hornet, .22Rim, 12boor pompaksie, s/s Krupp 12Boor, 38 Sp snubbie, 9mm Glock. Die 8x57 is onlangs verkoop , loop uitgeskiet, maar jammer ek het dit nie gehou nie.
Aktief by Dbv Skiet Klub betrokke, ook Kaapjag. Hoop ek kan baie leer by die forum manne!
Verskoning oor laat voorstelling, die vorige een het blykbaar nie reg submit nie.
Hallo Tom
Welkom hier. Het jou lanklaas by die skietbaan gesien.
Groetnis
P.W.V.
GERHARD 3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 14, 2014 3:11 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by GERHARD 3 »

Goeie dag almal. Ek is Gerhard Ferreira. Bly in Bloem en doen sport en jag graag ook. Ek het so 11 jaar terug begin om jakkals te skiet. Eers saam gery , wel die bestuurder van die bakkie vir grootgeeste voor hul aftredes ens en toe self begin roep en skiet. Die gogga byt diep en bokkoors kom glad nie naby jakkalskoors nie. Dis verslawend. Het die jaracal webwerf ook al van daaityd af besoek maar nou eers aangesluit. Ek jag net wild wat ek op my skouers kan dra, so dit is tot rooibok, blesbok en kleiner. Die ander smaak vir my nie lekker nie. Ek het nie uitstaande einskappe nie behalwe dalk om eerlik te wees en om nie te jok nie. Dit het my al baie in die moeilikheid gebring soos tans. Ja, ek het al jakkals misgeskiet en erger goed aangevang. Groete Gerhard.
DinoF
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Wed Jun 11, 2014 12:29 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by DinoF »

Hi

Ek is Dino Fourie. Jag Graag en hou van beesboery. Lekker Forum
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Johan Nel »

Hallo Dino,
Welkom hier op die forum. Nou wanneer jy so jag wat is jou voorkeur jagmetode/s, watter diere jag jy graag en wat is in jou arsenaal van jaggoed wat jy terminaal aanwend?
Hoor graag nog baie van jou, geniet dit hier.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Harry
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Mon Jun 09, 2014 6:08 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Harry »

Hallo almal,

Ek is Herman,mal daaroor om jakke plat te trek. Ek lees baie oor die meer ervare manne in die bedryf se wenke en leer daarby.

Groete en lekker skiet.
User avatar
TJL303
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Tue Jun 17, 2014 12:05 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by TJL303 »

Hallo almal, naam is Theuns, hoofsaaklik bosveld jagter en begin my laaities (9 en 11 jr) nou lekker betrokke maak by jag en skyfskiet.

Huidiglik:
Brno 270 WIN,
BSA 303 no4 mk2
45 ACP, Colt 1911
357 MAG, Taurus s/s

in die proses:
22 Magnum Anschutz
222 CZ 527
Brno 30-06
CZ 70 7,65

Nog in drome:
375 H&H en 6.5 x 55 Swedish en natuurlik R1/FN/FAL........... :): en as daar enigsins geld oor 'n 9mm..........
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Johan Nel »

Hallo Theuns,
Welkom hier op die forum. Dis 'n gesonde arsenaal wat jy besig is om daar op te bou. Die seuns sal dus nie 'n tekort aan kaliberkeuses he nie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
TJL303
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Tue Jun 17, 2014 12:05 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by TJL303 »

baie dankie.....het my .22 LR vergeet op die lys van wat ek al het.......... :-[
JGDP
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon Jun 30, 2014 2:20 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by JGDP »

Goeie middag aan almal. Ek is van Brits en jag graag in die bosveld sowel as vlakte.
Wil graag begin herlaai en sien sommer dat ek hier baie vinnig op die regte pad gaan kom.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Smitstertjies »

Welkom hier JGDP van Brits.

Hoop jy praat nie net Brits nie!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Post Reply