algemene jakkals vra

Post Reply
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Mac »

Wayne,

Jackal are like people, unpredictable, but at least their instinctive reactions are a bit more predictable. Vistok gave good advice, a fight will often turn a second jackal. you need to have a sound ready, mine is elsneus, that plays immediately the button is pressed, or possibly use a foxbang if your caller can. For what it is worth, my personal philosophy is that if the second jackal does not give me s shot, I will keep quiet for about 10 min, then use a locator once, if still no joy, I will return 2 or 3 nights later and try from about 500m away with a different locator, single, and then sit. no further calls for at least 40 to 45 minutes. repeat once more, and if still no joy, come back in 3 to 6 weeks time or try a day call a day or so later.

Just don't get despondent, jackal hunting is not an exact science.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by johans »

Henry 7 wrote:Cobus
Moenie sleg voel nie-ek het so 'n reun bo-op my berg-jy roep hom nie HY ROEP JOU!
Van afkom wil hy niks weet nie,10/80 sit hy nie sy mond aan nie,met 'n dagroep kyk ek reg in die son,chopper het hom net gekwes.Die dag as ek hom kry kom da 'n groot party! 2 tewe het geval laaste 2weke of so en dit is my laaste hoop dat hy nou baie verlang anders weet ek nie.
of jy moet maar jou buurman instuur ou ruba
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Wat ek ook ondervind het nadat ek een geskiet het het ek 'n rukkie gewag en toe 'n jakkals wat seer gekry het gespeel dit was nie lank nie toe het nog een in gekom net jammer ek het jak koors gekry of dalk was dit dat ek koud gekry het
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

net jammer ek het jak koors gekry of dalk was dit dat ek koud gekry het
erken dit net! jy het mis geskiet! :laugh: :laugh:
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Dit was die koue gewees ek skiet nie mis nieeeeeeeee!
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by visstok »

Nico

Ek skiet ook nie mis nie, kon hom met die 2de skoot plat maak hahahaha

Nee wat, ou vlekkie is n anderste teiken, gewoonlik die naby skote wat n man sommer plat mis skiet.

Groete Alex
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Sal dit so stel dit was amper raak
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Wayne »

Thanks Mac, will keep at it, that is why I love this place, free advice and in such good spirit. Thanks to everyone.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: algemene jakkals vra

Post by HennieC »

Ek het ander aand ook so koud gekry dat ek 'n jak gemis het op 40 meter :laugh: :laugh:
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by visstok »

Dis reeds daai 40m merk wat ek probeer vermy, verder en nader is reg, maar ai daai 40m......

Groete Alex
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Jis Manne

Sien julle gesels lekker. 'n Paar vrae aan my raakgelees:

Nuuskierigheids-roepies (soos ek dit bedoel het in my vorige opstel) kan 'n hele reeks goed insluit. Dit sluit in al daardie klanke wat nie die normale natuurlike prooi-roepe is nie, ja. Maar dan moet dit ook darem iets wees wat daardie jakkalse waarskynlik nog nie gehoor het nie. Allegaartjie Pikant is 'n voorbeeld, gegewe dat jy dit nog nooit of baie lanklaas gebruik het (kort stukkies met goeie stiltes tussenin) Onthou jy sal bereid moet wees om baie langer as normaal te wag, want jakkalse kom nie so vinnig op nuuskierigheid in, as op bv. 'n bekende prooi in nood nie, of na 'n "fight" toe nie.

By 'n roep-ervare stel jakkalse waarmee jy dalk al vir 'n seisoen of 2 sukkel, hulle gate al gekry en kleintjies was dalk al gedood en jy't hulle nou lank van 'n roepery laat rus, is hierdie dalk iets wat jy nou kan probeer om hul territoriale instink te probeer uitbuit: Hier kan nuuskierigheid ook insluit om net 'n enkel jakkalsroep in so 'n stel (lees dit as 'n meer roep-ervare stel) se gebied te speel en dan te wag (geen kosroepe nie, want die stel is mos gewoond jy volg jakkalsroepe op met 'n kos van 'n soort) Herhaal miskien daai jakkalsroep of gebruik 'n soorgelyke jakkalsroep eers na 'n halfuur of uur en wag heeltyd in stilte, maar lig gereeld. Jy kan die jakkalsroep dalk vervang deur sommer met bv. 'n rooikat/jakkals baklei af te skop en dit so af en toe te herhaal en net te wag sonder om iets anders te speel. Bly weg van kosroepe af in hierdie geval. Dalk oorreed dit die jakkals(e) om in te kom, maar indien nie, het jy nie veel skade aangerig met 'n oorroepery nie en jy sal daardie jakkalse steeds later die jaar weer kan roep, as hulle bietjie makliker is. Moet egter nie met jakkalsroepe vroeg karring as dit nuwe intrekkers is nie, dit mag hulle dalk net afskrik. Selfde geld vir erge baklei klanke of vreet/ baklei klanke. Jakkalsroep of worstel tipe klankies in 'n gevesdigde stel se area kan nie veel skade doen nie, want ek dink dis onwaarskynlik dat daar nuwe intrekkers in so 'n stel se gebied sal wees wat jy dalk mag verjaag. (Onthou ek bly in droeer deel van die land waar kerngebiede van jakkalse veel groter is as in die natter dele. Waar populasie digdheid van jakkalse hoog is, mag dinge heel verskil)

Wat ek seker wil sê is dat ek dink hierdie eerste deel van die moeilike tyd, is dalk nie 'n slegte tyd om bietjie met iets anders as jou staatmaker klanke te eksperimenteer nie. Sit en dink net mooi hoe jy die ding effe anders kan benader. Moet dit net nie oordoen nie en sorg dat jy kan sien as jakkalse binne jou windaf kant inkom. As hulle jou nie ruik terwyl jy iets onkonvensioneels probeer nie, sal hul waarskynlik dit nie met jou assosieer nie. Moet dit net nie oordoen nie en wag in stilte, 15-20 minute langer as normaalweg voor jy oppak.

Hiermee skiet ek glad nie die normale standaard roepmetode vir die moeilike tyd af nie, dit kan net so goed werk. Dit is ook nooit verkeerd om met Mooihuil, 'n Vlekkie of 'n locator van 'n soort af te sluit nie, dit is 'n opsie. Maar weet as jy klokslag elke keer die selfde ding op elke staanplek doen, leer die jakkalse ook jou roetines ken en spyker jy jouself.

Mooiloop
Louis
HCVWYK
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Sep 27, 2010 10:24 am

Re: algemene jakkals vra

Post by HCVWYK »

Die manne wat dagroep doen. Hoe kruip julle weg. Het julle cammo of gillie suits of sit julle binne n bos. Die lekkerste plek op n hoogtetjie sal seker nie werk nie oor die silhouette wat jy veroorsaak. Behalwe as jy dalk daar kan le, maar dan kan jy nie agter jou sien nie. Skiet julle dan van n skietstoel af of oor n bipod of ander tiepe rest.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

HC

Die beste sal wees om by die omgewing in te pas. Deur binne of voor 'n bos te sit of in die skadukant sal jy jou silhouette mooi kan breek en jou beweging redelik wegsteek. Die posisie van jou roeper is ook baie belangrik. Dit maak nie regtig saak waaroor of waarvanaf jy skiet nie, solank jy net raakskiet. As jy ver afstande moet stap kan 'n skietstoel swaar raak. Ek weet Junglejulian maak 'n lekker opvou stoel wat jy op jou rug kan dra.

'n "Ou" jakkalsjagter het eenkeer vir my gesê dat jy jouself die beste moontlike kans moet gee om 'n jakkals te kan skiet. So doen wat jy dink nodig is om daai jakkals te kry.

My 2c

Groete
Ruan
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Suidwes »

Dagse almal,

Was lanklaas op die forum, het nou lekker gelees deur al die raad en ervaringe van die lede. Nou voel ek dat ek bietjie van ervaringe ook kan vertel. Ek boer self en jag op my eie plaas en het n paar dinge al probeer om jakkalse te dood. My terrein is rof en staanplekke is skaars en nie baie groot nie. Ek glo ook dat as ek n jakkals skelm gemaak het, is dit my probleem om op te los en nie n beroepsjagter s'n nie. Beroepsjagter sal dit seker kan oplos, maar ek wil nie die persoon in n moeilike situasie sit nie.

My ervaring is dat staanple baie belnagrik is, maar dit is ek seker weet ons almal. Ek gaan maar lys van nommer 1 af, wat vir my die belangrikste is en wat ek in die afgelope 3 jaar by my geleer het.

1. Staanplek (Natuurlik)
2. Moet nie oorhaastig raak nie - Ek het altyd as ek iets kry wat gevang is of spore gekry het sommer dieselfde aand daar gaan karring. Het my baie duur gekos. Weet dit is moeilik as n jakklas elke 2de aand n lam vang om nie oorhaastig te raak nie, maar doen jou voetwerk/huiswerk en dan gaan skiet jy hom.
3. Geduld! - As jy in die stoeltjie gaan klim het op daardie eerste staan van jou, na al jou energie wat jy spandeer het om seker te maak dit is die regte plek, maak seker jy is uitgerus en voorbereid om lank te staan indien nodig. Ek het al soveer kere te haastig geraak en probeer kort paaie vat, groot fout.
4. Klank keuse - Werk die vir jou vooraf uit, ons almal weet sekere klanke pas beter sekere tye van die seisoen.
5. Dink innoverend - Ek het al vir maande gejag en nie een geskiet nie, alhoewel daar is. Verander toe my roetine of manier van jag (roep vs voorsit) en die jakkals is iets van die verlede.
6. Beste klank ooit!!! En dit is verniet!! STILTE!!! Ongelooflik hoe my suskses verander het vandat ek dit rerig begin toepas het.

Daar is baie ander aspekte wat kan genoem word, wind, temperatuur, maan, kamoeflering, ens. Ek noem dit nie, want enige iemand wat al met jakkalse te doen gehad en geskiet het, moet volgens my reeds kennis dra van die faktore. En dit is al baie bespreek op die forum.

Ek hoop iemand kan dalk iets leer uit die bostaande of iemand kan sien waar hy fout maak en terug gaan na die "basics" toe, hoe dit ookal sy, dit is my ervaring en bietjie wat ek tot die ongelooflike forum kan bydra.

Groete
Suidwes
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Jakkie 321 »

Dagse

Jakkals antw spontaan 2 so 600m weg en nog een skree vir lank so op 900m regs en links van my.

30min stilte
Mooihuil
30m stilte
enkel swart rug 2 - Jakkals links antw
30min stilte
Mooihuil
30-60min stilte - Jakkals antw 300m van my af maar ek sien niks want daar is n klein klooffie
Jakblaf
30min stilte
enkel swart rug - 3 Jakkalse antw my op dieselfde plek 300m weg maar sien niks
50min stilte - lig elke 40s
Jak challange
20min stilte
Enkel swartrug - 3 Jakkalse antw my op die oorspronklikke plek waar hulle heel aan die begin was so op 900m- MOES TOE SEKER DAAR GAAN ROEP HET WANT HY HULLE IS TERUG IN HULLE GEBIED.
Die wind het die hele tyd van hulle na my gewaai. Hulle het nie eers die wind probeer werk nie. Mooi oop vir 360grade so hulle kon my nie ruik nie. Het bo op helling gestaan teen draad met bossies reg langs my en bakkie is camo.

Wat het ek verkeerd gedoen dat hulle net nie uit daai kloof wou kom dat ek hulle kon klits?

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

Jakkie 321, verstaan ek jou reg, jy het in 4 ure net jakkals klanke geroep? nie haas of bokkie of kos nie???
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Jakkie 321 »

Cobus

Sorry nee het eers kos klanke gespeel todat die jakkies begin skree het.
Volume sag stilte volume bietjie hareder weer stilte
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

jy moet nader ry as hul so skree
HOU HOM DAAI DIKTE
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Jakkie 321 »

Cassie
Dit was die probleem kon nie in die kloof in ry nie maar moes seker toe hulle weer opdieselfde plek as waar hulle begin soontoe gery het.

Was die klanke die regte keuse of nie. Wil my voorkom of die challenge klank hulle weg gejaag het.

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Jakkie, ek sou hierdie tyd van die jaar met 'n enkel jakkalsroep begin, eerder as Mooihuil. Gaan doen miskien ook na-lees werk. Dink jy kan die situasie effe anders benader as jakkalse jou antwoord. Heinrich Funck sit iewers onder "Lede Alleen" 'n baie goed beproefde sisteem uiteen oor wat om te doen as jakkalse vokaal reageer op jou roepery. My voorstel sou wees om nie te veel rond te spring tussen jakkalsroepe as die jakkalse jou geantwoord het nie. Los daardie vir die manne met jare se ondervinding. Herhaal eerder die selfde jakkalsroep na so half uur en evalueer die jakkalse se reaksie. Vandaar besluit jy hoe om te maak: antwoord hulle v/d selfde plek, help dit nie jy roep verder nie, jy sal waarskynlik moet nader skuif. Antwoord hul nader het jy 'n goeie kans. Los maar as hul verder is, ens.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Oppas maar vir challanges huidiglik. Alhoewel dit dalk kan vrugte afwerp in 'n dominante stel se kerngebied, kan dit net sowel versigtige jakkalse afskrik. Dit sou jou beter baat om die ondergeskikte, skrikkerige jakkals met jou roeper te probeer namaak (van die begin af, nie eers nadat jy ge-challange het nie.)
Chrisjan

Re: algemene jakkals vra

Post by Chrisjan »

Ek vertel gou iets van verlede naweek se jakkals. Ons was op n plaas waar bobejane is, maar hulle is stil. Ek en Michiel besluit om naby n kloof n dagroep te doen. Wind, kern gebied, son en skootsvlak is mooi. So uur voor donker speel ek so nou en dan kort steenbok lam distress. Niks kom in nie. Net so voor donker gebruik ek elsneus se eerste gedeelte.

Dit was minder as twee minute en toe staan die teef daar. Natuurlik haar gepiets. My punt is dat hulle kon die kos hoor maar het nie belang gestel nie of was roep sku. Die tweede jakkals vir die aand het na rooi alleen erg laat weet dat sy oppad is en vyf minute later geskiet.

Ek stem ook vir enkel jakkals klanke vir nou.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Terloops, dit is 'n goeie ding om jakkalse se nuuskierigheid te prikkel so tussen die jakkalsroepe deur. Dit behoort jou meer suksesvol te maak. Hoop jy kan iets uit my gegorrel wys word.

Mooiloop
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Jakkie 321 »

Louis 102

Baie dankie vir die raad en ek raak definitief baie wys met jou raad.

Baie dankie ook aan al die ander manne se raad waardeer dit baie.

Enige iemand met nog raad is nog meer as welkom om dit te plaas.

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

elsneus??
waneer presies gebruik jy hom op sy beste?
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply