Watter tipe media

Post Reply
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Watter tipe media

Post by Monrique (SJ) »

Dagse

Ek wil graag uitvind watter tipe media gebruik julle in julle tumblers vir die skoonmaak van doppe, en hoekom juis daardie produk?  ???

Luister graag.

Groetnis
SJ
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Watter tipe media

Post by baboonstalker »

Ek gebruik Lyman se Corn cob medium, maar ek sal graag wil oorkakel na die vlekvrye staal stafies of ultrasoniese skoonmaker. My grootste probleem met die corn cob is dat dit met 'n skuurmiddel deurtrek is en as dit die uitgewas word nie blaas jy dit saam met die projektiel loop af.
Wat vir my goed lyk van die ss stafies is dat dit die doppe blinkskoon maak binne en buite en jy hoef dit nie weer te was as jy klaar is nie. Selfs die primer pockets is blink skoon.

Ultrasonies doen dieselfde, maar die eenhede wat beskikbaar is doen klein hoeveelhede op 'n slag en dit is 'n nat proses.
jmb

Re: Watter tipe media

Post by jmb »

SJ ek gebruik maar die Corn Husk media wat die geweerwinkels verkoop. Sal graag wil hoor wat ander ouens gebruik wat dalk goedkoper of beter is. Dit is 'n baie goeie vraag ek hoop daar is 'n paar interessante antwoorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter tipe media

Post by Geno »

Het julle manne al rys probeer?
Dis reg, Tastic rys. Probeer dit en laat weet wat julle dink.
Dit vat langer om 'n dop blink te kry, maar dis goedkoop en dit werk!
Al probleem is dat daar af en toe 'n ryskorrel in die flash hole vassteek wat jy moet uit haal.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
jmb

Re: Watter tipe media

Post by jmb »

Ek gaan dit probeer. Daar sit mos maar van die Corn Husk ook vas.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Watter tipe media

Post by Louis102 »

Julle kan ook die search funksie bo-aan die forum bladsye gebruik.  Nie as media nie, maar om uit te vind wat reeds oor 'n sekere onderwerp ges? is hier op die forum.  Ek het dit gou gedoen en binne 'n breukdeel van 'n sekonde by hierdie "link" uitgekom:

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=9

As een sleutelwoord nie werk nie, probeer sommer twee of drie.  Dit is nogal handig.

Mooiloop.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter tipe media

Post by Monrique (SJ) »

@ Baboonstalker- Was jy slegs jou doppe na die skoonmaak met water of iets anders?

@jmb & Geno- resize julle klaar julle doppe voordat julle skoonmaak of na die skoonmaak proses.

Groetnis
SJ
jmb

Re: Watter tipe media

Post by jmb »

Ek sit my doppe eers in die skottelgoedwasser as my vrou nie kyk nie. ;)Dan tumble ek hulle en dan resize en decap ek.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter tipe media

Post by Geno »

Ek resize eers, dan tumble ek.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter tipe media

Post by Monrique (SJ) »

Louis 102

Dankie vir die "link", lyk my FM gebruik ook die rys en brasso ding.

Groetnis
SJ
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Watter tipe media

Post by Christo »

Baie, baie , baie vuil doppe werk goed in 'n "dopholder" en dan voor aan die boor en staalwol vir so rukkie tot hy weer blink. Dan kan jy weer die yumbler gebruik. Net was maak hulle nie so mooi skoon nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Watter tipe media

Post by Robert »

Ek het 'n "nuwe" ding  agter gekom. Bietjie meer werk maar die doppe blink soos nuut.

Resize eers die doppe, Gebruik one-grease vir die job. Daarna vee ek hulle met 'n lap net vinnig af, maak die flase hole skoon met 'n primer pocet unifier en dan sit ek die doppe in 'n shell holder in my staanboor ,op sy stadigste gestel en maak die doppie skoon met 'n skukkie "nevr-dull".En vee af met skoon lappie

Dit bevat nie ammoniak of skuur middel nie. 'n stukkie van die geweefde waste van 4grein  maak so 50 doppe skoon.

Ek gebruik leyman se medium vir my pistool doppe in die tumbler. verder maak ek al mu geweer doppe skoon met die Nevr-dull.

Robert 
Oorwining deur opleiding
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Watter tipe media

Post by Louis102 »

Ek gebruik "Easy-Off Bang" om ou eenskoot doppe wat moeilik skoonmaak, te was.  Werk uitstekend.  Maak lekker sterk aan met louerige water en gooi doppe net lank genoeg in todat dit skoon is.  Pasop vir te lank, dit verkleur die doppe.  Die proses neem net 'n paar minute.  Spoel af.  As dit droog is, "polish" ek dit net vinnig met 'n lappie en Brillo.  Dan lyk hulle slinternuut.

Die voordeel is dat dit baie vinniger as 'n tumbler werk, dit nie die doppe hard maak nie en 'n mens nie sukkel om die media uit die doppe te kry nie.  Hendrik van Rensburg reken in sy boek, die Akkurate Ketting,  dat die tumbler proses doppe hard kan maak.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter tipe media

Post by Monrique (SJ) »

Waarvan kan die doppe verhard met die gebruik van die tumbler? Dat hulle teen mekaar ook soms skuur of die tipe media wat gebruik word?

Groetnis
SJ
jmb

Re: Watter tipe media

Post by jmb »

SJ die teorie is dat die doppe werksverhard. Brons word sag gemaak deur hitte te gebruik(annealing) en word hard deur gehamer te word soos in 'n geweer se kamer tydens die afvuur van die patroon. Die teorie is dus dat die doppe teen mekaar stamp in die tumbler en dit dan so werksverhard. Ek weet nie of dit waar is nie. Tumble al lank my doppe en het nog nie probleme ondervind nie. Ek sal maar die bietjie verharding vat om mooi blink doppe te kry.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Watter tipe media

Post by Francois Marais »

JMB/SJ

SJ is reg, maar ek stem saam met hom, kan ook nie se dat ek kon agterkom da my doppe onnodig hard is van tumble nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter tipe media

Post by Piet Breedt »

Ek gebruik 1/2 neutdoppe, 1/2 rys en sit net so blerts van Lyman se Turbo Brite brass polish by. Die doppe blink beter as nuut na sowat 4 ure.

Pasop vir Brasso, dit bevat Ammoniak wat die brass aanval en jou doppe verswak.
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Watter tipe media

Post by boeta »

Piet

Ek maak ook so maar gooi weer n paar druppels Brillo oor die media,maak ook die doppe mooi skoon

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Watter tipe media

Post by James Wilson »

party keer gebeur dit dat van die doppe wat op die bakkie val bloed in kry. sulke vuiler as gewoonlik doppe gooi ek in warm water met n paar druppels sunlight liqued en n teelepel wynsteensuur, so vir 5 min. die doppe wat daar uitkom blink maar dieselfde as die wat uit die tumbler kom.

wat se julle kan jy jou doppe te lank in die tumbler los?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Watter tipe media

Post by henslin »

Het ook die reseppie van die was van doppe by van die ouer en geharde herlaaiers hier in die omgewing gekry. Ek decap en resize my doppe. Daarna word dit in 500ml handwarm water met 'n teelepel wynsteensuur en 'n teelepel sunlight geplaas vir 10 - 15  minute. Roer net so af en toe en sien hoeveel gemors kom uit die doppe uit. As mens dit langer in die oplossing hou is die doppe geneig om te verkleur en dit lyk gagga. Die doppe word dan onder 'n lig op my werkstafel gelaat vir minstens 2 dae. Sodra die doppe behoorlik droog is plaas ek hulle in my elektriese skroewedraaier, sny op lengte en polleer met staalwol. Lyk net so goed soos enige nuut gekoopte dop. Die slagdoppie opening word skoongemaak en ek is reg vir herlaai. LET WEL - DIE DOPPE MOET BEHOORLIK DROOG WEES !! Vog kan jou lelik in die sop laat beland !!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Watter tipe media

Post by James Wilson »

ek sit sommer die doppe in die son of oond of tuimeldroer.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Watter tipe media

Post by Christo »

Jagbehep! wrote: ek sit sommer die doppe in die son of oond of tuimeldroer.
Ma se haardroeer maak tyd lekker kort. Sy staar net na die petalje
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply