Ek het vanmiddag die jakkie hier naby my huis gesien, hy/sy is so te se hondmak, hy was so 6 meter van die bakkie af, hy het gaan sit toe hy my die eerste keer sien. Ek het hom nuuskierig gehou met kiss of death, die wetter het selfs nader gestap!
Nou het ek 'n idee hoekom die blesbok lammers nie hier hou nie.

Lyk my die rooihond bly in die populier bos, daar is baie water naby, en die blesbokke is op die eragrostis langs die bos.
Nou kom die moeilikheid: waarmee skiet ek hom? Ek bly in 'n estate waar ons nie mag skiet nie. Gaan sit ek in die bos dalk met die boog?
Hoe sou julle maak?
Daar is nerens skaap/bok/wildboere naby nie, so hy pla nie juis nie (behalwe vir die blesbokke). Moet ek hom maar eerder los?
Dis natuurlik heeltemal teen my beginsels!
Groete,
Eugene



