"Platskiet en hard slaan?"

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Chevvy SS »

Oom Pieter se oë is nog so goed dat hy sy Nikon verkeerdom opgesit het, anders is die goed te naby, en, hy hou ook van ver skiet.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by PWV »

Chevvy SS wrote:Oom Pieter se oë is nog so goed dat hy sy Nikon verkeerdom opgesit het, anders is die goed te naby, en, hy hou ook van ver skiet.
Hoe het jy dan gedink skiet ek na 'n 500 meter ghong op 'n 100 meter baan? As jy nie dom is nie moet jy slim wees!
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Giepie »

Net om dalk weer terug op lyn te kry. ;D

As kind het ek groot geword dat die 303 die beste kaliber is vir jag. Ook oop visier, nie met 'n fancy teleskoop op nie. Al die duisdende buffels en selfs olifante wat in Afrika daarmee doodgeskiet is. Toe daar oorgegaan word na 7.62 en R1's, is gesê dat dit heeltemal te vinnig is, die bok weet nie hy is getref nie en hardloop nog, anders as met die 303 wat dadelik laat val. So die 308 is 'n platskiet geweer. 8)

In die weermag leer ek toe meer van die kalibers, ons was die eerste inname wat R4's gekry het, toe ons geleer het oor die trompsnelheid ens toe dag ek met hierdie geweer jag mens nie. Toe sien ek hoe gaan oes hulle op De Brug springbokke met 223's en dag dit is nou regte jaggewere. :-[

Onkunde maak mens soms "slim." ;)
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by BLOK »

Plat skiet en hard slaan laat dink my aan die stelling wat ek destyds gesteel het by Gerhard GSC se website toe ek die jag van n blouwildebees met die 204 wou regverdig klink.

Ek dink die manne moet ook dalk die stelling gaan lees voor hulle kaliber keuses wil bespreek.

"n Ligte vinnage punt, met die selfde momentum as n swaarder stadiger punt, sal ewe diep penetreer as die konstruksies dieselfde is. As momentum meer is dan sal die vinnager punt meer kinetiese energie he, en kinetiese energie en wondkanale loop hand aan hand."
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Stefan764 »

300wsm

180gr Accubond teen 3000fps

Klaar gepraat
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Johan Nel »

Jonie wrote:Manne gaan die post so bietjie hi Jack, gaan jag jare terug daar by n oom in Aroab omgewing, moet Springbooke en Gemsbokke skiet , ek en my broer is opgeleide ph en ons altwee neem elke jaar redelik baie jagters uit, so ons agtergrond is darem nie heeltemal die van n leek nie, die oom laat kom toe sy seun al die pad van Mariental of so iets om te kom help as ons aanjaag met die skietery, elk geval aand voor die skiet vra ons die seun hoe ver skiet julle hier, , hy antwoord, niks onder 450 meter nie, ons skrik ons boeglam en se sommer duidelik ons is net gemaklik tot so 300m , nee se hy dit gaan nie werk nie, ons sal eers moet inskiet op 25 meter, stel 2 duim hoog en dan is ons reg tot 400 meter, elk geval ons skiet in maar stel niks want wapens is op kol en scope se merkies tot 300m is reeds vorige dag daar naby getoets.

Ons ry toe veld toe en soos die geluk wou he ry ons nie saam met die oom se seun nie, maar saam met oom, ons skiet toe gemsies en springbokke, volgende dag ry ons saam met die seun, ons sien toe gemsies en ek vra hom hoe ver is dit soontoe , hy antwoord heel oortuigend dis 480 meter, ek neem range finder en meet 276 meter. Ek se toe vir hom dis net sover hy wou my amper wejaaag want hy weet hoe ver bokke staan en skiet sy lewe lank al op daai afstande en my rangefinder ( Leica) is gemors, hier kan jy nie met sulke goed jag nie want die sand afekteer die afstand. Nou ja in kort is daar 9 gemsbooke en 8 spring bokke geskiet almal op" daai 450 meter" skote van hom.

Party mense sal en kan jy nooit iets vertel of leer nie.

Jammer post ge hijack ,maar dink dit pas nogal.
Jonie,
Wyle Dr Lucas Potgieter het my in die laat negentigers ook vertel van 'n artikel wat hy geskryf het waarin hy die stelling gemaak het dat hy dink die gemiddelde Kalahariboer lei het almal aambeie, want hulle tree is heelwat korter as die gemiddelde man s'n. Dit was ook nadat hy 'n soortgelyke proefie gedoen het op 'n Kalahariplaas met omliggende boere.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Kalahari »

Eina kêrels, julle slaan man darem nou laag :): ++>: ;)

Stem egter saam, daar is paar "wille" karakters.................., maar die skoen pas my gelukkig nie >:D
Zack Benade

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Zack Benade »

Wyle Dr Lucas Potgieter het my in die laat negentigers ook vertel van 'n artikel wat hy geskryf het waarin hy die stelling gemaak het dat hy dink die gemiddelde Kalahariboer lei het almal aambeie, want hulle tree is heelwat korter as die gemiddelde man s'n. Dit was ook nadat hy 'n soortgelyke proefie gedoen het op 'n Kalahariplaas met omliggende boere.
Lekker lag ek nou. Einlik het die man 'n goeie punt beet.
Die swakste skut wat in tree afstand skat word binne milli sekondes 'n skerpskutter van wereld gehalte. ++>:

'n Jagter wat in hierdie tegnologiese tyd waarin ons leef nog sy jag in tree beskryf is net soos die man wat sy bakkie se torgue uitwerk van NM en aandui in perdekrag. Net hy voel beter oor homself. Dan probeer hy jou oortuig perdekrag is beter as Nm. ++>: >:D

Koop 'n rangefinder as jy regtig saam die manne wil skiet en gesels. As jy nie dit wil doen nie gaan streel jou ambeie met sagte toilet papier. ++>:

Ek mik na niemand en ek hoop ek trap tone mis.!!!!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by PWV »

Zack Benade wrote:
Wyle Dr Lucas Potgieter het my in die laat negentigers ook vertel van 'n artikel wat hy geskryf het waarin hy die stelling gemaak het dat hy dink die gemiddelde Kalahariboer lei het almal aambeie, want hulle tree is heelwat korter as die gemiddelde man s'n. Dit was ook nadat hy 'n soortgelyke proefie gedoen het op 'n Kalahariplaas met omliggende boere.
Lekker lag ek nou. Einlik het die man 'n goeie punt beet.
Die swakste skut wat in tree afstand skat word binne milli sekondes 'n skerpskutter van wereld gehalte. ++>:

'n Jagter wat in hierdie tegnologiese tyd waarin ons leef nog sy jag in tree beskryf is net soos die man wat sy bakkie se torgue uitwerk van NM en aandui in perdekrag. Net hy voel beter oor homself. Dan probeer hy jou oortuig perdekrag is beter as Nm. ++>: >:D

Koop 'n rangefinder as jy regtig saam die manne wil skiet en gesels. As jy nie dit wil doen nie gaan streel jou ambeie met sagte toilet papier. ++>:

Ek mik na niemand en ek hoop ek trap tone mis.!!!!

Hi Zack, jy het nou werklik ontwikkel in 'n filosoof! 8)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Eugene »

++>: ++>: ++>:

Ons buurman op die plaas vertel my nou die dag van die "monster" hartbeeste wat hulle by Setlagoli skiet. Hang glo 150kg aan die hak, na kop, vel, pote en ingewande uit is.... Die monsters skiet hulle ook glo op 400+ tree!

Was so ruk terug by toe hulle gewere "ingeskiet" het op 50m..... Gelukkig is daai monster hartbeeste se bladarea seker redelik groot.... ::)

P.S. Oom PW sal die geniet! Die manne skiet ook nie die gewone flou 308 nie, hulle skiet met 308 WINCHESTERS! Daai goed loop glo dubbeld so vinnig soos die gewone 308....
Aim small, miss small
Zack Benade

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Zack Benade »

Eugene

Hierdie manne is 'n spesie op hulle eie.
Hoe verder hulle skiet hoe swaarder weeg die dier. Die rev counter bly klim.
As ambeie pla dan gebeur wonderwerke.

Ludwig
Jy gebruik 'n Rangefinder. Dis die verskil.
Een yard op jou rangefinder is vir sommige jagters twee tree.
Dis die punt wat ek probeer maak.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by THOMAST »

So gepraat van Kalahari jagters:
In die dae BR (Before Rangefinders) is ek op 'n plaas op die Teleripan pad noordwes van Upington.
Daar het die manne net twee afstande, nl. Naby of Ver
Naby is enigiets onder 400m en Ver is anderkant daai afstand.
Hulle kyk beslis anders na afstande: "net om die draai" is so uur en 'n half se ry, "en so aan.."
Zack Benade

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Zack Benade »

Met die groot verskeidenheid van keuses en pryse op rangefinders kan enige jagter 'n rangefinder bekostig.
Een kwes bok minder en hy is klaar betaal.

Vir my persoonlik gaan jag hand aan hand met 'n geweer, rangefinder en goeie verkyker.

Ludwig dis lekker om te hoor van jou afstand skatvermoee. Dis iets wat baie ge oefen moet word en later op sy beurt weer makliker word.
Afstandskat kan jy slegs bemeester as jy oefen met 'n rangefinder in jou ander hand.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Eugene »

THOMAST wrote:Hulle kyk beslis anders na afstande: "net om die draai" is so uur en 'n half se ry, "en so aan.."
Stadsmense is ook so....

"Hoe ver is julle van S&O?"
"Baie naby, dis net om die hoek!"

Dan stop jy 17km verder en 45min later eers daar.... :P
Aim small, miss small
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Skolla »

Jonie wrote: dat hy dink die gemiddelde Kalahariboer , want hulle tree is heelwat korter as die gemiddelde man s'n.
Hierdie gedeelte is wel waar.
Gaan loop maar in dik sand, dan sal jy sien dat jy baie korter tree gee, dit is net gemakliker.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by THOMAST »

Skolla wrote: Gaan loop maar in dik sand, dan sal jy sien dat jy baie korter tree gee, dit is net gemakliker.
Baie waar
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Johan Nel »

Ludwig wrote: Ek dink dis 'n baie algemene verskeinsel by meeste jagters wat nie rangefinders gebruik nie. Iets wat ek baie doen as ek in die jagveld is, is om tussen ons klomp jagters bietjie afstande te skat. Jy range 'n voorwerp of dier en vra dan die manne om afstande te skat en kyk wie is die naaste aan reg. As jy hierdie game baie speel help dit jou baie met jou afstand skattings vermoë. Ek kon op my laaste jag afstande van so ver as 800y, binne 20-30y reg raai. Wat vir my baie duidelik is, is dat meeste jagters wat nie so geoefen is in afstande skat nie, dit bykans altyd oorskat. Ek dink nie dis 'n geval dat hy probeer spog met 'n "400 tree" skoot nie, maar dat met sy skatting dit werklik vir hom na 400 tree gelyk het, maar eerder nader aan 300 tree was.
Ludwig, ek maak gbruik van 'n tegniek wat ons in die weermag geleer het. Jy strek jou arm voor jou uit en wys met jou wysvinger na die voorwerp waarheen jy die afstand wil bepaal. Terwyl jy jou vinger op die voorwerp hou, maak jy eers jou een oog dan jou ander oog toe. Deur dit te doen, 'spring' jou vinger dan heen en weer van die voorwerp af. Daardie afstand wat jou vinger heen en weer spring probeer jy dan skat in meters. Die geskatte afstand vermenigvuldig jy met tien en dis dan jou afstand na die voorwerp toe. Probeer dit gerus as jy nie 'n rangefinder het nie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Eugene »

Ludwig wrote: Die beste is om minstens twee tegnieke te hê om afstand te skat en meer is beter.
Ek beplan 2 tegnieke: Leica en vir backup, Zeiss.....
Aim small, miss small
User avatar
Gerrie Smith
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Feb 19, 2012 12:26 pm

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Gerrie Smith »

Hou in gedagte dat baie mense nie die verskil tussen voet en tree ken nie, dus kan hulle baie naby aan reg wees meet hulle 400 tree (voet) = 133m.
Ek, persoonlik, kan 'n landmeter verkeerd bewys (soos Herman Jonker altyd se) tot op 354m! ;)
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by win270 »

Ek dog een tree is gelykstaande aan drie voet? 400 tree is dus 1200 voet = 14,400 duim = 365.76 meter (een meter = 39.37 duim)

Dalk is van my omskakelings nie meer so op datum nie . . . help maar reg as dit moet.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Smitstertjies »

win270 wrote:Ek dog een tree is gelykstaande aan drie voet? 400 tree is dus 1200 voet = 14,400 duim = 365.76 meter (een meter = 39.37 duim)

Dalk is van my omskakelings nie meer so op datum nie . . . help maar reg as dit moet.
Daai omskakelings is dood dollies.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: "Platskiet en hard slaan?"

Post by Thermal »

n tjomma van my het in die bosveld groot geword en alles met die 30-06 skiet.
As hulle nuwe ammo nodig gehad het is net die goedkoopste gevat, as hulle gevra was watter gewig dan se hy wat ookal die naaste is. Alles was kop of nekskote.
Hulle trek toe Vrystaat toe, hy se my toe hy skiet nie papier nie.
Ek begin hom toe help herlaai en paper skiet op 100m. Eendag se hy toe vir my dat nou moet hy die 30-06 verkoop want hy kannie ver skiet nie... en dat n 223 baie beter sal wees. Nou ja 550m later in baie sterk wind toe besluit hy om die 30-06 te hou en so is nog n paradigma geskuif.
Die kort en lank is dat toe skote onder 50m was was hy koning, maar toe afstande lank raak toe is sy verwysings raamwerk daarmee heen, n bietjie hulp van n pel, soos wat ek al gekry het, en nou raak die man wild met daai spanner van hom.
Weereens die man is meer belangrik as die instrument. Hy kan nou "ver" skiet maar kies om nader tekom.
Voordat ons n man oordeel omdat hy ding anders doen, loop maar eers n myl in sy vellies.
Post Reply